Monday, 07 May 2007

Nuwe week, nuwe dinge

Hi daar,

Eks poegaai vandag. Het amper nie energie nie. Ek dink ek is besig om verkoue of iets te kry. Die oë brand, nies en hoofpyn.

Die dieet - dinge lyk goed vandag. Was baie negatief die naweek. Die skaal en ek het amper geskei, hehehe. Sien, dinge staan so, ek was nog altyd die maerste van al die skoonsussies. Was nooit vir my 'n probleem nie. Toe Saterdag kom my jongste skoonsus hier en ek sien sy het baie gewig verloor. Nooi haar toe skaal toe en raai wat? Sy weeg net soveel soos ek!!!!! Sonder dat iemand agterkom of rerig ag slaan op wat gebeur, verloor sy 32kg! Ek moet se, sy lyk baie goed. Die probleem is....ek sal my gat moet roer. Ek was rerig baie depro die naweek.

Nuwe week, en ek stoei weer hard met die gewiggies. Julle moet duime vashou. Ek het al 4,5kg verloor. Moet nog minstens 20kg verloor. Aanhou en uithou.

Ek hoop julle dag was lekker. Ek myself dood verveel by die werk. Was voor etenstyd klaar met my pligte. Dit gaan 'n lang week wees die.

Nou ja...genoeg gekla. Geniet die aand.

Groete

S

2 comments:

Anonymous said...

Hi Blommie

Jong, hoe sal ek dit verduidelik. Ons, ek en my man, het aangesluit by The Perfect Weight Clinic. Hulle trek bloed en toets jou skildklier funksies, jou cholesterol vlakke, jou bloedsuiker en jou insulien vlakke.

Dan gee hulle vir jou pille om 2 keer per dag te drink en dwing jou om 5 tot 6 keer per dag te eet. Bietjies op 'n slag. Wat nogals moeilik is. Nou moet ek ontbyt eet elke dag. Het nooit.

Mens moet binne 1 en 1/2 uur na jy wakker word eet. Dit boost jou metabolisme met 50% Sover gaan dit okay. Soos ek gese het, ek het al 4,5kg verloor in 2 weke. Dis net van uithou. Mindset moet reg wees. Maar ek is op 'n mission, hehe. Snaaks het ek nog glad nie lus gekry vir lekker goed nie.

Ek sal elke dag my vordering plaas. Ek hoop net ek vorder vorentoe en nie agteruit nie...hehehe.

Groete

S

Anonymous said...

Ek het die e-mail gekry. Ek plaas dit hier as julle dit wil copy en aanstuur. Dit kan dalk net 'n verskil maak.

NO fuel ... on May 15th 2007.

Don't pump fuel on may 15th.

In April, 1997, there was a "gas out" conducted nationwide in protest of fuel prices. Gasoline prices dropped 30 cents a gallon overnight.

On May 15th, 2007 all internet users are asked to not go to a gas station and pump fuel in protest of high fuel prices. Fuel is now over R7.00 a litre in most places.


There are 73,000,000+ people currently on the internet network, and the average car takes about R250 to R300 to fill up.


If all users did not go to the pump on the 15th, it would take R2,292,000,000.00 (that's almost 3 BILLION) out of the oil companies pockets for just one day, so please do not go to the fuel station on May 15th and lets try to put a dent in the middle eastern oil industry for at least one day.

If you agree (and I can't see why you wouldn't) resend this to everyone on your contact list with it saying ''Don't pump fuel on May 15th".

Kom ons staan saam en maak 'n verskil.

Groete

S

Terug flitse

This day in History