Tuesday, 10 July 2007

Boeties, seuns en karre manewales


Hi almal,

Lyk my dis die week van hulde bring aan ons oorlede boeties. Wel, Ek hoop hulle hou mekaar lekker company daar bo iewers. Mag hulle vreugde bring aan al die engele.

Ek wonder partykeer hoe sou dit wees as my boet kids gehad het. Ek dink ouma en oupa sou die arme ma mal gemaak het.

Is by die huis vandag weens die stakings. Kon nie naby die werk kom vanoggend nie. Is so gaaf van hulle om te strike. Lekker ou af daggie, en hoef nie eers verlof in te sit nie. Vanoggend vroeg deur die polisie verbied om in Lenasia in te gaan. Die Ambulans het die kliniek se personeel kom haal op die hoek. Dis al wie mag ingegaan het.

Met my gemoedstoestand gaan dit maar wipplank. Voel eendag goed en dan lapse ek weer, maar dit gaan stuks beter darem al. Maar dit het baie te doen met ander goete ook. Storie vir later.

My seun wat toegelaat was vir die eerste keer om sy pa se bakkie te bestuur Saterdag gooi toe so hit te te amper die ding om en van 'n brug af. Daar het 'n hengse olie spillage op die pad gele, en toe manlief vir hom se pasop net dis glad, trap die laaitie die remme en siedaar, gly en swaai die hele pad vol en amperkies was dit koebaai meraai. Gelukkig het my man gevorderde bestuurskursusse gedoen en gryp toe die stuurviel uit die kind se hande en sodoende red hy toe die situasie. Ek bel so ewe net na dit gebeur het, en vra of hy sal stop vir melk. "Nee, ek loop liewer as ek nou by die huis kom" Die arme kind sy wind (of iets anders) koud geskrik. Maar so leer hulle maar.

Soos die keer wat ek baie vinnig van een dorp na ander wou jaag. Met manlief (gelukkig) in die kar. Ry daar 'n haarmansdrip voor in die regterkantste baan, en nog een in die linker baan. Ek sien toe as ek lings gaan en dan regs sal ek verby hulle kom. Maar die drol in die regter baan besluit toe mos hy begin vinniger ry net toe ek langs hom inkom.

Manlief se toe vir my ek sal dit nie maak nie, en ek stry. Kan mos sien ek sal dit maak. En so hou dit aan. Toe ek naby die kar aan die linkerkant kom, se hy toe "jy sal dit maak", en net daar verloor ek vertroue in myself en verander van plan - "ek sal dit nie maak nie!!" skreeu ek, en die volgende oomblik swaai ek die stuurwiel, en die kar begin tol. Ek kan net onthou hy het die stuurwiel uit my hande geruk en met sy kennis en Genade van Bo het ons darem nie die kar gerol nie. Maar dit was damn naby. Ek onthou net hoe lyk dit as die bossies dwars voor jou verby skiet.

Tot stilstand gekom spring hy uit die kar ek pluk my deur oop, gryp my om die nek en begin onophoudend lag en lag. Ek dink hy was maar te bly hy leef nog..hehehe

Gyps, sterkte met jou leer. Hou al my duime en tone vas girl.

Julle moet lekker week vorentoe he. Mag julle almal geseend wees.

Be good - or be good at it :-)

Liefde groete

Sonneblom

3 comments:

Anonymous said...

Hi,

Die klomp wat staak, het meer moed as ek. Ja wel, minder pay is nie eers vir hulle `n pyn nie.

Sonnie hoe oud was jou broer toe hy gesterf het? Ek wil nie eers daaraan dink wat julle in die lewe verloor het nie. Ouma en oupa wat nie eers kleinkinders van hom het nie, dis so baie, baie sad.

Sonnie, geukkig dat jou man by jou seun was, toe hy bestuur het.

Gyps, sterkte met die leerdery.

Liefde

blommie

Anonymous said...

Hi Blommie en ander,

Blom, my broer was maar 'n jeugdige ouderdom van 25. 'n mooi seun gewees. Sou nogals mooi kids kon he. Was ook die enigste seun. Ons was 3 kinders en hy was ook die middelste kind. Ek is die oudste. Ek sien hom nounog in sy weermag uniform. Ai, alles verniet ne.....

Geniet julle dag mense. Hoop hulle strike weer...hehehe...dink nie ons kan so gelukkig wees 2 keer na mekaar nie ne?....

Liefde groete

Sonneblom

Anonymous said...

Hey Sonnie!

Hoe gaan dit nou? Met die neus en so aan?

Hoop julle het almal 'n fantasmagoriese Vrydag en naweek!

XX

Terug flitse

This day in History