Saturday, 07 July 2007

07-07-07


More almal, Hoop dit gaan goed met almal. Ek wil die dag opdra aan my broer. Hy was gebore op die 7de van die 7de 1970. Hy sou vandag 37 jaar oud gewees het. Op die jonge oudedom van 25 is hy grusaam doodgery deur 'n man wat seker vandag gelukkig saam sy gesin deurbring. Hy weet nie eers dis my boetie se verjaarsdag vandag nie. Nog minder besef hy watse hartseer het hy agter gelos nie.

Soos mens iemand se verjaarsdag moet vier is die dag vir ons altyd 'n hartseer herinnering. Veral vir my ouers. My broer was hulle enigste seun. Nooit getroud nie en geen kleinkinders nagelaat nie. Dit het van goeie sterk mense, siek moedelose wesens gemaak.


Boet, ek weet nie waar jy is nie, maar ek sou graag jou vandag 'n stywe drukkie wou gee, en jou geluk wou wens met jou verjaarsdag.... Ek sou graag saam jou vrou en kinders vir jou 'n partytjie hou. Maar dit kan nie gebeur nie. En dis hartseer. Ons is almal lief vir jou. Lekker verjaar in die Hemel. Liefde, jou ousus......


Is skoonma se verjaarsdag ook vandag. Gaan maar ontbyt eet saam haar en die skoonsussies vanoggend. Daarna gaan ek deur na my ma toe. Sal nog sien wat die dag inhou.


Julle moet 'n lieflike dag he.

Liefde groete


Sonneblom

6 comments:

antjiesomers said...

Hi Sonneblom,

my hart seer vir jou. Ek en jou broer is in dieselfde jaar gebore - 1970. Ek glo hy is tevrede en gelukkig waar hy nou is soos jy ook seker glo.
Maar jy's reg, dis is absoluut onnodig en ek het nog al3 my broers en my 2 susters so ek kan slegs dink, maar nie ervaar nie, hoe jy moet voel. Sterkte en ek sal sommer nou dadelik 'n koppie koffie op jou gaan drink hoor?

Baie liefde en Mooi dag vir jou
XXXXXX

Anonymous said...

Hi Antjie,

Dankie jong. Ek kom nou van my moeder af. Kan sien daar het al baie trane geloop vanoggend. Dink sy waardeer dat ek so bietjie daar was vandag. Moes ook maar sluk om nie die situasie te vererger nie.

Ontbyt saam skoonma was lekker. Daar het ook paar trane geval. Maar ons het dit darem in die riem gestop. Ek is nou al moeg rondgerits. Tyd vir lekker koppie koffie en bietjie ontspan.

Lekker daggie verder

Groetetjies

Sonneblom

Anonymous said...

Hi Sonneblom,

Glo my, dit was vir my seer om te lees hoe jy jou broer verloor het.

My dogter is weer 7/01/1970 gebore. Ek was net 17jr oud toe sy gebore is - fokken sogenaamde moet troue!! Ek is nou 54jr. En... soos julle weet is ek met die grootste doos in SA getroud.

Ek was `n baie jong mamma gewees, en moes vinnig leer wat die woord verantwoordelikheid beteken. Al wat mooi is uit die kak huwelik, is die twee wonderlike kinders van my. Ek dink elke ouer behoort so oor hul kinders te voel.

Sonnie, ek hoop jou dag het toe darem goed afgeloop.


Liefde

blommie

Anonymous said...

Hi almal,

Ag Sonnie my hart so seer vir jou toe ek lees oor jou broer. Het my baba seuntjie vir liewe Jesus gegee en ook my man ' paar maande later. Elke jaar is die herdenkings dae maar swaar. Ek glo en vertrou dat hulle oukei is waar hulle nou is, en dis al vertroosting wat daar vir my is. Hulle is ook langs mekaar begrawe.

Verder hoop ek julle het 'n lekker naweek gehad.

Nou ja, het nog 'n week se swot oor dan is dit sulke tyd om myself te bewys. Moet hierdie week als gee wat ek het so tussen in die kliente en al hulle se dramas.

Geniet julle dag, sal weer inloer.

Baie liefdetjies
^.^
=
Gypsyjo
xxxxx

Anonymous said...

Hallo ou Sonnie,

Jy't my skoon hartseer oor jou boet. Was die naweek weg, en het nou eers voor die laptop ingeskuif. Ek het ook twee van my vyf broers verloor, en ja, ek sien hoe dit van my stoere boeretannie-ma 'n hartseer, bewerige tannie gemaak het. Gee jou ma maar 'n ekstra druk van my af! (En een vir jou ook, gypsyjo!) XX

Anonymous said...

Hallo Sonneblom!

Hoe voel die neus en die gemoedstoestand?

Kan ek vandag jou blog gebruik om vandag aan MY boet te dink? Vandag 7 jaar gelede doodgeskiet. Ongetroud, geen kind of kraai. Daarom het ek my laat (met die emphasis op laat!)laatlammetjie na hom vernoem. Maltrap, bulderende stem, reuse man.

En half na aanleiding van Deffie se blog, wonder ek ook. Ons was ses kinders, 2 "batches" van 3. Albei broers wat oorlede is, was die middelste kind van 'n "batch". Van al my ma se kinders, was hulle die enigste twee wat nooit gerook het nie. Albei is in September gebore, en albei is in Julie oorlede. Weird, he!?

Nie depressed nie, hoor! Ek dink hulle hou mekaar vandag company! En wat 'n paartie is dit nie daarbo nie!

Terug flitse

This day in History