
Hi almal,
Ek het so bietjie gaan navorsing doen oor die sogenaamde Candida. Die is van die simptome wat candida veroorsaak. Gewigsprobleme (oorgewig en ondergewig) moegheid, dowwe gevoel in die kop, onvermoë om die regte woorde te kry, co ordinasie probleme, swak geheue, PMS, opgeblaasheid, geirreteerdheid, depressie, angstigheid, spier en gewrigspyne, winderigheid, dukderm propleme, hardlywigheid, of diaree, swak libido, gis infeksies, atleet voete, vel irretasies, acne en puisies, ekseem, slegte asem, ‘mood swings’, slaap apnee en die lys gaan aan en aan.
Nou mens kry goeie en slegte bakteriee in mens se liggaam, en ons weet almal dat as ons antibiotika gebruik vernietig dit die Goeie bakterieë. En dit is wanneer die candida begin broei.
Verder soos ek verstaan van al my navorsing oor candida, stel die candida meer as 79 gifstowwe vry in mens se liggaam. Dis wat mens siek maak. Soos die simptome hierbo. Wanneer bv. mens hardlywig word, word mens se lewer niere en vel gebruik om van die gifstowwe ontslae te raak. Dit verklaar acne, en opgeswelde lewer, en nier ontsteking ens. Van die gifstowwe word vasgevang in die brein. Hoofpyne, en moegheid, ens.
Soos ek verstaan (want ek is geen dokter nie, ek gaan bloot op wat ek die afgelope 2 weke gelees het) is wanneer mens die candida probeer vernietig, dan stel die candida, meer gifstowwe vry, waarvan sommige weer voedsel is vir candida. Dit klink deurmekaar, maar is in werklikheid ‘n bose kringloop. Die enigste manier om ontslae te raak van candida, is om hul voedsel af te sny. deur die regte voedselsoorte te eet, natuurlike medikasie neem om dit dood te maak, en om dieselfde tyd te ‘detox’(om van die gifstowwe ontslae te raak.
Nou vra ons, maar as ons al die bogenoemde voedsel moet uitsny, wat eet mens dan. Hier is lysie van Goeie kossoorete wat ons mag eet. Botter in matige hoeveelhede, olyfolie, Corn flakes, rice crispies, jungle oats, mielie meel, maltabella, kreemy meel, muesli, pronutro. Oat koekies en beskuitjies, ryvita, rys koekies (onversoet). Mielie brood, oats en kaas koekies, oat crunchies en oat base pizza. Bruin rys, aartappels, groente (soveel as wat jy wil) AB yogurt (plain) feta en maaskaas, ‘free range eiers en vleis, neute, saad, mielies, springmielies, basmati rys. Hulle reken in sommige boeke mens moet NET 2 vrugte per dag eet (behalwe suurlemoene
Die lys is lank, maar dit kom daarop neer dat mens alle suiker en stysel moet uitsny. En alle verwerkte voedsel. Die is nie ‘n permanente eetplan nie, (maar dit
Terwyl en so ondersoek instel op die candida ding, kom ek toe ook af op maniere om vaginale gis infeksies (ook veroorsaak deur candida) te behandel. Met produkte wat mens in die huis aanhou. Weereens sê ek, ek is nie ‘n dokter nie, en die info wat ek hier weergee is net vir inligting. As iemand dit wil gebruik, wees asseblief versigtig.
Volgens navorsing kry 3 uit elke 4 vroue iewers in hul leeftyd vaginale gis infeksie. En almal wat al infeksie gehad het, sal weet hoe ongemaklik dit is.
- Gis infeksies broei in klam warm plekke, so beperk hoe lank jy sykouse, ‘tights’ ens dra.
- dra onderklere van katoen
- dra eerder lospassende natuurlike vesel klere
- moenie ‘deodorant’ tampons of doekies gebruik nie
- moenie op gereelde basis Douche nie
- moenie stywe broeke dra nie
- droog goed af na bad of swem.
Hier is paar “remedies” vir infeksie:
1 Yogurt – bevat lewendige ‘ lacrobacillus acidophilus’ (Goeie bakterie) Dit
2 Knoffel – is baie goed om viruses en infeksies te behandel. Skil ‘n knoffelhuisie af, maar wees versigtig om dit nie te kneus of raak te sny nie, anders
3 Teatree olie – ek is maar versigtig om dit hier te plaas, want ek het op verskeie plekke gelees dis baie goed, en op ander plekke gelees dis gevaarlik.
4 Bosbessie sap(cranberry juice) – Drink baie onversoete bosbessie sap. Dit help om die niere en blaas skoon te hou. Mens kry glo bosbessie pilletjies ook wat gedrink
Die ander goed gaan ek nie plaas nie, want alhoewel hulle sê dit werk baie goed,
Nou ja, ek het een laaaaank posting gedoen oor candida. Dis nie al die info oor dit nie, maar dis die mees belangrikste – wel dink ek altans.
Ek plaas ‘n foto van candida in die derm. Dis dalk bietjie grafiek, en ek vra omverskoning as ek enigiemand afstoot gee vandag.
Lekker dag vir almal
Liefde Groete
Sonneblom
3 comments:
Hi daar,
Die artikel was baie goed. Merkwaardig dat ek meeste van die sipmtome het maar die doktors behandel my gedurig vir IBS!
Weet nie of jy raad het vir asem pobleem nie. Was al baie jare by baie doktors tot onder narkose gegaan die doktor se toe die klep onder by my sluk maak nie gereeld oop en toe, ek is blykbar so gebore! Die probleem is regtig aaklig maak my baie depressed. Het al baie raad gevbolg maar niks hepl
Baie dankie vir jou moeite en navorsing oor Candida. Ek word gereeld behandel met antibiotika en nou weet ek presies waarom ek nie gesond word nie. Nogmaals dankie en mag jy van krag tot krag gaan.
Vra na groot hulp!
Ek en my man is albei geaffekteer deur kandida,maar ons kry dit nie genees nie,ons het al room gekry om te smeer en ons het al pille gedrink en elke keer kom dit terug! Enige raad!
Groot asb
Piet en San van Kuruman
Post a Comment