
Hi julle,
Rowwe week die gewees. Ek hoop rerig die naweek is kalmer.
Vandag uitgevind die blerrie bank het ons 'n verkeerde rekening nommer vir ons besigheid gegee. Nou was dit omtrent 'n gespartel om al die kliente in die hande te kry om hulle te keer om geld in te betaal. Darem het ons dit betyds opgetel. Een klient klaar geld in die verkeerde rekening inbetaal vanoggend. Die bank se hulle sal dit oorplaas. Hoop net die wat ek nie in die hande kon kry nie sal my bel voor hulle inbetaal. As hulle nie alreeds betaal het nie. Is nogals 'n swart verf maatskappy se rekening. Ek twyfel of hulle die geld sal terug betaal. Wel, as dit die geval is gaan ek die bank verantwoordelik hou. Ek moes afvat by die werk om die gemors te kom uitsorteer.
Soos ek genoem het, ek het issues. Koppie raas erg. Eks nou net gatvol. Werk by 'n plek waar sommige mense met moord wegkom. En ek is nie meer lus nie. Eks moeg vir almal se negatiewe denkwyse. Ek is ook al net so negatief. Ek is mos die temp daar. So ek moet my bek hou. Vandag weer geval gehad waar die mense van 'n ander seksie alles probeer om my werk in die wiele te ry. Vir 9 maande al is die werk reg. Ek doen dit nog presies dieselfde. Nou skielik probeer hulle net moeilik wees. En ek raak mos lelik op die loop as dit kom by my werk. Ek baklei net so hard terug. Sover lyk dit my ek is aan die wen, maar sal maandag se week sien.
Dan moet ek nog sukkel met 'n bediende wat nie afrikaans of engels kan verstaan nie. Maak my so rasend. Was gister komberse - net om dit nog nat op die beddens terug te sit. My arme kind se my vanoggend hiervan. Sy het koud geslaap gisteraand, want sy het die komberse van haar bed afgehaal. Sal my ook nie kom se gisteraand dat ek haar kan help nie. Nou weet ek nie so mooi hoe om met die een te baklei nie, want ek slat oor afrikaans toe en dan dink sy seker ek komplimenteer haar.......
Wens ook net die winter wil skoert. Ek smag na bietjie sonskyn. Hoe lyk die weer by julle? Hier ry ons mos verby Soweto in die oggende. Die area is so van die rook. My oe traan en my neus loop teen die tyd dat ek by die werk kom. Vanaand as ek eers rukkie by die huis is, dan keer ek eers terug na normaal. Hulle brand net mooi enigiets. Volg maar die swart rook.....daar sal jy bande kry wat brand. Ek het dit probeer afneem met my selfoon, maar hy het ook geweier om af te neem.
Ek kom Dinsdagaand by die huis. My seun kom plak toe so ewe 2 klein baba kortbeen Jack Russeltjies op my skoot neer. My man het hulle gaan haal by sy pa. En ek is eerlik, ek sien nie kans vir klein hondjies nie. Dis nou weer pottie training. En dis winter..... Hy meen seker as ek nie nog 'n baba wil he nie sal hy sy eie babas huis toe bring....hehehe.
Gypsyjo, hoe gaan dit nou met jou? Het die polisie al iets uitgevind omtrent jou bakkie? Ek dink al die heel week aan jou. Julle moet seblief die "crime statistieke" vir my begin los. Van almal wat julle ken ook.
Nou ja, ek moet gou dorp toe vir papier. Het nog so bietjie (baie) werkies om te doen hier. Julle moet julle naweek geniet. Hopelik sal ek meer tyd he om te kom skryf die naweek.
Liefde Groete
Sonneblom
3 comments:
Sjoe vrou, maar jy klink omtrent upset!!
Nee wat, as 'n plek jou so negatief maak dan moet jy eerder pad vat. Mens spandeer die grootste gedeelte van jou dag by jou werk...dis net nie worth it om jou lewe so te versuur nie. Jy's mos slim en oulik met die brein en die bek, dink 'n ding en doen 'n ding!
Waar is julle almal?Ek gaan kyk elke dag by SSSB, maar loop nie een van julle daar raak nie. Ek los maybe so 1/2 X per week 'n comment, want dis net te vreemd met die spul nuwe mense daar. Boendoe het vanoggend 'n comment daar by my gelos.
Sonneblom, Blommie - gaan loer tog net 1X by sssb in dat daar weer ou asems kan wees - ek sweer, nie eens ou van Zyl is meer daar nie!! Dis die begin van die einde!!
Hi julle mensies,
Rowwe week! Jup, ek weerklank dit.
Sonneblom, dankie vir die mooi woorde. Daai werk van jou mors met jou. Jy sit so baie van jou siel daarin en kyk wat doen die donners. Vat die pad ou sus, laat hulle sonder jou lekker aan sukkel. Hulle het in elk geval nie die ruggraat om verantwoordelikheid te vat vir hulle eie fkkops soos dit vir my klink nie. En hulle sal jou maar altyd die skuld gee.
Ek het ook in die verlede ge-temp, jy sal maar altyd die bedreiging vir die wat die permanente pos het wees omrede jy so hard werk om 'n werk te kan he, en nou kom krap jy mos in hulle slaai om dit so te stel. Ek weet hoe dit voel, jy is ook al lank daar soos dit klink, so jy kan dalk die een wees wat soos hulle se "the one they love to hate" wees, jaloesie van hulle kant af. Jy is intelligent, en 'n pragtige mens, jy hoort nie daar nie, hulle maak jou net klaar. Dit kan ook nie vir jou man en kinders lekker wees om jou so te sien seer he en stres nie.
Dis alreeds erg om oggende te moet opstaan en voor te berei vir daai negatiwiteit. Jy kom sommer so daaraan ook. nee magtig, jou werk moet mos 'n plek wees waar jy jou ding kan doen, jy's die helfte van jou lewe daar, dit behoort soos 'n tweede familie te wees. Ek het eenkeer my geld opgedeel en WEGGEGEE so moerig was ek vir daai plek, dit was 'n Vrydag, en ek was woedend. Die Maandag ingestap en toe ek my baas daar sien sit, skryf ek sommer met die hand my bedanking uit en toe email ek die agentskap wat my geplaas het oor hoe swak die plek was waar hulle my geplaas het. Ek het nie geweet wat ek gaan doen nie. Ek het vir omtrent ook 9 maande daar gewerk. Hulle het my nog 'n jaar na ek weg was gebel om weer terug te kom, want die baas is so en die ander temp in my plek sukkel bla bla bla ek het geweier en ek kyk nie terug nie. Het gevoel dat hulle sal agterkom as ek weg is en dalk die situasie hersien vir die wat daar is.
Nee vrou, dink aan iets en gaan aan met jou lewe. Ek vra mooi.
Ek het laas week maar gesukkel jong. Was siek, het epilepsy aanval gekry so hard op my tande gebyt dat ek my tande agter mors af gebreek het. Nou sukkel ek om te kou, sien eers einde van die maand die tandaarts. Dit was tussen Maandagaand en Dinsdag oggend na hulle by ons ingebreek het. Die skok met my diere was te veel en seker die woede vir die RDP's wat my bakkie gesteel het. Die f%^kers. Ek het so baie werk ek weet nie hoe ek als gedoen aan kry nie. Met hulp van Bo is al genade. Die mkpy het nog ;n voertuig gekoop 'n maand terug en toe kanselleer ek my bakkie se versekering om altwee by 'n ander plek te verseker. Sou einde van die maand die vorms in gegee het. Nou moet ek vir 'n bakkie betaal wat 'n f*&ken moer by my gevat het. Ek het so baie blomme en sms'e gekry van kliente dit het my laat besef dat ons iets kan doen omtrent hierdie crime. Ons moet aan iets dink en iets doen julle regtig. Ek kry 'n brief van die polisie dat ek my dogter moet inlig oor mans wat haar ouderdom teiken om op te lei as prostitute vir die 2010. Vrydag wou hulle haar skool afbrand. Hulle kry nie rapporte einde van die kwartaal nie want die onderrig proses in ontwrig, die punte sal oorgedra word na volgende kwartaal en dan sal hulle eksamens skryf ens. Waar gaan my 10 000 skoolfondse heen. Toe ek voorstel dat hulle my kantore kan gebruik om die outjies te leer of te laat skryf toe is ek mos mal. Almal kla maar as jy uitkom met 'n voorstel dan kak hulle in hulle broeke, want dan moet hulle iets doen. Vandag is helfte werkers nie hier nie die taxis strike ook nou. Maar ek moet hulle betaal vir vandag? Al my kliente bel my sites staan almal stil. As ek nie my program volg en maak nie betyds klaar nie betaal ek penalties. Een site alleen is 25 000 per dag wat ek betaal as ek oor my bou tyd gaan. Elke dag kos klomp geld, en dan my naam ook. Ons moet iets doen julle!
Nou ja ek dink ek het laas genoem ek is besig om nog 'n besigheid op die been te bring. Sodra ek reg is sal ek vir julle die website adres gee. Dit gaan interresant wees.
Hou duim vas, ek handig my tesis in oor strategie en analiese oor die ekonomie in die publieke sektor. Dit sal punte bymekaar kry vir my eind eksamen oor 18 maande.
Moet bietjie Brag.... my meisiekind is 1 uit 60 wat vir 'n akademiese program gekies is vir winter skool, ingeneurswese. Sy is sowaar die lig van my lewe.
Sy kyk so mooi na my en doen meer vir my as wat ek rerig besef en dan leer sy so hard ook. Dit het ek ook nie besef nie.
So, ek het baie baie baie om voor dankbaar te wees, en ek is. Na die donker kom die lig ne. Ek is steeds hartseer oor my diere, die husky was die mooiste van hulle almal ek probeer fotos opsit hier maar sukkel, maar hy was maar my gunsteling en ek het gevrek oor hom. Is maar nog huilerig as ek dink aan hom en my ou grootte wat so moes suffer met daai gif in hulle! Maar God is nie blind nie en God bly ook nie stil nie. Die wiel draai mos.
Antjie, ek kuier glad nie op SSSB, ek vind dit net irriterend. Ek het vir 'n lang tyd gelees daar voor ek begin blog het daar maar het net so vinnig opgehou, mense daar hou hulle op met tjol. Dalk bring die nuwe mense 'n nuwe asem in daar, Van Zyl was te erg. Om deur al daai goed te lees was boring. Ek vrees God, en bevraagteken nie my of Sy bestaan nie. Ek voel persoonlik jy maak 'n bespotting van jouself om so aan te gaan. Mense met hangups moet hulleself uitsorteer, dis nie God se skuld nie. Die 'godsdiens hype' was oordrewe. Ek het altyd gewonder wat gaan hulle se as daar eendag 'n persoon opkom wat se hy glo nie nou weer in God nie, hy is 'n Satanis of iets en alles daaroor uitmekaar uit verbank ruk en probeer verduidelik het.
Nou ja, julletjies,
Werk roep, dankie vir die ondersteuning, die nonsens is lank nie verby maar ek moet aangaan en nie net aan myself dink nie. Almal hier is hartseer. Ons slaap almal snags net baie sleg. Moet net meer vertroue he ne. Skaam my!
Liefde en groete vir almal
***SonneBOM doen iets omtrent daai skermunkels! Jy verdien beter as dit!
Luvies
Gypsyjo
Oja, van wannir af se crime statistieke soek jy - van ons RDP's met hulle kak begin het?
Gyps
Post a Comment