Wednesday, 27 June 2007

Lekker sneeu dit toe......


Hi almal

Ekskuus ek post nou eers. Ek het net nie die moed en krag om my vingers op die keyboard te sit nie. Te bang vir wat gaan uitkom.

Jip, die wereld het mooi gelyk vanoggend. Dit het so half tien gisteraand hier begin kapok en teen half 11 was dit regte egte sneeu. Wens net dit het oordentlik gesneeu. Die kids wil so graag in die sneeu speel. Ek in teendeel hou niks van koue nie. Raak mos depresief in die winter.

Het vandag Edenvale toe gery, en JHB het baie meer sneeu gekry as hier by ons. Plek plek het dit amper sprokiesagtig gelyk. Die mooiste wat ek gesien het was sneeu op grasdakke. My laat verlang na Heidi van die berge...hehehe

Ek wou al vir julle kom vertel van die meisie wat swanger was by die werk - die indier girl. Sy is toe uiteindelik gedoen. Kon toe nie normaal geboorte gee nie en 2 dae later het hulle haar eers 'n keiser gegee. Die baba het 'n tamaie 4.3 kg geweeg! Die arme vrou kon nie bad nie. Sy se Baragwanath se badkamers was so van die bloed dat sy dit nie wou waag nie. Die verpleegsters het ook nie eers die kind gebad nie, net afgevee en dis dit. Baba het probleempie gehad om asem te haal en moes vir 2 dae in ICU le. Op aanvraag na haar baba het helfde van die staff nie eers geweet waar is haar kind nie. Maar alles vorder glo goed met hulle.

Die koue wolke trek weer met 'n spoed saam hier. Wonder of ons nog "mooi" koue gaan sien more oggend. Sal maar moet wag en kyk ne.

Julle moet jul aand geniet. En slaap warm. Ek voel jammer vir die mense wat in die oopte moet slaap.......

Liefde groete

Sonneblom

3 comments:

Anonymous said...

More julle almal

Hi Sonnie goed om te hoor als is ok daar by jou.

Jiggie, dis koud. Hier het dit gister maklik tussen 10mm of meer gesneeu. Vanoggend le dit nog steeds dik agter by die swembad en om die bome en graswalletjies waar daar nie veel sonlig is nie. Maar die wind is nog sterk aan die gang.

Die winter maak my net so depressief en sommer vrek moody en mislik.

Hoop die meisie met die baba is oukei. Dit wys weereens in watse toestand als is in hierdie land en so ook die mentaliteit van die mense wat daar werk. Mense soos ek en jy sou nou bv uit die goedheid van ons harte die vrou probeer gemaklik maak en bietjie higieene vir die baba se onthalwe toepas maar "that was then, this is now". Ek weet van iemand wat destyds in 'n hospitaal was en moes sy eie duvet en kussing, beker tee suiker melk en toilet papier ens.saam vat. My fok 'n hospitaal is mos nie ;n vakansie oord nie. Ons betaal ons donnerse belasting daarvoor.

Hoe vorder jy met jou crime statistieke? Ek dink sulke gevalle soos die meisie by jou werk val onder dit, alles wat al jou menslike regte benadeel val onder crime. Jy sal sien wat gebeur as een van daai wat daar werk se ma pa of kind daar beland onder sulke omstandighede.

Jammer ek raak nou polities, ek is vandag maar in so 'n oorlogsbui. Moeg vir sommer fokken almal en al hulle kak ... bui. Is in gatvol mode want ek soek vandag fokken antwoorde het nou lank genoeg gewag en gat gelek of moer vandag nog sommer uit my lewe... moenie dat ek jou ophou in die fokkof proses nie ... bui. So, as ek so voel dan moet ek eerder 'n baie dik laag 'duck tape' om my mond plak.

En dis wat ek nou gaan doen - stilbly.

Hoop julle het almal 'n fab daggie.
Sal weer inloer

Baie liefdetjies
Gypsyjo
xxx

Anonymous said...

Hi Sonnie,

Shame, dis erg van die arme vrou en baba. My kleinsus het gister laat weet dat sy swanger is. Ek kan nog nie ophou smile daaroor nie, maar dankie Vader sy het 'n goeie mediese fonds!

Lekker naweek,
Lovies
Dellie

Anonymous said...

Hello almal

'n Goeie medies klink amper of dit 'n noodbelangrike ding in vandag se wereld - veral in die land van ons - moet wees. Ek dink aan Engeland waar alle medies en hospitale so te se verniet is, en die diens soos ek verstaan is superb. Kan maar net droom daarvan hier.

Gyps, moenie worry nie...ek mos gese ek wil nie tik nie...bang vir wat sal uitkom....oor ek ook in so "mood" is, as mens dit so kan noem. Issues jy weet, maar ek sal julle nie verveel met dit nie. Sterkte vir jou.

Is lekker vroeg by die huis vandag. Gaan my koffietjies drink en dan op my bed omval.

Sal later weer kom inloer hier.

Liefde groete

sonneblom

Terug flitse

This day in History