
Hi daar,
Al ooit gevoel jy is hartseer oor iets en oor niks op dieselle tyd? Ek verpes emosies wat nie sin maak nie. Veral die waar jy moerig is vir die hele wereld. Met geen rede nie. Is dit moontlik om PMS na die actual MS te kry? Die 'mormone' foeter seker maar lekker rond.
Probeer rondkrap in die gestel om vas te stel wat skort. Miskien weet ek wat skort, maar ignore dit as ek dit vind. Is dalk beter of makliker om die blinde mol te speel. Netnou word die molshoop 'n berg. Kan so emosioneel raak oor boggerol soms.
Hoe verloop julle week sover? Ek gaan maar aan soos 'n vooraf geprogrameerde enjin. Die kantoor politiek is erg. Niemand wil meer daar werk nie. Is 'n heel dagse gekla en geween, maar niemand maak plan om te gee pad nie. Ek het vandag vir een van die ouens gevra wat sal hy doen as hy moet bedank. "Ek weet nie" is al wat hy kan se. Dit was 'n jare lange gemaksone vir daardie klomp. Hulle sal nie survive in the real world nie.
Probeer enigiets van "siektes" tot salaris debatte, maar niks help vir hulle nie. Meeste van hulle is die "main maccies"...as julle weet wat ek bedoel. My mening....klomp babas wat nog tiet moet drink. Dit frustreer my grensloos. Kry ruggraat en loop!! Ek was te lank my eie baas. Of te lank nie 'n baas gehad nie. Het rerig nie meer lus vir die kinderkak nie. Sommige 40 jariges tree op soos laaities wat net klaar is met skool.
Dis darem nie so koud die week as verlede week nie. Wonder hoeveel sulke snerpende koue dae ons nog gaan beleef die jaar. Volgend die mense met die dik brille is ons winter eers mos van oormore af. Ek ril aan die idee van Augustus met sy winde.
Is al moedeloos oor wat om te maak vir ete. Is elke week dieselle goed. Vanaand gaan ek iets snaaks probeer. Pasta ietsie. Sal kom se of dit lekker was. Wat eet julle mense? Ek soek idees....(lag te lekker)
Skoonsus het toe haar skeisaak aangegee, en die knaap het geteken. Vir een of ander rede klou sy aan die drol vas. Hy het haar gelos vir ander vrou en kids. Elke kort kort kom hy terug. Nou bly hy in sy eie plek, maar hou haar so dop. Wil weet wie bel haar ens. En hulle gaan saam flieks toe en social saam. Die vrou is so ongelukkig want sy het ander girl se nommer op sy selfoon gekry. Ek voel jammer vir haar en terselfde tyd wil ek sommer haar gat gaan skop.
Hy verdien haar nie. Het heeldag vir haar loop en vertel sy is vet. Hy het haar selfbeeld so te se vernietig. Sy het baie baie gewig verloor die afgelope paar maande. Sy lyk baie goed deesdae. Van 130kg na 90kg.....is venselfsprekend. Lyk my hy soek sy brood aan alby kante gebotter.
Ek het vandag 'n dvd gekry van Steve Hofmeyer. 'n Movie. Soos ek verstaan weet min mense van die fliek. 'n Riller. Hy is kaalkop in die fliek, en glo 'n GROOOOOT skurk. Ek sal sien of ek tydjie kry vanaand om dit te kyk. Sal julle kom inlig oor dit. Fliek se naam - "Bag of Murder"
Een ou by die werk se ons sal met 'n ander oog na ou Steve" kyk......Sal maar nog eers sien oor dit....
Julle moet seblief vir my crime statistieke gee van julself en mense wat julle ken. Enigiets. Moord, roof, aanvalle, diefstalle ens. Ek wil graag iets saamstel.
Julle moet lekker aand he.
Liefde groete
Sonneblom
16 comments:
Hi,
Ja, die weer voel darem so `n bietjie beter. Koue en kak emosies soos jy nou ondervind loop mos saam, of hoe? Dit werk vir my so.
Ja, ek glo om om vir ander te werk het maar sy probleme. Jou skoonsus se probleme? Die grootste fout wat ons vroue maak is om die donner weer in ons huis toe te laat. Hy moet net fokkof en die groetery moet hom ook nie ophou nie!
Ek weet nie van een donnerse man wie se vrou sy selfbeeld kon skaad nie. Hoe kan ons toelaat dat hulle ons so te na kom? Ek dink dis omrede ons ons aan die wereld se standaarde meet. Ons vroue moet dit nie toelaat nie!
Ek praat uit ondervinding - die fokken pad was my baie rof gewees. Ondersteun haar, sy sal wel anderdag orraait wees.
Gaan kyk by boerekos.com vir resepte - ook by egafrikaans.co.za ek hou van hulle resepte.
Lekker slaap.
Liefde,
blommie
Hi Blommie,
Jy het my man aan die smile. Is waar wat jy se daar. Is tyd ons girls bykom in die lewe. Nie wag tot dit te laat is nie. Ek hoop sy maak haar oe oop voor sy nog seerder gaan kry. Anders moet ons die kerel maar self vastrap. Haar broers is groot manne. Hy sal sleg 2de kom.
Dankie vir die reseppe sites. Sal gaan loer daar.
Lekker nagrus.
Liefde groete
Sonneblom
Hi julle - ek lewe nog hoor?
Het nie van julle vergeet nie...net die selle ou storie. Blommie, jy's vreeslik slim oor die 'hy moet net fokkof...' jy laat my lag!! En ja, die mans se ego's is gans te groot om toe te laat dat hul selfbeeld geskaad word!
Sonneblom, jy moet by daai boerekos links gaan kyk wat blommie gelos het - dis bleddie lekker!
Ek gaan nou alweer werk - dis alweer oppad middernag toe en my oe staan al stokstyf in my kop. O - boendoe het in Angola aangekom en kan nie op sssb in nie - gaan se hi vir haar daar by my en los sommer vir haar sonneblom se blog adres dan voel sy nie so alleen in die verte nie. Ek is so bang ek vergeet om dit te doen, want tyd is nou vir my kosbaarder as ooit!!
Het vannaand bietjie by sssb gaan inloer, maar daar is 'n spul mense wat ek van gn kant ken nie! voel al hoe vreemder daar.......
lekker doeks julle 2!
Hi almal,
Sonneblom, jammer om te hoor jy voel gagga man! Dit is frustreerend om nie weet hoekom jy so voel nie. Ek dink ook jy weet diep binne in jou hoekom dis dalk oor jy so ongelukkig is by werk. Kan jou lang stories daaroor vertel van myself. Nou ja was lank laas hier kan nie my gat draai nie. Kry tonne en tonne werk in en ek het nog nooit besigheid geadverteer nie. My liefde vra "brag jy of moan jy" altwee want ek dank God oor en oor maar weet nie hoe ek by als gaan uitkom nie. Die mense soek nie ander om vir hulle te werk nie hulle se hulle sal bietjie wag maar ek het so baie ek weet nie hoe lank hulle gaan wag nie. So ek kan seker maar brag maar hou vas aan God se leiding dat ek nie op dinges nie. Dis Sy besigheid hierdie en ek werk vir Hom.
Jy het gevra hoe gereeld ek aanvalle kry? So tussen 2 en 12 per dag. Ek lei aan albei tipes hoof epilepsie dws "simple complex en partial complex" omrede ek alomvattende beserings opgedoen het maw albei kante van my kop het hectic houe ingekry plus voorkop en agter net bokant my nekwerwels, bokant my regter oog is die hou die ergste gewees wat my so lank "uitgesit" het en ek vir so lank uitwas. Gelukkig was ek nie in 'n koma nie want dan sou ek ernstige brein skade gehad het. Maar dit is nie soos in neer val en skuim by mond uit nie. Die medikasie help daarvoor. Ek het pille wat dit beheer. As ek sleg voel moet ek net vir 'n ruk kalm bly. Ek kry al die "voorgevoelens" wat daar is en dit wissel ook so baie en ek weet ook dan wat om te doen. Daar is baie dinge wat dit trigger soos stres,skerp ligte bv son in my oe, of ligte wat flikker, kan nie in die nag ry nie oor die skerp aankomende ligte, sekere kosse ens. Moet ook nou bril dra as ek lees of tv kyk. Dis net k#k om dit te he. Loop altyd op eiers en die in die huis moet my altyd oppas.As ek nie die "voorgevoel" kry nie sien hulle 'n aanval waarskuwing in die pupille van my oe of ek word so bleek dat my mond blou word. Is ALTYD moeg omdat ek nie REM slaap kry nie, dus rus ek nie al slaap ek. Daarom is ek permanent ook hiperaktief en aan die gang moet myself altyd besig hou.Dis te lank 'n onderwerp en gaan net vervelig wees.
Ok genoeg daarvan. Jy praat van mense wat nie hulle werk wil los nie. Ek deel daai sentiment met jou 100%! Ek ken 'n ou wat al 22 jaar vir 'n plek werk waar hulle vlieeniers oplei, soos dit nou maar is, is die mark daarvoor blykbaar baie swart deesdae. Al wat 'n swarte is wat nie meer ander werk kan kry nie, word nou 'n pilot. Die ou kry maar 'n salaris van iets soos 6 duisend (na 22 jaar) die ander nuwelinge kry al na 100 ure iets soos 25 duisend. Nou vra jy: maar met jou kwalifikasies kan jy sekerlik more in 'n ander posisie instap die antwoord / verskoning: wil nie medies verander, wil nie pensioen op neuk nie, bla bla bla. My siening is dat sulke mense wat in hulle comfort zone is daar wil wees en hulle SAL nie in die real world kan survive nie. Hulle ry al 100 jaar elke dag dieselfde pad werk toe en terug vroulief maak maandag aande dit om te eet, dinsdag aande dat ens. Gaan elke krismis na daai spesifieke plek toe in Margate elke liewe jaar en elke liewe krismis, nie Julie nie maar krismis. Ek dink dis great as pa goed is vir ma en kinders en ma kyk mooi na alles in die huis maar moet dan nie moan oor die werk wat jy nie wil los nie en die geld wat so min is of die baas wat vloek en skel. Ek persoonlik sal nie weer vir ;n baas kan werk nie. Die laaste werk wat ek gehad het was 'n ramp, die baas het gebel vanaf sy selfoon, die sein was swak en kon nie deurkom nie toe ek nou eventually op die lyn is begin hy te skreeu en my beskuldig dat ek op die werk se foon chat want dit bly beset, nou ja, mense wat my goed ken weet van beter as om op my te skreeu en my van kak te beskuldig. Maak nie saak waarvoor nie. Ek het die foon neer gegooi en in my kar geklim en nooit weer vir 'n baas gewerk nie. Kantoor politiek staan my ook nie aan nie. En kantoor affairs is net so erg. Dis hel om vir jouself te werk maar dis jou eie hel. As jy by een plek kan werk net vir die geld, kan jy maar dan by enige ander plek gaan werk net vir die geld.
Party ouens op die myne is net soos dit wat jy beskryf.
Nou ja moet werk is vanoggend in kantoor dan moet ek terug sites toe het baie papierwerk vrydag more en vrydae is moer hectic lone ens. en is nog die einde van die maand ek moet my kliente begin lek vir geld.
Sonneblom ek bid dat jy beter sal voel en dat jy leiding sal kry vir jou onsekerhede.
O ja, crime statistieke volg later.
Geniet julle dag dis amper weer naweek ne!
lovies
gypsyjo
Hi almal,
Gypsyjo, Genade mens, jy moet 'n sterk mens wees. Ek lees met groot oe van jou aanvalle. Ek dank die Vader ek het nie sulke probleme nie. Miskien kla ek net onnodig. Mens vergeet gou wat ons het om voor dankbaar te wees.
Ek sien noudiedag 'n man draf. Tussen 2 dorpe. Hy het net een been. Draf met valsbeen en al. Ek se toe vir my man, ons behoort skaam te kry. Ons het al ons ledemate, en gesondheid, maar ons sit op ons gatte en doen niks.
Ek haal my hoed 10 keer af vir sulke mense. En kry 100 skaam vir my eie slegtigheid. My vriendin probeer my oortuig om te begin draf. Met my eerste huwelik het ons gaan draf een aand. My ex het begin hardop lag. Ek vra hom toe wat is fout. Sal hy my vertel hoe snaaks lyk ek as ek draf!!.. Was die laaste. Ek sal nie draf nie en klaar. Maak nie saak of hy net gegrap het nie. Ek is heeltemal te sensitief vir sulke kritiek.
Ek dink party mense hou net van die aandag wat hulle kry by die werk as hulle so moan. Ek dink ek moet hulle dare om te loop. Sien hoeveel het die guts. Soos jy se, dis die comfort zone.
Ek het toe gisteraand iets anders gemaak om te eet, en hulle het hul vingers afge eet. Macaroni en kaas met 'n difference. Het wors gebraai en in skyfies gesny en saam met uie en tamatiesous en baaaaaie kaas in die oond gebak. Was verrassend lekker. Ek sal bietjie op die sites wat Blommie gelos het gaan rondloer.
Julle moet julle aand geniet. Doen iets interresant vanaand.....hehehe
Liefde groete
Sonneblom
Hi julle,
Gysyjo, ek weet dat dit vir jou baie moeilik is met die aanvalle. Lyk tog of jy die simptone voor `n aanval ken - baie goed om jou situasie so te ken. Mag daai fokkers wat dit aan jou gedoen het deur die whities doodgeskiet word.
Waar woon jy en watter soort werk doen jy? Jy klink vir my so hardwerkend. Sonnie ek glo ook dat jy daai ouens moet dare om te bedank.
Vol sonskyndag gewees, heerlik!!
Ek kry onttrekking simptone sonder die son wat skyn. Sonnie, jy moet regtig egafrikaans gaan try vir resepte, honderde, en ek jok nie.
Mooi aand vir julle en lekker slaap.
Liefde,
blommie
Hi julle,
Gysyjo, ek weet dat dit vir jou baie moeilik is met die aanvalle. Lyk tog of jy die simptone voor `n aanval ken - baie goed om jou situasie so te ken. Mag daai fokkers wat dit aan jou gedoen het deur die whities doodgeskiet word.
Waar woon jy en watter soort werk doen jy? Jy klink vir my so hardwerkend. Sonnie ek glo ook dat jy daai ouens moet dare om te bedank.
Vol sonskyndag gewees, heerlik!!
Ek kry onttrekking simptone sonder die son wat skyn. Sonnie, jy moet regtig egafrikaans gaan try vir resepte, honderde, en ek jok nie.
Mooi aand vir julle en lekker slaap.
Liefde,
blommie
Sorryyyyy',
Daar gaan die posting toe X2.
blommie
Hi almal,
Om te he wat ek het is erg ja maar nie so erg as 'n afbeen of blindheid, daar kon soveel meer met my fout gegaan het. Dis hoekom my besigheid aan God oorgedra word elke oggend voor ek ry en elke aand voor ek bed toe gaan. Dis net Sy Hand oor my elke dag en ek cope baie goed glo my.Moet net aan die gang bly dan is als ok met my. Ek raak die kakste mens as ek nie besig is nie. Vandag bv baie baie sleg gevoel het gister gevoel dit wil wil so aan my vat, maar ek hanteer dit so goed as wat ek van my kant af,soos hulle my geleer het. Moet net op 'n veilige plek kom as so iets gebeur. Ek hou geen wraak teen hulle nie die Here weet wat Hy met hulle gaan doen ek los dit in Sy "capable" Hande. Ja ek is seer en voel maar die gewone gevoelens maar ek lewe en ek maak die meeste daarvan, wat het hulle gekry net my aardse besittings wat ek alreeds weer vervang het, die sentimentele goed wel, kan niks daaromtrent doen nie, so hoekom top en top tot ek siek is, ek was ook al daar. Het nie gewerk nie en my kids het gesuffer om my so te sien. Ek was pure selfsugtig.
Die lewenswiel draai op sy eie, het niemand se aanmoediging nodig nie.
Mense wat dit erger het is baie braaf, die wat Kilimanjaro klim ens. Ek laaik sulke ouens, niemand wat hulle menswaardigheid weg vat nie.Dit is 'n les vir ons almal.
Ek is so jammer oor jou skoonsus, aan die een kant sonder dat sy dit dalk agter kom sterk die ou aan in sy abuse sy gee hom te veel rope. Ek dink dis ook maar 'n rat waarin vrouens verval, dis hoe hulle nou maar aanvaar hoe dit is. Jislaaikie 'n ou vat my net een keer vir 'n ride ou maat dan moet hy maar gou in die sunset verdwyn en moenie dat die deur jou agter teen die kop klap nie. Vat jou pie en waai boetie en gaan speel op 'n ander plek jy mors my tyd!
Sorri ek raak sommer bedonderd as ek hoor hoe f@kd up mans is, om te dink vrouens gee geboorte aan die goed. (Sorri weer julle).
Nou ja ek moet gaan kos reel hier ek is 'n moerpot mens als wat ek aan dink moer ek in die pot.
Ek lief kos maak dis baie terapeuties vir my.
Blommie ek bly op die rand en ek het 'n bou kunstruksie besigheid, is die all rounder soos hulle se in die kantoor en ek supervise die bou sites maw ek is projeks bestuurder, werk die kliente se budget uit kry die planne in orde sorg vir die regte materiaal betyds en ek werk met al die ingeeurs en inspekteers om al die nodige goedkeurings te kry en my mense bou en ek moet sorg dat alles finansieel regloop my liefde behartig die tegniese kant ons het verskillende departemente soos maintenance, renovations, shopfitting ens wat nou kleiner is as wat ek doen hulle doen vir my die basics, jy sal nie glo hoe veel mense daar eintlik is wat nie hulle eie gloeilampe kan change nie ons moet dit gaan doen, nie ou mense nie vriendin allerhande mense. Ons moes al iemand se gordyn reel gaan ophang het wat afgeval het. Ek is tans besig om twee ander besighede ook op die been te probeer kry sal meer vertel later van tyd.
Sonneblom dis nou op jou gat sit en niks doen as jy nie eers bg self kan doen nie hoor!
Nou ja, ek praat weer te veel my brein werk maar so bietjie te vinnig somtyds.
Julle moet lekker kossies maak en lekker doedies.
Ek voel die koue byt byt hier weer soos laas week.
Warm groete vir almal
Gypsyjo
XXXXXXX
Hi weer julle,
Blommie, ek gaan nou kyk op egafrikaans. Gypsyjo, ek weet waarvan jy praat met die gloeilampe ruil. Ons moes dit ook al gaan doen het. Ek het die gesegde "wees dankbaar vir ryk mense, hulle sit die pap op die tafel" Dis hulle wat niks vir hulself kan doen nie. Is seker maar hoe mens is as jy genoeg geld het om dit te laat doen.
My man moes moes al 'n vrou se kot gaan opslaan. En iemand se bediende se TV gaan instel. Is snaakse besigheid waarin ons is. Maar dit maak dit pret.
Ek het jou verloor met jou stelling hier -"Sonneblom dis nou op jou gat sit en niks doen as jy nie eers bg self kan doen nie hoor!" Verduidelik mooi seblief. Dink vandag is my blonde dag...
Lekker doeks almal
Liefde groete
Sonneblom
Gypsyjo,
Bly op die rand??
Watter dorp?
blommie
Hi Sonneblom
Jammer jong : Dis nou op jou gat sit en niks doen as jy nie eers self bogenoemde kan doen nie ....het bedoel hulle wat nie eers eie globes kan gaan koop en ruil die rykes wat niks vir hulle self kan doen nie op hulle gatte sit en dink als kom op ;n skinkbord aangedra, maar eendag as hulle sieklik raak dan is dit hulle wat dink die wereld skuld hulle iets, ek droom om my eie 4 x 4 te vat en in die modder te gaan speel, rykes het 3 van die goed en LAAT dit met modder bespuit sodat dit lyk of hulle iewers heen was. Ons het 'n klient nou wat hoeveel bediendes het plus 'n wit nanny vir die kids. Sy moet alles vir hulle doen behalwe die vuil werk soos klerewas en kook, dis musiek lesse toe, kuns klasse toe spraak lesse om suiwerer engels te kan praat ens. Die pa is redelik down to earth maar die vrou het 'n regte my gat stink nie houding en moenie met jou safety boots op my nuwe vloere loop nie, my fok!DUH! Ek werk "saam" my mense en dis seker benede haar. Wil op haar gat sit en niks doen nie julle wil nie daardie huis sien nie, groot geld groet jou sommer voor by die hekke. Plek vir 12 karre in die garage.
Ja die rykes sit VAN die pap op die tafel, dis die gewone outjie wat nie vol sights is wat jou betaal wat jou werk werd is, is beleefd en nooi jou in vir 'n koppie koffie as dit so koud is en vra hoe dit gaan of hulle kan help ens, die rykes betaal met lang gesigte en het nie 'n saak met jou nie. Het so 'n rukkie terug vir die nuwe mall in Edenvale (daai grootte) "slabs" gegooi en dit was toe nog snot warm, vra een van die ingeneurs vir 'n glas water, die eienaar kak die meit uit en se vir hom dat ons is nie daar om water te suip nie ons word betaal om te werk, moet by die Pick 'n Pay gaan water koop as ons dors is. Het daaroor vir hom gese om die shopfitting in een van sy winkels in sy gat te druk. Ek behandel nie ander so nie ek gaan nie toelaat dat ander my en my mense so behandel nie.
Het my so ewe daarna gebel om boggerops te kom reg maak van die ou wat dit toe gedoen het, maar nou ja, hy moet maar iemand anders kry ek stel nie belang in iemand wat dink sy poepol is met goud geline nie. Darem kry ek 1 uit 'n miljoen kliente wat so is. Verder geniet ek my werk baie.
Nogsteeds wil ek nie vir 'n baas werk nie. Soos jy se dis pret. Elke dag is iets anders en dit hou my aan die gang.
Nou ja julletjies
Vrydag = nag hier.
Sal later weer inloer.
Geniet julle daggie
Liefies
Gypsyjo
More almal
Hoekom almal so stil?
Het ongelukkig niks goed om te se vandag nie. Gister oggend (maandag)met opstaan sal 'n grusame toneel ons groet buitekant 5 uur die oggend. My hek staan wawyd oop my bakkie is gesteel en my ou grote le leweloos op die grasperk. Die eerste ding wat ek se is waar is my babatjie! Ons het een van my huskies omstreeks half 2 in die nag voorentoe laat gaan om by die ou grote te slaap want die ander twee huskies die reun en die teef is besig om babies te maak dan baklei die twee reuns, dog toe wel laat die tweetjies eers klaar maak dan kan hy terug. Het ou grote by my kamer venster koebaai gese en hom soos altyd oor die oor-grote ore en kop gevryf en gevra hy moet ons mooi oppas en het toe in die bed gaan klim.
Laat solank die polisie weet en soektog na die husky begin want ek het toe gedink hulle het hom saam gevat. Ry tot in Vosloorus se wereld op soek na my bakkie en my husky. Niks. Ek besluit toe om in die veld agter ons te gaan soek, as hy ook gif in gekry het sal hy daar iewers wees. Ek kry hom toe heel agter in ons erf waar ons 'n groot kompos hoop het maar hy het heel aan die agter kant gaan le daarom het ek hom nie vroeer gesien nie.
Ek het altwee die outjies van 'n maand oud groot gemaak soos kinders het hulle saam gekry 4 jaar terug ek het absoluut gevrek oor hulle, die husky was die tipe wat kon "praat", het 'n fantastiese persoonlikheid gehad. Kon nie vanoggend opstaan en als face nie want hy het elke oggend 'n snytjie brood gekry voor ek gery het anders wou hy saam. Geen een vir 'n broodjie vanoggend, alles doodstil en ek huil al 24 uur het nog nie eers hare gedoen nie en wil ook nie, die sms'e stroom in want almal weet hoe ek oor my diere gevoel het. Ek het cd's vol foto's van hulle.
Nou ja, wat gaan kom hiervan weet ek nie, ons vermoed dis 2 mense wat ons afgedank het omdat hulle gesteel het by 'n klient 'n maand terug, kan niks hier bewys dat dit hulle was nie. Koerant was hier en se dat hierdie tipe crime nie sommer in hierdie area gebeur nie ons moet maar investigate want dit lyk of ons geteiken is, toe die cops kom het een van hulle ook so gese. So ons sal maar sien wat gaan gebeur. Het vinger afdrukke en skoen spore se afdrukke geneem en klomp fotos geneem.
Bid vir my ek weet tyd genees dit voel net op hierdie oomblik dat daai tyd nooit gaan kom nie dit voel nog nie 'real' nie.
Ek het altyd gese die honde sal nie by ander mense kan bly nie want hulle sal nooit kan survive sonder my nie, nou is dit anders om.
Lekker dag vir almal
Lovies
Gyspsyjo
Gypsyjo,
Ek is so baie jammer om van jou verlies te hoor. Bakkie kan vervang word, maar diere is so spesiaal. Verstaan jy waarom ek die donners net wil skiet?
Het jy `n gun? My gun is my beste pel - soos my poepol, altyd by my! As ek ry is dit onder my been ingesit, anders is dit voor by my jeans ingedruk, nooit in my handsak nie. Ook nie in my kluis nie.
Ek sal enige moer deur die kar se deur skiet. As ek iewers stop is my gun tussen my bene. Ek is paranoies oor veilig dink, hoe anders? Aan my bed is `n velcrosak, waarin my gun is - tussen bed en bedkassie.
My logika is al wat saak maak vir my, en dit is: ek is ook `n target soos almal daar buite!! Ek klink seker erg regs en bedonnerd - inteendeel ek is nie een van die twee nie.
Hoe ek jou regtig kan troos vandag, gaan moeilik wees. Weet net: ek dink aan jou, en wees net oral veilig!
Liefde,
blommie
Sonneblommmmmm,
Hellooooooooo!
Waar is jy???
blommie
Hi, mense,
Jammer ek was lanklaas hier. Ook issues, maar Gypsyjo, niks soos joune nie vriendin. Eks baie jammer oor julle verlies jong. Dit maak mens so moerig. Hoekom moet hulle mens so skade aanrig? Hulle is klomp vuilgoed!!!
Ek hoop hulle word gevang, maar my ondervinding is die kanse maar min. Sterkte jong. Die ander 2 honde darem okay? Sjoe, wat 'n skok so vroeg in die oggend.......
Dit reen katte en honde hier. Ek wil gaan kyk waar is Tafelberg. Dink ek het in die Kaap wakker geword. Dis mos ongewoon om hier op die Rand so te reen in die winter. Maak my sommer luskry en gaan klim terug in die bed.
Ek sal vanaand weer kom inloer hier. Kan nie se lekker dag vir almal nie, maar ek hoop die dag is nie 'n gagga dag vir julle nie.
Liefde groete
Sonneblom
Post a Comment