Saturday, 26 May 2007

Kersmaak pret






Hi julle,




As ek se ek het my nie gate uit geniet vandag nie lieg ek klip hard. Dit was nou die meeste pret wat ek in 'n lang tyd gehad het.




Die ou plekkie is langs die treinspoor in Magaliesburg. 'n Ou sink geboutjie. Absoluut niks fancy nie. Met ons aankoms daar was daar nie een kar nie. Skoonsus se nogals dis lekker stil hier vandag, so ons kan lekker speel. Ons was skaars binne, stop daar nog 8 ander karre.




Ek kon nie glo hoeveel mans saam hulle vroue daar aankom en saam kerse maak nie. Dis mos 'n vrou ding. Of so het ek gedink. Maar dit lyk my mans, vroue en kinders geniet dit ewe veel. Oud en jonk.




Na so ander halfuur se rondkyk in die amper oorvol plekkie het die meisies besluit wat hulle wil maak. Kyk dis nou iets wat mens kan doen wat glad nie kan flop nie. En dis vet pret. Ons was seker 3 of 4 ure lank daar binne.




Ek plaas paar fotos hier van ons skeppings, en sommer van paar van die goodies in die winkel. {Die datums op die fotos is verkeerd. Dis skoonsus se kamera, en die datums is nie ingestel nie}




Dan, soos ek belowe het, hier is nuus oor die dieet. Was die week by die dokter. Ek het 19 cm regoor verloor. 11cm Om my middel. En volgens die dokter se skaal, 4.2kg. My skaal se 5.2. Dink ek sal my skaal glo...hehehe. Ek moet se, ek voel baie beter. Nie meer so opgeblase en dik nie. My klere begin ook baie losser sit. Sommige van my broeke wil wil afval. Sal moet bietjie afwerk. So als en als, dit gaan goed met die dieet. Manlief dieet ook saam. Hy het 11cm verloor regoor. Het ook oor die 4kg verloor. En so moedig ons mekaar aan.




Hoop julle naweek is lekker.




Liefde groete




Sonneblom


3 comments:

Anonymous said...

Hi,

Dit kerse lyk regtig goed en belangrik is dat jy dit so geniet het. Kan skaars glo dat manne dit ook doen - maar nou-ja!

Die koue hier is is vir my erg. Die son skyn heerlik bedags, maar dit bly maar net koud. Hier waar ek bly het dit by uitsondering liggies geryp, maar nou is die tuin erg getref.

Ek en my dogter het vandag chutney gekook - grt liefde van ons albei. Kook gedurig saam, dis so baie lekker. Sy het ook beskuit gebak. Ek sukkel met my regterpols wat vervang moet word, dit pynnnnnnn!!

Wag, ek gaan nie moan nie, die lewe is nog steeds `n grt fees vir ons. Ek sien Antjie het `n fan wie se taal ek nie verstaan nie.

Mooi aand en lekker warm slaap.

Liefde,

blommie

Anonymous said...

Hi,

Hoe gaan dit met jou? Jy is so stil. Piskoud soos Antjie se, is amper al waaroor ons praat.

Sal later weer kom gesels, het werk om te doen.

Liefde,

blommie

Anonymous said...

Hi Blommie,

Gaan goed diekant en met jou?. Was lang dag vandag. Ek raak meer en meer negatief oor werk. Of sal ek se my werk. Wil nie by die huis sit nie, maar vir myself iets opbou. Iets wat ek sal geniet. Ek werk as kontrakteur. Geen voordele nie. Maar ek gaan nie nou daaroor kla nie.

Ek was lanklaas op steve. Wonder of hulle al opgehou debateer het daar. Sal miskien later daar gaan inloer.

Eks lekker moeg vanaand. Wou mos eers Lord of the rings klaar kyk gisteraand. Verdomp eers 12 uur in die bed geklim. En 5 uur moet ek opwees.

Die weer is beter hier vandag. Hoop dit hou die week so aan.

Sal later weer kom loer hier. Lekker aand vir almal.

Sonneblom

Terug flitse

This day in History