Showing posts with label Nuwe week Nuwe dinge. Show all posts
Showing posts with label Nuwe week Nuwe dinge. Show all posts

Monday, 07 May 2007

Nuwe week, nuwe dinge

Hi daar,

Eks poegaai vandag. Het amper nie energie nie. Ek dink ek is besig om verkoue of iets te kry. Die oë brand, nies en hoofpyn.

Die dieet - dinge lyk goed vandag. Was baie negatief die naweek. Die skaal en ek het amper geskei, hehehe. Sien, dinge staan so, ek was nog altyd die maerste van al die skoonsussies. Was nooit vir my 'n probleem nie. Toe Saterdag kom my jongste skoonsus hier en ek sien sy het baie gewig verloor. Nooi haar toe skaal toe en raai wat? Sy weeg net soveel soos ek!!!!! Sonder dat iemand agterkom of rerig ag slaan op wat gebeur, verloor sy 32kg! Ek moet se, sy lyk baie goed. Die probleem is....ek sal my gat moet roer. Ek was rerig baie depro die naweek.

Nuwe week, en ek stoei weer hard met die gewiggies. Julle moet duime vashou. Ek het al 4,5kg verloor. Moet nog minstens 20kg verloor. Aanhou en uithou.

Ek hoop julle dag was lekker. Ek myself dood verveel by die werk. Was voor etenstyd klaar met my pligte. Dit gaan 'n lang week wees die.

Nou ja...genoeg gekla. Geniet die aand.

Groete

S

Terug flitse

This day in History