Tuesday, 08 May 2007

Ma wees, dieet, vriendskappe ens

Hi almal

Om Ma te wees is seker een van die moeilikste maar ook die opwindendste dele van ons lewens. My ma het altyd gese toe ons klein was, dat sy werk want sy wil vir haar kinders 'n beter lewe gee as wat sy gehad het. En sy het. Ons was nie skatryk nie, maar het meer gehad as die gemiddelde kind. Liefde van ma se kant af was daar nooit 'n tekort nie. Sy het gesorg dat ons meer vakansies gehad het as wat nodig was. Ons het dit as vanselfsprekend aanvaar. Dit was mos ons reg.

Ons was 3 kinders. Ek, die oudste, my broer(wat 13 jaar terug deur 'n wetter in die nag doodgery is) en my suster. Sy het in haar onoselheid van 'n 16jarige gaan staan en swanger word. Ma, wat 'n hoë pos beklee het het bedank toe die baba gebore is en die kleinding groot gemaak. Vandag is hy 17. Skool gelos, werk vir karige salaris. Hulle raak mos slim as hulle tieners is. Sus bly in Pretoria en het nie 'n saak met Ma en haar kind nie.

Partykeer voel ek ek kan iets leliks aanvang, maar gaan dit help? Dink sus het haar tienerdomheid gehou. Het vanaand met die mannetjie so ligte uitval gehad. Hulle(hy en Oupa) dink mos hulle kan oor Ma loop soos hulle wil. Sy is siek en hulle fok net aan.

Lewe is maar onregverdig.

Gypsyjo

Ek plaas gister so posting weer oor die dieet wat ek volg.

Jong, hoe sal ek dit verduidelik. Ons, ek en my man, het aangesluit by The Perfect Weight Clinic. Hulle trek bloed en toets jou skildklier funksies, jou cholesterol vlakke, jou bloedsuiker en jou insulien vlakke. Dan gee hulle vir jou pille om 2 keer per dag te drink en dwing jou om 5 tot 6 keer per dag te eet. Bietjies op 'n slag. Wat nogals moeilik is. Nou moet ek ontbyt eet elke dag. Het nooit. Mens moet binne 1 en 1/2 uur na jy wakker word eet. Dit boost jou metabolisme met 50% Sover gaan dit okay. Soos ek gese het, ek het al 4,5kg verloor in 2 weke. Dis net van uithou. Mindset moet reg wees. Maar ek is op 'n mission, hehe. Snaaks het ek nog glad nie lus gekry vir lekker goed nie.

En as jy ondersteuning soek...ek is hier, en ek is seker die ander bloggers sal jou ook ondersteun. Gee dit 'n go...en kom deel met ons. Sterkte.

Kom ek se vir jou so, moet glad nie geintemideer raak deur jou pelle nie. Jy moet besluit om gewig te verloor vir jouself. Moet dit glad nie eers probeer aanpak om iemand anders te plesier nie. Hulle leef nie in jou liggaam nie. En moet nie eers vir hulle se jy dieet nie, want sulke pelle dink gewoonlik "ja hoor...nog 'n dieet" Kom ek stel dit vir jou so, begin deur elke oggend so gou moontlik iets te eet vir ontbyt. En eet 5 - 6 keer per dag. Klein hoeveelhede met elke ete. Glo my, ek het dit ook nooit geglo nie, maar dit werk. My maag het met meer as die helfde gekrimp. Ek eet nou 'n kwart van wat ek gewoonlik ge eet het met 'n ete. En ek kan voel ek raak honger, gryp 'n appel of 'n piesang - waarvan jy hou - en eet. Nie hamburgers of pies nie, hehehe. Ek het regtig in 2 weke nie eers lus gehad om te kroek nie.

Ja ek is nie lief om oor Godsdiens te debateer nie. Ek het my eie siening van Godsdiens, en ek sal dit nie op iemand anders probeer afdwing nie. Tensy iemand my mening vra. Ons is in elk geval nie slim genoeg om die bybel heeltemal te verstaan nie.

Het vandag gaan skool langbroeke koop. Kan julle glo - R160.00 vir een broek!!. Ek kan nie dink dat skoolklere so belaglik duur word nie. En hier is monopoly hier met die skoolklere. Dis tussen die skool en die koelie. Dieselle pryse. Darem nog net 4 jaar oor van skool.

Ek sien uit daarna dat die blog groter raak. Ons kan mekaar deur strawwe tye troos en help, en saam die beter tye geniet.

Liefde groete
Sonneblom



2 comments:

antjiesomers said...

Hi Sonneblom!!

Ek het gese ek sal kom inloer en hier is ek!
Het nou die dag getry, maar moes ry deur die helfte van my comment!

Ek hoop dit gaan goed met jou - regtig goed, want lyk my die res van ons skeit maar bietjie!

Dis omtrent 'n geneuk na die ongeluk - weet jy ek wil jou als vertel, maar ek is al so dik om als te verduidelik aan almal ek wil al weghardloop. Na 5X van Saterdag af in die teater lyk dit of my skoonsus se vriend nou in septic shock gaan - hulle probeer die been red, maar dit lyk nie goed nie.

Ek het nie lus om ander mense ook nog negatief te maak nie, en daar is nie tyd nie, dus bly ek maar so ver van die blogs af as moontlik! Boonop sit ek met oneindig baie werk en 'n krisis met die company! Sal jul als vertel wanneer ek die krisis oorwin het, want ek sal!

Ek mis julle klomp vreeslik!
Van dieet moet jy my tog net niks vra nie, want ek vreet als wat ek wil en kom daarmee weg. Hoe weet ek nie. Ek dink ek eet net wanneer ek honger is en dan eet ek waarvoor ek lus het. Dis weinig dat ek eet omdat ek lus het wanneer ek nie honger is nie. Mens eet ook baie wanneer jou liggaam eintlik dors is...
Ek het nou weer ander akkies. Elke mens het mos sy eie akkies. Ek se nou die dag vir my Time Out rep sy kan haar vette vir my gee dan vat sy my bankrekening. Ek sal binne 2weke van haar gewig kan ontslae raak....sy moet net sorg dat ek binne 2weke genoeg geld het om nooit weer hoef te worry nie.....

Jy moet 'n heerlike aand verder he en lekker doeks.

So bly hier is darem nog 'n plek waar ek kan chat sonder om te worry oor of ek die regte ding se of nie. Dis juis omdat ek alewig praat sonder om te dink dat ek altyd in die moeilikheid is!

Sal gou weer inloer!

XXXX

Anonymous said...

Good words.

Terug flitse

This day in History