
Deel 2:
Nou ja, soos beloof deel 2 van my
Van die van julle wat al in Moz was sal weet hoe lyk hulle paaie. Daar is net paar padreëls. Moenie verby ‘n ander kar wat doodstil gaan stop in die middle van die pad binne ‘n dorp probeer verby nie…BOETE. Moenie vinniger ry in die dorpe as wat daai bordjie sê jy mag nie – BOETE. Moenie met GP nommerplate daar ry nie – BRIBES. En moenie om hemels naam as jy iets sleep, sonder ‘n rooi driehoek op jou kar rondry nie – BOETE!!! En moet nie iemand stamp nie….BOETE OF TRONK TOE!!!
Met die 3de of 4de keer wat my man in Moz was het hy iemand se kar geraak. Was net klein skrapie aan die kar. Hy is summier polisiestasie toe gevat en in die selle aangehou. Na amper 24 uur se bel van ons kant af en die wêreld se beloftes om die man se kar te laat regmaak het hy uiteindelik as vry man terug gekom huis toe. My lewe het tot stilstand gekom daai dag. Weet mos hoe is die ‘Afrika lande’
In
Nou ry manlief voor met sy bakkie, en ek volg hom al die pad deur die gemalemoes. Maar die slaan nie ag wat met arme my gebeur nie. Teen die tyd wens ek ek het ons local apteker in die kar gehad. Julle weet, vir prozac of iets sterker. Dis toe nou daar waar die een of ander idiot besluit hy kom stop langs my trailer se wiel, en maak sy deur oop, net toe ek wegstrek. Daar hak die wiel sy van die trailer sy deur en buig hom soos ‘n stukkie papier. Eerste gedagte: O fok ek gaan tronk toe. Kyk verwilderd rond en soek soek so tussen die gemaal na my man. WEG!!! Hy weet nie eers ek is nou so diep in die akkies nie.
En toe kom die klanke van ou Ben deur. “HAMBA!!!” Eers kyk ek die ou man verbaas aan. “HAMBA miesies!!!” skreeu hy weereens vir my. Ek wil nog hum en ha, toe kom dit soos ‘n koor hier van agter af. “HAMBA!!!!!” Ek dog toe so by myself, in die verkeer sal daar seker nie ‘n spietkop wees wat my gaan probeer inhaal nie. En toe onthou ek, dat die spietkops daar het mos nie vervoer nie. Hulle word toegerus met papier en ‘n pen, en ‘n AK. En net daar sit ek voet in die hoek. Wikkel myself – kar en trailer en al – en 4 mede-kriminele deur daai traffic soos net ‘n pro dit kon doen. Maar ek lê laag, Bang daai AK koëls tref my dalk.
Nodeloos om te sê ek kom toe veilig deur daai verkeersknoop. Sien toe manlief het afgetrek en wag geduldig vir sy vroutjie. Ek vlieg uit daai kar, maar dit lyk of ek aan alzhweimers lei soos ek ruk en bewe. En my 4 mede misdadegers vertel elkeen hulle eie weergawe van wat sopas met ons gebeur het. Ek wonder nounog oor die arme ou se kar. Sjame. Maar soos hulle sê – survival of the fittest. En glo my, adrenalien het my baie fiks gehad op daai oomblik.
Verder het dinge heel goed verloop. Almal is veilig by hul huise afgelaai en ons gaan na ons plekkie toe buite Xai-Xai waar ons altyd oornag. Vroeg die Sondag oggend pak ons op en maak reg vir die lang pad huis toe. Jy
Iewers langs die pad, of waar ons geslaap het, het iemand besluit my driehoek op my kar het hulle meer nodig as ek. Die betrokke sondag het hulle ‘n padblokade daar gehou. Padblokade het bestaan uit 2 spietkops met AK’s en ‘n boete boekie. En daar stop hulle my. Voor die tolhek. As dit na die tolhek was, sou ek sowaar weer weggejaag het. Hoekom? Geen driehoek. Soebat en smeek help niks. En hulle praat net portugees. Nou kyk, al wat ek in portugees
Hulle skryf my in ons geld waarde ‘n R500.00 boete en konfiskeer my kar, totdat ek ‘n driehoek ophet. Probeer bribe. No luck. R50 wil nie werk nie. Probeer maar R100.00. Hulle vat die honderd rand en druk die R500.00 boete in my hand. En vat my paspoort. By die tyd rook ek palmar’s dat ek lyk soos ‘n stoomtrein. En ek staan met my lighter in my hand. Die kar een kyk gegee en dis toe net daar wat ek besluit ‘fok die klomp, ek steek hom nou aan die brand’
Manlief het my om die lyf, druk my in sy bakkie, kry iemand om na die trailers en my kar te kyk, en ons vaar die dooie Xai Xai in. Sondae is drink die hoofsport in
Iewers in die agterdorp, as ‘n plek soos Xai Xai ‘n agterdorp kon hê, kry ons toe ‘n tipe van ‘n vlooi mark. Daar is omtrent 30 stalletjie bouvalle. Omtrent 20 van hulle verkoop coconuts. Die res verkoop omtrent almal drank. Een van die winkeltjies verkoop plastiek goed. Bakke ens. Nerens kry ons ‘n plek waar ons ‘n driehoek
Dit lyk toe vir hom te mooi. Ek is te bly, want nou
Lekker naweek vir julle almal, en dis nog paar uur voor lente JJ
Liefde Groete
Sonneblom
15 comments:
Sonneblom
Jy het omtrent 'n opwindende tyd in Mosambiek gehad. Ek was nog nooit daar, maar manlief was al daar.
My broer het 'n besigheid daar en huur 'n huis in Matola(hoop dit is reg gespel).
Een keer het een van sy werkers 'n kind raakgery en hulle het 'n hele week gesukkel om die man uit die tronk te kry. En jy weet natuurlik hoe het hulle hom daaruit gekry.
Lekker Lentedag vir julle Môre
Jik, ek skryf so nice stukkie en toe wou hy nie publish nie. Lekker gelag, Sonneblom! Afrika is nie vir pissies en sissies nie, ne!
Wou jou nog vra, waar kry jy jou prentjies van jou postings? Mooi.
Lekker lentedag vir jou. Hoop hy is warmer as myne!
Hi julle,
Suz, ek was al baie baie in Moz. Is mal oor die plek. Was Desember daar en vir die eerste keer van 1998 af het ons malaria opgetel daar.
Boendoe, ek kry maar al my prentjies van die internet af.
Dis 'n lekker warm dag hier. Hoop julle lentedag is great!!
Sonneblom
En hoe is julle malaria behandel? In Suid Afrika of in Moz? Ek en my man het eenkeer saam malaria opgetel in Angola. Ek is terug SA toe waar ek in die hospitaal gesit is, drips, antibiotika, quinine, die hele werke. My man het pilletjies gekry (in Angola) en hy was binne twee dae weer by die werk. Ek was vir omtrent 'n week in die hospitaal en nog 'n week daarna afgeboek! Hulle ken nogal van hulle behandeling daar, moet ek se!
Hi Sonneblom,
Dis een plek waar ek graag wil gaan duik. Elke keer as 'n toer gereel word dan kan ons nie gaan nie. Maar behalwe vir dit is dit vreeslik mooi.
Klink soos Botswana, boetes en bribes ja...dieselfde padreels en goed, en pasop vir die boerbokke in die pad anders het jy baie akkies.
Lekker dag en hopelik is hierdie week vir jou minder stresvol.
Hi julle almal
Ek het posting gedoen en toe is dit weg!!..Hoop julle dag is vrugbaar. Dis lekker warm hier vandag. En ek is lekker lui. Gaan gou vanmiddag kruideniers koop. As ek nie heeltemal lui word voor dan nie. Wish me luck, want ek haat shopping.
Liefde groete
Sonneblom
Hello Sonneblom,
Kom nou net van my shopping spree af! En was dit lekker! Wimpy breakfast, en toe kwekery toe. Het 'n Impala lelie daar raakgeloop en dit op die plek gevat. Mens kry dit nie aldag te koop nie, en ek het een laat dooi in Angola. So, ek wil hom nou opvat. En aalwyne! Het niks gekoop nie,maar ek wou so graag! Die aalwynkoors het my nou bigtime gepak.
Anyway, in antwoord op jou vraag daar by my. Nee, Angola is baaaaie veiliger as SA! Min misdaad, en dan is dit goed soos selfone steel, ens. Nie moord nie. Ons slaap met ons huise oop. Langs die strand, stoksielalleen. In daai opsig, baie lekkerder as hier!
Sterkte met die shopping!
Hi,
Nee, jy loop net rond... ek dog jy het dalk 'n nuwe storie opgesit!
Hoop jy slaap nog vanaand!
Boendoe, ek het skinderstorie oor my meisiekind se skoonma...sal dit more plaas. Ek hoop ek sal bietjie besig wees more. Moet WEER begin bel vir geld. Ek flippen haat dit soos pes. Weet eerlik nie meer hoe en waarheen nie. Maar dis more se probleem....
Ek wonder oor die slaap ding...gaan dit nog kom vanaand???
Groete
Sonneblom
Eish, maar jy en Boendoe is bedrywig in die middernagtelike ure! Hoop julle kon darem so bietjie die ogies toe kry eventually.
Ek het jou storie baie geniet. Eendag, as ek groot is, wil ek ook daardie wereld gaan verken.
Lekker dag!
Sonneblom,
Kon jy toe regkry om te bel gister? Dis pestelik, ne? Jou geld, en nou moet jy iemand se alie lek daarvoor.
Anyway, sterkte.
Toedels
X
[B]NZBsRus.com[/B]
Dont Bother With Slow Downloads With NZB Downloads You Can Hastily Find High Quality Movies, Games, Music, Applications and Download Them at Alarming Speeds
[URL=http://www.nzbsrus.com][B]Usenet Search[/B][/URL]
You could easily be making money online in the undercover world of [URL=http://www.www.blackhatmoneymaker.com]blackhat seo techniques[/URL], You are far from alone if you don't know what blackhat is. Blackhat marketing uses little-known or misunderstood ways to build an income online.
david jones torebki
to torebka kuferek , torebki zamszowe , torby damskie . torebki batycki , torby skórzane ?
Post a Comment