Sunday, 13 May 2007

Moedersdag




Nou ja, Moedersdag is verby. Ek hoop alle mammas het 'n lekker dag gehad. Ek het 'n baie lekker dag gehad. Rustig by die huis deurgebring en was nie toegelaat om in die kombuis te gaan nie. Het lekker brunch gekry van my man en dogter.

Ek het hierdie kaartjie by my dogter gekry vanoggend. Dit beteken so baie as hulle dit self doen, dan kom dit uit die hart en nie uit die winkels nie.
Saam dit het sy vir my 'n hangertjie, armband en oorbelletjies gemaak van hout kraletjies. Baie mooi.
Nuwe week en nuwe uitdagings. Ek hoop almal het 'n vrugtevolle week.
Liefde groete
Sonneblom



6 comments:

Anonymous said...

blom ek die koffie gedrink mar julle geselskap was baie beter, dankie dat jy my pel is
ek dit baie geniet
ali

Anonymous said...

More Ali,

Dit was baie lekker om uiteindelik te ontmoet. Soos jy se, die koffie was lekker, maar jou vriendskap is priceless. Hoop jy het jou kuier hierbo baie geniet.

Liefde groete

Blom

Anonymous said...

Hi,

Dis so lekker om `n geskenkie so uit `n kinderhartjie te ontvang.
Weet net, dis sooo opreg!

Hou jy nog vol met die dieet?
Dissipline is wat jou gaan deurdra.
Mooi aand vir jou.

Liefde,

blommie

Anonymous said...

Hi blommie,

Ja, ek hou uit. Soos jy se, dissipline. Mens se "mindset" moet reg wees voor jy 'n sukses kan maak van iets. Sover gaan dit nog goed.

Lekker middag verder,

Sonneblom

Anonymous said...

Hi,

Maak my rerig moerig as mense so na Deon Maas se seun verwys. Eerstens is sy seun nie verantwoordelik vir sy pa se lewe nie. Tweedens lyk dit vir my of die ouers dink dat tieners nie seks het nie.

Wat maak `n ouer as hy nie `n probleem kan verander nie? Aanvaar dit en moenie aan gister dink nie - ek weet dat dit baie moeilik is. Gun die seun ook `n kans in die lewe.

Almal wat nou so van Maas praat, het ook maar van Steve gepraat, toe sy lewe in die media uitbasuin was. Hoe meer ek met mense te doen het, hoe meer hou ek van my hond!!!

Liefde,

blommie

Anonymous said...

Blommie,

Mense is geneig om teikens te soek. Of dis dalk 'n manier om die aandag van hul self af te trek.

Dinge sal gou weer in 'n ander rigting inswaai. Hoop dis meer interresant dan...

Groete

Sonneblom

Terug flitse

This day in History