Tuesday, 15 May 2007

My Vriendin




Ek het ‘n vriendin,
Haar naam is Ali,
Sy is reguit en sonder aansit,
Ek kan my troubles met haar deel.
En sy hare met my.


Ek het ‘n vriendin,
Haar naam is Leo,
‘n sagte mens is sy verseker,
met ‘n hartjie van kristal.
Gedigte kan sy skryf
Om te lees deur almal


Ek het ‘n vriendin,
Haar naam is Karyn,
Sy is engels,
Sy sal my nooit veroordeel.
Kinderloos, en liefdevol,


Ek het ‘n vriendin,
Haar naam is Rhoda,
Van skooltyd af geken,
Ons deel ons daaglikse probleme,
Van tienerkwale tot gewig probleme,


Ek het ‘n vriendin,
Haar naam is Ma,
My grootgemaak met trots,
My weishede en waarhede geleer,
My van liefde en opregtheid geleer,
Boesemvriendin.


Ek het ‘n vriendin,
Haar naam is Shanice,
Ek maak haar groot met liefde,
Sy is sagmoedig en ‘n steunpilaar,
Sy is my dogter,
Sy is my oogappel.

6 comments:

antjiesomers said...

Hi daar!

Ek het omtrent gaan soek om jou adres te kry! Dit lyk pragtig met die foto's.

Ek het eintlik net kom se baie dankie vir al jou briefies. Kan jou nie se hoeveel maal ek wou skryf nie, maar die tyd was min en my kop so deurmekaar dat ek nie kon praat nie! Sien jy is skaars hier langsaan by Steve. Jy o.k?

Ek het self eers weer gister daar gaan inloer. Sien die van Zyl/Steve debat is nog volstoom aan die gang!

Ek het darem vannaand weer iets omtrent my blog gedoen. Het GENUINE net nie die krag gehad om almal van julle ook in 'n depressie te hel met my gesanik nie.

Jy moet 'n lieflike aand en pragtige dag he more. Ek skryf nou jou adres neer en pin dit hier voor my vas sodat ek dit nie weer moet gaan soek nie!

Lekker doeks XXXX

Anonymous said...

Hi jy,

Ek is okay ja. Ek kan net nie die Godsdiens oorlog handle nie. Mens mag nie oor God en sy werk baklei nie, so ek hou my maar uit daar.

Ek het Sondag 'n posting daar gelos, maar geen reaksie gekry nie. Ek het per ongeluk op 'n dokumenter van afrika afgekom, dit gekyk - en dit was ontstellend en in dieselfde tyd 'n moerse eye opener. Dis iets wat meeste mense van sal wegskram, maar tog dink ek dis baie belangrik om te weet. Veral in ons huidige politieke toestand in die land. Maar dit daar gelos. Dis net my opinie.

Ek hoop rerig jy voel beter. Dis groot toetse waardeur mens soms moet gaan. Ek is gister en vandag nie by die werk nie, is siek. Vanoggend kon ek skaars uit die bed uit. 'n Spier in my rug vasgeknyp. Ek sit maar doodstil, beweeg so min as moontlik. Daarby is ek die ene bewerasies en het aanhoudende hoofpyn, wat louer. Maar ek sal survive....lol

Geniet jou dag, ek wens jou 'n lekker stukkie sonskyn toe vandag.

Liefde groete

Sonneblom

antjiesomers said...

thanx vir langsaan - die ander 2 in die ongeluk: 1 het 2 penne in die been en die ander een se niere is beskadig, maar darem lewe hulle en is ontslaan.

ja jong, ek het die fout gemaak om my bek te rek na ek myself gese het ek gaan dit nie doen nie want dis 'n persoonlike saak tussen my en God. Dit daar gelaat - ek sal maar 'n low profile hou vir 'n tyd. Ek hoop so - mens weet nie, netnou ruk ek weer my hol op 'n plooi oor 'n ding wat daar gese word en voor ek my kom kry maak ek weer iemand de joos in!

Jy moet dit rustig vat met jou rug - jy het net een. Ek kan nie dink hoe seer dit moet wees nie! Ek kry nooit rugpyn nie, maar weet hoe grootmense soos babas huil daaroor!

ek gaan nou verder werk.

Mooi dag vir jou en RUS solank jy kan vrou!!

antjiesomers said...

gou-gou kom koffie drink!

ek voel eintlik half sleg omdat ek myself so wangedra het - of eerder - ek het nie nodig gehad om my soos 'n spiritsmeit te gedra nie, maar nou ja - dis gedane sake....

hoe voel die rug? sal fisioterapie nie help nie? vir wat knyp 'n spier in elkgeval vas? of het jy goed opgetel wat jy nie moes nie? jy moet dit kalm vat - ek weet dis half onmoontlik met al die huiswerk en dinge wat 'n vrou alewig moet doen, maar los maar - laat die ander bietjie vir jou sorg....

XXXXX

Anonymous said...

I will not concur on it. I assume precise post. Expressly the appellation attracted me to be familiar with the unscathed story.

Anonymous said...

Genial post and this post helped me alot in my college assignement. Gratefulness you on your information.

Terug flitse

This day in History