Wednesday, 09 May 2007

PMS is 'n bitch

Hello mense,

Om vrou te wees is partykeer glad nie lekker nie. Kry julle ook sulke ups en downs? Voel die een oomblik jy kan tafelberg rondskuif net omdat jy wil, en die volgende oomblik huil jy soos 'n koeliek baba. Ek word so de moer in vir myself partykeer ek kan slange vang. En dan dink ek alles was 'n grap. Ek lyk seker heel vertraag vir my gesin soms. Kan rerig iets piepklein in iets massiefs verander.

Ek is lekker moeg vanaand. Het tot na 11 gewerk gisteraand. Kwitasies uitgewerk ens. So ek soek my bed vanaand. Ek hoop julle dag was meer vrugtevol as myne.

Dankie vir al die comments..ek waardeer dit.

Liefde groete

Sonneblom

1 comment:

Anonymous said...

Hi almal

Sonneblom jy is so reg. Iets klein word 'n hengse issue wat PMS aanbetref. Dis met my net so erg.
Maar ag, ons survive elke keer en gaan maar weer aan.

Hierdie is die enigste plek wat ek kry waar ek kan comment. Jy't gevra om bo te comment. Hoop ek het dit reggedoen.

Was gister heeldag in Jhb tot half agt moes papierwerk uitsort daarna het en het omtrent eers 2uur gaan slaap net om weer 7uur weer daar te wees. Sterkte met die besigheid. Die ergste baas om voor te werk is vir jouself. Soos ek laas gese het ek slaap maar bitter min, is altyd op die pad of besig met iets. Ek is baie gelukkig met my bank. Ek bel net my besigheids konsultant en sy help graag. Maak jou stem van die begin af dik en duidelik. Ek is al genoeg rondgedonner innie lewe skiet eers en dan vra ek vrae.

Nou ja dis ek en die tax stories vandag salarisse vir die week quotes vir kliente en so aan spandeer donderdae oggende in die kantoor res van die tyd hardloop ek rond.

Hoe gaanit met jou dieet? Ja jy is reg, ek doen dit nie vir my pelle nie maar myself omrede ek nooit probleme met die gewig ding gehad het nie het ek ook nie rerig gewwet hoe dit moet voel nie. En as jy nie vet is nie pla dit jou nie, en dis asof jy dit oornag besef dat jy die probleem het (dat jy so vet geword het)! Dan panick jy (ek het in elk geval). Ek het rerig baie gewig opgetel (20kg), maar het niks anders gedoen as voorheen, behalwe gym toe want ek het siek geword. Ek ruk my nie nou meer op vir mense wat se hulle KAN nie gewig verloor nie al spandeer hulle hoeveel geld op pille en goed nie. Ek was nooit vet nie onthou hoe KAN jy nie gewig verloor nie. Jissim, dis net gewig. Ha ha ek het my gat gesien daar. Ek se altyd ek kan nie op 'n "nugter" maag eet nie. Bedoelende moet eers klomp koffie inkry plus rokies. Ek word eers so by die 11 uur in die oggend honger en eet so 3 uur in die middag dan het ek klaar vir die dag geeet. Ek glo wat jy se van as jy nie eet nie dink jou liggaam jy's op strike en daarom stoor hy vet, maar wat as ek nie honger is nie. Toe ek gemodel het mag jy eers kom werk as jy 'n milligram oor jou gewig is nie en dit was van ek so 5 was so ek dink my eet gewoontes het baie daarmee te doen, alhoewel ek daai tyd nie vet geword het soos nou nie. Ek rook ook so ek drink automaties baie water ek is lief vir soda water. Toe ek in kantore gewerk het waar ons nie kon rook nie het ek appels geeet vir die rooklus. Jy raak maar mettertyd gewoond om minder te rook. Wens ek kan ophou maar o jislaaikie as nog gewig moet optel sal ek iets oorkom hoor.

Het ook die "No fuel" op 15 mei gekry. Sal plan moet maak. Werk se voertuie en werkers se taxi geld kos 'n klein fortuin.

Ek het vreeslik baie mooi inspireerende goeters vir ons girls wat ek wil post (alles baie mooi)maar weet nie hoe nie, help!

Nou ja, lus vir 'n sigaret en koffie praat later.

Geniet die dag aan almal daar.
Lovies
(((Gypsyjo)))

Terug flitse

This day in History