Hi,
Nou ja, ek het dit toe nou self reggekry om die blog te begin. Hoop ons kan hier gesels oor elke dag se dingetjies, raad uitdeel oor ma wees, vrou wees, tiener probleme en sommer die lewe in die algemeen. Gooi maar vir ons paar gedigte op, of oulike leesgoedjies en gedagtes vir die dag.
Hier is so klein bietjie van myself. Boogskutter. Ek is gelukkig getroud - 2de huwelik, het 2 kinders, seun 19 en dogter 14. Struggle met gewiggies - is van die begin van die maand af op ernstige dieet. Daaroor sal ek seker nog baie kla. Het baie issues.
Stokperdjies - hou daarvan om mooi goed te maak, enigiets van verf tot houtwerk tot klere maak. Hou daarvan om iets nuuts te probeer. Is glad nie 'n waaghals nie. Te bang gat. Eks wel baie impulsief. Sal maklik iets doen sonder om oor die nagevolge te dink.
Wel...genoeg van my. Ek hoop hier kom baie mense kuier. Ek sien uit daarna om lekker te gesels.
Groete
Sonneblom
Terug flitse
- Nuwe week Nuwe dinge (1)
- comments---- (1)
21 comments:
Ek toets net gou die tyd, het dit reggestel - hopelik.
Hi almal
Sonneblom , ek hoop jou site gee vir jou sommer baie plesier en dat dit baie besig sal raak!!
Hier is maar 'n gediggie aangesien ek niks het om oor te chat nie hahaha...
Antjie Krog..Omdat
My maer hande steek vir jou 'n kers aan
omdat jy my maat geword het
toe ek na 'n kwartaal
nog somber alleen tussen die ander sit,
omdat jy my pouses
uit die biblioteek kom haal
om saam liedjies te sing in die saal
omdat jymy maat bly
t.s.v my skilferhemp en nylon trui
ryp puisies wat op my wange kors.
My kers brand
omdat jy kaalvoet saam met my
deur die dorp loop
en wag as ek iets in 'n
supermark koop
omdat jy pouses vir my brood gee,
smiddae vir my wiskunde verduidellik
en soms oor my skoon hare vee
omdat jy my maat is en so darin berus
al skinder almal oor jy 'n seun
en ek 'n meisie is
omdat jy verstaan as ek weg van jou kring
en agter die gordyne kruip
as jy operette sing
Kyk hoe bewe my kers nou
Hy se dankie en hy bid vir jou...
Groete aan almal wat hier is en nog gaan wees!!!
A
baie nice tjom
hi Blommie.
Geluk met jou gesels hoekie.
Ons sal vir jou kom kuier hier, dankie dat jy my ook genooi het,
Drukkies en soentjies.
sal jou mooi ietsie kom gee
ag vrek dit was ekke leo
Hi julle
Dankie julle kom loer het...kom sels maar saam oor alles en nog wat...die koffie tafeltjie sal altyd koffie en tissues he. ;)
Lekker slaap. Ek sal more weer blaadjie oopmaak
Liefde
S
Hi,
Net gou kom loer waar jou blog is. Sal weer so maak.
Lekker slaap.
blommie
Goeie more
Hoop almal het leker geslaap. Ek het rowwe nag gehad. Rondgerol en moeilik geslaap.
Maar als is okay nadat ek op die skaal geklim het. Dinge lyk weer mooi vanoggend, so ek voel sommer weer lus vir als.
Ek sal vanaand weer nuwe blaai opsit.
Lekker dag vir almal..
Groete
S
Hi Sonneblom, hoop hierdie blogspot gaan vir jou baie plesier bring. Sal gereeld kom inloer.
Lekker dag
Lovies
Dellie
Hi,
Wou nog vra: Watter dieet volg jy?
Jy moet net sterk wees en die res sal vanself volg.
Tatta,
blommie
Hi Blommie,
Kyk onder vandag se comment...ek sal daar vertel van die dieet.
Groete
S
Hi, blommie.
Jinne ja nee, was onlekker naweek, geyser gebars, en ek is mos hopeloos in sulke krises situasies.Wel die vrou was in panic state.
Vandag was maar so so, base praat van werk tot 9 in die aand.
sal moet sien.
sal weer kom loer, dalk gebruik ek daai snesies
(((((drukkies)))))
Hi Leo,
Ai vriendin, ek hoop jy gaan beter voel jong. So geyser wat bars is glad nie plesierig nie. Het julle versekering?
Is daai base van jou getools? Hulle kan mos nie bloed uit 'n klip tap nie. Hemel!
Jy is welkom om te kom snesies gebruik. Ons sal mekaar maar troos van tyd tot tyd. Jy moet vir ons een van jou mooi gediggies plaas.
Lekker aand en groete tuis.
Liefde
Sonneblom
hi sonnie,
dink hie gaanons lekker gesels, hoop dinge gaannog goed aan daai kant, Ali vi my ady gegee, hoop nie jy mind nie.
lekker aand viendin
love katia
Hi Katia,
Welkom hier op my my blog. Hier gaan ons sommer gesels oor als en nog wat. Lawwigheite, hartseer, struggles en suksesse. Soos jy gelees het, baie koffie en tissues. Ek het vir eers die koek gelos, want ek moet gewig verloor, hehehe.
Kom sels weer.
Liefde groete
Sonneblom
Hi Blommie,
Ek try maar nog die blogs uit jong ek is soooo moeg vi di Godsdiens debatte ek comment nie eers da nie het seke 2 keer da gecomment ek sien baie uit dana om me julle te chat oor vrou wees etc op watse diet is jy ek wil ok graag so 20kg verloor maar sukkel het nie rerig ondersteuning nie chommas almal maer het nie veel simpatie met my nie. Ek wens jou alle voorspoed toe vir jou site wens ek kon my eie sit begin is bietjie dof in daai dept.
Lovies
Gypsyjo
Blommie
Thanks vir die inspirasie, ek het ook soos jy nooit met gewig gesukkel nie. Was model en danser van ek 5 was en het jare lank ge-gym was actually so verslaaf dat ek 5 jaar instrukteur was. Ma die lewe vat jou mos op 'n journey wat jy nie beplan nie ek het myself lelik vasgeloop in 'n hele paar swart vuiste 3 van die goed wat my so gemoer het was drie dae in die hospitaal en my gelos het met epilepsie en a.g.v. daarvan het ek na 'n ruk erg depro geraak en myself verwaarloos. Het intussen my eie konstruksie maatskappy begin en gaan goed aan nou vir 3 jaar sukkel nou net om die gewig te verloor. Soos my slaap, eet ek eintlik baie min soms vir 'n dag of twee aanmekaar nie, solank ek werk is dit my terapie, maar soos jy se, 'n mens moet gesonder eet ne. Is ongelukkig op medikasie wat die gewiggies aansit neuroloog se dis omdat dit 'n sekere gedeelte van my brein "subdue".
Ja het ook laas week skool klere gekoop rokkie (10jr) R210.00 lang broek R280.00 (vir een) sykousies wat skool toelaat R38.00 nog nie by regte wintersgoed uitgekom nie. Baadjies ens.
God is vir my ook my saak, ek gaan nie van iets wat so mooi is in 'n lelike ding laat ontaard nie. Die ouens raak woes daar ander kant. God se woord het nie 'n vraagteken agteraan nie maar 'n punt en dis dit. Dit se vir my: God se Woord is Wet, don't question it.
Anyway, ek dink jou site gaan lekker raak hier hoor. Dis lekker om te kan se wat jy wil, ekke skryf nie so goed soos julle maar gaan try dis nogal lekker om jou se te se sonder dat iemand jou aankyk en die uitdrukking se: wat de hel ga met jou aan? En dan kan jy nie jou "bad" day uitlaat nie want jy's mos nie veronderstel om 'n bad day te he nie. Wat nou? Dan wil ek sommer 'n eier in my dinges kook. Hierdie is vi my 'n laaang week, baie probleme met 'n werker wat ek ge-fire het - dronk oppie job - en die ander werkers het hom bygekom daaroor want ek was so moerig ek het gedreig om almal te fire. Het hulle almal se pay sommer weggehou vir die naweek want hulle het almal geweet van die drinkery op die job maar het nie vir my gese nie, toe straf ek almal so bietjie. Hulle is lekka vies vir hom daaroor. Maar praat vandag sommer BAIE mooi met my. Ek het nou 26 werkers wat bou en breek ens en hulle is 'n helse hand vol.
Anyway het genoeg nonsies gepraat dankie vir die ondersteuning waardeer dit opreg.
Gypsyjo
Hi Gypsyjo,
Sjoe, jy kan gelukkig wees om te leef na daai aanval. Ek sal nie eers probeer verstaan hoe dit moes wees nie. Sulke dinge maak mens so moerig. Maar ek sal nie eers begin nie, anders hou ek nie op nie. Sal daai woede los vir 'n ander dag.
Jong, probeer om meer te eet. Ek het ook gedink as ek net een keer per dag eet sal ek nie vet word nie. En dit is die grootste fout wat mens kan maak. Sien, dit werk so: As jykort nadat jy opgestaan het ontbyt eet (wheetbix, ek eet 2 elke oggend) dan skop jou metabolisme in. Dan elke 2 tot 3 ure eet 'n vrug, of neute, 'n slaai, ens. Maak vir jou tuna slaai. Die groot geheim is, moet geen carbs in die aande na 6 eet nie. Eet dit liewer voor 2 in die middag, sodat jy die energie kan opgebruik. Jy kan as snack in die aand 'n handvol biltong eet. Jip..dis glad nie sleg vir jou nie.
Drink BAIE water. Nou by my is dit maklik. Sien ek rook, en by die werk mag ons mos nie kort-kort rook nie. So ek gaan rook al om die uur. As ek terug is in die kantoor, drink ek 'n glas water. Water is baie belangrik.
En as jy gaan uiteet of sommer lus het vir lekker kos, moet jouself nie uithonger die volgende dag nie. Jy moet jou liggaam gewoont maak aan kort-kort eet. As jy jouself uithonger, stoor jou liggaam die kos, want hy dink dis maer jare...hehe Probeer dit, en kom se my hoe gaan dit.
Ek het geen maar geen skryfkuns nie, so se hoe jy voel en wat jy wil.
Groete en kom loer weer in. Gooi seblief jou volgende comment aan die boonste posting van vandag, dan gesels ons verder daar.
Sonneblom
Herfs skildery
Vermeng kleure van groen, geel en bruin
vasgevang teen blou hemelruim
is die natuur se herf skildery
staan bome ry op ry
akkerbome in die laan
gooi af hul blare soos 'n traan
kom wind en warrel blare rond
meng dit met reën, mos en grond.
Tak geraamtes oop en los
gestroop van eens dik blare dos
goue blare warrel na benee
om grond in dik blaar tapyt te klee
maak reg vir winterslaap
om in lente te ontwaak
om weer te bot en bloei
groen blare tot volwassenheid groei
leo,
blommie hiers hy soos ek beloof het
Hi,
Dis goed om 4.5kg in 2weke te verloor. Byt maar net vas, ek dink aan jou.
Antjie het die week net een kort inskrywing op haar blog gedoen. Weet iemand of sy orraait is?
Tatta,
blommie
Hi Donald, just simply completed, on hand and Simon through Web seminar.
Have a look at my site - Criminal Background
Post a Comment