
Hallo julle,
Ek is sommer nou woedend. Oppad huis toe op RSG is daar die polisieman wat reken hy het 5 jaar vir die polisie gewerk, en in al sy tyd het hy nie een keer bewys gekry dat waar daar ingebreek was en mense se hulle het nie wakker geword nie, dat daar iets in die huis in gespuit was nie. Hy reken mense suip en dan slaap hulle te vas!!!
Nou soos julle weet het dit baie sleg gegaan met ons op 'n tyd. Ons het nie krag gehad nie, en moes oor die weg kom met parafien lampe en kerse vir lig. Daar was nie eers geld vir kos nie, en ons drink ook nie. Veral as mens nie eers meel kan bekostig om te eet nie. Nou wonder ek net, hoekom sou ons dan nie wakker word nie. Die bliksems het my hele huis leeg gedra en alles verwoes wat oor was. En ons het eers wakker geword toe hulle in ons slaapkamer inkom. En nie wakker soos in helder wakker nie, wakker soos in 'n beswyming.
Ek glo vas hulle moes iets gedoen het sodat ons nie kon wakker word nie, en toe dit veilig is vir hulle om in die slaapkamer in te kom, het hulle. Hulle het nie rekening gehou met die feit dat ons sou wakker word nie. Mense is maklik om te praat. Ek sommer hardop gese die ou moet sy mond gaan was want hy praat kak.
Blommie, ek begin al hoe meer daaraan dink om te bedank. Sien ek werk want die maatskappy het my gevra om te kom uithelp. So ek is net daar op kontrak basis. Die koue laat my rerig daaraan dink. Ek is ook 'n groot pissie wat die koue aan betref.
Gypsyo, Kom ek se vir jou, mense kyk anderpad. Of altans dit is die neiging. Hoekom sal iemand jou te hulp snel as die kanse daar is dat hulle ook geskiet gaan word. Niemand sien nooit niks raak nie. Ons het in die dorp gebly waar hulle 3 keer ingebreek het. Bure al om ons, en geen hoe mure nie. En as jy vra of het hulle gesien wie was in die erf...."o nee jammer. het niks gesien nie"
Ons is in die besigheid van sekuriteit en veiligheid. Ons doen electric fencing en hekmotors ens. Jy kry baie goeie motors wat baie vinnig toemaak. Dis waar dat 2 hekke wat oopswaai stadiger toemaak. Ons eie hek het geen beams op nie, want dis baie maklik om in te kom voor die hek toe is. 'n Mens moet altyd op die uitkyk wees vir enige iemand wat in jou straat rondloop ef staan. As jy so iets opmerk, ry verby. Maak so 2 draai in die straat en as hulle nog daar is, gaan poliestasie toe en gaan meld dit aan. Of hou jou sekuriteitsmaatskappy se panic button byderhand, en druk hom.
Ek het so rukkie terug my gat afgeskrik. Ek het ingekom en dadelik die hek gedruk dat hy toemaak, en ingery. Toe ek uit my kar klim staan my man agter my. Hy het ingery voor die hek kon toemaak. Hy het met my geraas, want net so kon dit 'n skelm gewees het. Nou stop ek en maak seker die hek maak toe voor ek inry. As iemand dan wil inkom kan ek net vinnig uitjaag. Al stamp ek die hek. Dit sal minstens lawaai maak en aandag trek. Dis wat die skelms nie wil he nie.
Ek hoop jy kry jou lang skrywe. Ek kan nie dink hoekom die internet so gemaak het nie.
Nou ja, my vingers is stokstyf van die koue. Ek gaan eers bietjie by my koolstoof staan en warm kry. Lekker aand vir julle
Liefde groete
Sonneblom
12 comments:
Hi Sonnie
Ja sien jy dis net so "woeps waps" en jy het moeilikheid as jy nie waaksaam is nie. Ek ry ook verby as ek dink ek sien iets wat nie lekker is nie veral as ek die meisies by my het. Dis dieselfde tipe mentaliteit van donnerse polisie waarmee ek te doen gehad het. Net geld onder die tafel dis al wat dit is glo ek. Hulle veralgemeen nog altyd so. 'n Vriendin van my en haar gesin was vir 'n naweek weg en sondag aand by die huis gekom haastig in haar kamer gaan bad water in tap en uittrek ens. toe vang haar oog 2 pare vreemde skoene onder die gordyn uitsteek, jip, hulle het agter die gordyn weggekruip was natuurlik te besig om te roof om te hoor die mense is terug. Was hulle dan ook te gesuip gewees om te hoor my vriendin hulle trek in by die garage wat reg langs die kamer gebou is?
Wil 'n motor op my hek laat sit maar is nou nog bang, my ou grootte le nou soos ek tik hier by my voete, as ek by die huis is is hy oral by my aan die buite kant van die huis, as ek in die sitkamer is kan jy kyk hy le by die vensterbank en so agtervolg hy my reg rondom die huis. Ek het hom bietjie laat "kuier" hy krap so aan die deur vir 'n bietjie hitte het 'n hok met 'n matras en kombers soek net 'n bietjie liefde.
Ongelukkig kan ek nie my werk bedank nie al voel ek baie ek wil. Moeg vir werkers se k@k regtig hulle respekteer my en als maar ag jy weet mos hoe dit is met jou eie besigheid.
My lang skrywe het gegaan oor my stryd en terapie na die aanval en wat epilepsie aan my doen en dan wat my laat besef het dat ek nie MAG le of opgee nie, dat as God my nie verlaat het nie wie en wat my die reg gee om my kinders te wil verlaat (en 'n moontlike gelukkige toekoms vir myself). En het idees gesoek vir 'n boek wat ek daaroor wil skryf as ek klaar geswot het. Sal nie weer dieselfde woorde oor kan skryf nie, het die page oor en oor "refresh" maar alas! kan nie dink waarheen dit kon verdwyn het nie het nog nooit met my gebeur nie. Dis net die duiwel jong.
Nou ja, ek moet werk (admin) my gesig is rooi van die wind van buite wees op sites heeldag kan nie anders nie moet daar wees.
Gaan nie vanaand leer nie is baie moeg en my lyf is ook baie seer (van koue) gaan net doeks.
Jy moet lekker doeks ook en ek wil net se BAIE dankie vir skouer dit is baie lekker om hier te chat sonder stront en oor en weer se ge-bla bla bla. Ek gaan anyway nooit meer ander blog toe nie, dis baie boring en eentonig.
Lekker slaap almal
Warm liefdegroete
Gypsyjo
Hi Gypsyjo,
Ek hoop jou vriendin hulle is veilig!!.. Hemel, wat het sy gedoen toe sy hulle sien. My man se na so episode dit is "RAPE OF PRIVACY" Mens moet in opstand kom oor die tipe goed. Dis die staat se skuld dat dinge so gaan, mens moet by hulle jou mediese kostes en vervanging van jou goed terug kan claim.
Ek het met my man gekoukus oor jou hek. Hy se as jy swaai hekke het is daar een motor wat baie baie vinnig toemaak. As jy skyfhek het is daar ook 'n goeie motor. Skyfhek motor maak toe teen 25m per minuut. En ek kan vir jou se dis baie baie vinnig. Die swaai hekke doen ook in +- dieselfde tyd. So als en als, so 10 sekondes dan is 'n hek van 4m toe.
Dink daaroor, ek weet nie waar jy bly nie, maar kan vir jou die naam van die toerusting gee, as jy wil.
Groete
Sonneblom
Sonnie,
Koud, baie koud! Ek sal more ander vriendin se posting lees. Nou wil ek net in die bed kom.
Daai fokken polisieman is `n grt doos! Dieselfde het my suster en haar man in Heidelberg gebeur. Hulle het `n trellidoor by hulle kamer aan, so toegang was so `n bietjie beperk vir die donners.
Hulle huis was leeg gedra gewees. Sitkamerdeur het oop gestaan toe hulle opstaan, ysterhek afgebreek. Kombuisvenster was netjies uitgehaal. Erg traumaties gewees vir hulle.
Hier in Pta gee hulle vir die diere mos gif, so tragies. Ek woon in `n veiligheidskompleks - lemmetjies drade en kameras. Tog is ons baie veiligheids bewus, dis net SA.
Sjoe, daai sop klink lekker. Bere myne, ek is nou daar!!
Mooi aand vir julle en lekker warm slaap.
Liefde,
blommie
Hi julle
Dit lyk lekker hier - ekt sommer lus en klim binne-in jou koolstoof in! (van Zyl sal seker se ja-nee, hy't geweet, haar soort hoort innie warm plek!)
Gypsyjo, ek het nie veel kennis van epelepsie nie - kan net onthou my oom het dit gehad en is op 32 oorlede baie jare terug. Jy's reg, jy mag nie opgee nie. Die medici is gevorderd en daar is te veel om voor te lewe. Jy kan sien en praat en redeneer. Jy kan lees en skryf en kyk net - hier het jy 'n spul mense op 'n blog wat almal hul eie shit het, maar ons byt vas. Jy gaan ook. Ja, mens mag jouself maar soms jammer kry, ek dink dis nogals nodig....net nie te lank nie want dan is dit helse depressie en dis erger as enige siekte. Hou aan swot en skryf daai boek!
Ja Blommie, ek stem nogals saam oor die polisieman. Dieselfde ding het met my en my man (9jaar terug) gebeur. Ons altwee was ligte slapers en die kids nog klein. 2 Nagte na mekaar en 'n week later weer 'n nag. Tot in ons slpkamer ingekom en die fone elke keer van die chargers afgesteel. Ons slp of ons betaal word en die volgende dag 'n dowwe gevoel en hoofpyn (party mense word naar). Dit is vir my 'n groter vrees asom te weet hul is in jou huis - at least kan jy dan plan maak....of try. So het mens geen kans nie!
Ek gaan nou werk - dis na 2 en moet nog mense gaan sien...
Loer weer in later vannaand (vannag)!
Ta-ta
Hi julle,
Net koud, baie koud!! Ek is maar net een grt pissie as dit by die koue kom.
Daai koolstoof van sonnie klink so baie lekker. Om `n ou se hande so warm te maak en dan weer die boude, te lekker. Gysyjo, wat jy deurstaan het met die aanrandings, het my sonder woorde gelos. Dis so donners wreed, maar so is daai bliksems, so dom soos stof. Dis so goed dat jy weer opgestaan het, terwille van jouself en jou kids.
Wat ek nou gaan skryf moet julle nie skok nie. Ek dink ons moet ook so wreed raak, gaan skiet `n klomp in hulle moer vir dit wat met ons gebeur. Maar maak `n grt kill, so 500 op `n slag. My fok, kyk hoe word die boere vermoor en niemand doen iets nie.
Ons word net fokken uitgemoor and that`s it. Nog `n opskrif van `n moord in die koerant maybe op bladsy 5. Plaasmoorde is al so gewoon en so mag ons nie geindoktrineer word nie. Protesoptogte teen misdaad??
Ek weet: If it`s an eye for an eye, then we all would be blind. Laat dit dan maar so wees. Kyk net vir Israel. Hulle vatti kak van die palestyne nie - doen iets aan ons en julle kak is oppad.
Sonnie as jy dalk dink hierdie posting is rof haal dit dan af. Wie gaan nou begin opstaan en iets doen? Ek hoop net van zyl kan lees wat ek nou geskryf het.
Mooi aand vir almal en lekker warm slaap.
Liefde,
blommie
Hi julle,
Blommie, se hoe jy voel vriendin... ek gee glad nie om nie. Het jy al daai dokumenter gekyk?
Dankie vir al die postingd. Ek waardeer dit baie. Ek sal more weer lekker kom sels. Is baie koud hier. Ek gaan eers in die bed klim. Lekker aand vir julle.
Liefde groete
Sonneblom
Hi Sonneblom
Darem beter vandag met die weer. Vanoggend moes ek al 7 uur op 'n site wees en al wat 'n verkeerslig is is uit. Was toe vir 'n uur op 'n 6km lange pad gewees. Die vrou agter my het 'n klein dogtertjie voor in di kar by haar gehad en ek en sy het maar die tyd verdryf deur vir mekaar allerhande gesigte te trek en tong uit gesteek. So darem was dit nie te bad nie.
Sonneblom,
Dankie vir raad oor hekke. Ek doen self hekke ook maar is seker maar sielkundig nie heeltemal reg vir dit nou nie. Ek droom om 'n koolstoof te he, is baie lief vir kook en bak maar nie so lief vir die kragrekening daarna nie. Moet tog vir my een aanskaf. My een vriendin se baby is so nege en 'n half maande gelede voor so een gemaak, hy is op Moedersdag die jaar gebore. Verder gaan ek maar niks daaroor se nie.
Antjie baie dankie vir inspireerende woorde, ding is ek kan nie so lekker skryf nie, (soos julle al seker agtergekom het) maar het nie baie support nie want nie baie mense weet van epilepsie nie net my ouers en. Jy weet mos hoe judge sommige mense jou as jy problems het. Die dae van lekker in die bad le met my gedagtes net om te chill is verby ek mag glad nie alleen bad of stort nie, maar die heel ergste vir my is (behalwe dat ek nie baie (kan) slaap nie) is dat ek nie meer kan droom nie, ek kry nie meer REM slaap nie. Dis maar een van die nadele wat ek gekry het as gevolg van die aanval, daar is algemene simptome wat mense met epilepsie ervaar maar daar is maar baie dinge wat geen twee dieselfde ervaar nie al het hulle presies dieselfde tipe van epilepsie. Probeer myself nie jammer kry nie dit help nooit. Medikasie hou die epilepsie ten minste meeste van die tyd onder beheer.
Ek swot my vrek het eers my BCom 2 jaar terug gedoen want na my kids se pa gesterf het in kar ongeluk 10 jaar terug moes ek iets doen en swot nou verder. Boek skryf is nog net 'n idee ek is maar dom met so iets sal by julle idees moet kry later.
Anyway almal moet 'n baie lekker dag he amper naweek weer.
Warm groete aan almal
Lovies
Gypsyjo
Hello almal,
Gyps, as ek mag vra hoe gereeld kry jy aanvalle? Ek weet dis vreemd vir ons mense wat nie daaraan ly nie om iemand te sien wat een kry. Ek het in st6 by 'n sportbyeenkoms iemand gesien wat epeleptiese aanval gekry het, en ek het die man so jammer gekry. Daar was gelukkig mense om te help, maar daar was ook verbyganers wat gedink het dis 'n grap.
My ma se jongste suster kry ook 'n tipe van epelepsie. Sy het 'n kiem opgetel van rou wors wat sy ge eet het toe sy klein was. Dit is reguit brein toe. Sy is nooit getroud nie, want die trauma van sex en kinders kry was te gevaarlik. Sy moet natuurlik vir die res van haar lewe pille sluk om dit onder beheer te hou. Dank vader ek het nog nooit gesien as sy 'n aanval kry nie. Ek sal nie weet wat om te doen nie.
Ek het ook geen skryfkuns nie. Ek gooi maar my vingers op die keyboard en verdwyn in my gedagtes in.
Ek se gisteraand vir my man ek dink die koolstoof het ons op die verkeerde plek gesit. Sou lekker gewees het in ons kamer....lag. Dis rerig 'n lekker ding om te he. As ek by die huis is dan kook ek sommer op hom. Dis asof kosmaak dan meer pret is. My verbeelding hardloop weg - ek kan sien hoe die oumas van verlee gekook en gebak het. O ja en die pot moerkoffie wat heeldag staan en kook in die erde pot. Dis iets wat ek nog vir my wil koop. So erde koffie pot. Dink net die geur van vars koffie deur die huis. mmmmmmm
Nou ja, dis amper naweek. Ek sal more nuwe posting doen, dan vertel ek vir julle sommer van my gewig...:)
Lekker aand vir almal,
Liefde groete
Sonneblom
Hi julle,
Ek dagdroom nou al amper oor `n koolstoof. Moet se, die koue het ons regtig nie so erg verwag nie.
Gypsyjo, so jammer as mense so onkundig oor mediese toestande is. Jy weet mos, iets moet bloei voordat hulle dink jy het pyn. Jy is `n sterk vrou - swot ook nog, dis wonderlik. Ja, die REM slaap is die; rapid eye movement, dan slaap jy diep en vas.
Ek gaan soos by Antjie `n joke hier los - smile maar lekker.
Lekker en warm slaap.
blommie
Q: Why do women rub their eyes when jy woke up in the morning?
A: Because they dont have ãny balls to scratch!
Hi almal!
Waar is julle dat julle so vrek van die koue? Ek kry ook vrek koud,maar ek kry altyd koud - kan nie eers in die somer sonder 'n duvet slaap nie, maar die meeste mense hier loop nog deur die dag met redelike dun kleertjies. Ek dink dis seker die koudste wat ek nog in Nelspruit gehad het.
Ek is nou lus vir 'n stuk droe biltong met BAIE vet, maar nie daai wit vet nie, sulke lekker kaiing vet. O hemel, ek vrek oor biltongvet - my hart sal dit nie hou as ek so aangaan nie! Is altyd op soek na die perfekte stuk biltongvet. Net more.....
Sal maar intussentyd 'n stuk biltong flavoured Melrose toast gaan maak!
Lekker doeks julle en enjoy die koue - dan droom mens lekker snoesige drome!
Hi julle,
Koud net baie koud! Sjoe, ek sukkel regtig om aan die gang te kom met take as dit so koud is.
Nou blaf die donnerse spul honde so in die buurt, vandag. Hulle moet liewer in die son gaan le en slaap. Irriteer die rook uit my ore as die mense se honde blaf.
Ek het nog nie na daardie dokumenter gekyk nie, sal die naweek. Soos jy weet raak ek veglustig met daai soort issues. Ek glo dat baie so voel maar net swyg daaroor. Gypsyjo wat so aangerand was deur die fokken moordenaars, so baie sad.
My kar was in 1998 gesteel - nuwe kar, ek het dit net 18mnde gehad. Gelukkig het ek versekering gehad. Julle moet lekker en warm slaap.
Liefde,
blommie
Hi julle,
Jip, dis winter, maak nie saak hoe ons daarteen skop nie, dis donners koud!! Ek raak skoon depro in die winter.
Blommie, mens raak haatdraend. Ek sal van jou hoor as jy daai ding gekyk het. Gister het een van die ouens by my werk gevra of daar diere mishandel word. Ek se toe ja hy moenie dat sy kinders daarna kyk nie, want dis grafic. Se hy toe vir my dan gaan hy ook nie kyk nie, want hy het nie meer plek in sy hart om hulle nog meer te haat nie.
Antjie, hoe de heng kry jy dit reg om jou foto hier te plaas? ek wil ook weet...lag...eks dom met van die goed.
Hoop julle slaap warm vanaand. En rustig en veilig en sonder honde wat kef kef.
Sal more probeer post. Het nou eers by die huis gekom.
Liefde groete
Sonneblom
Post a Comment