Friday, 17 August 2007

19


Vandag is my oudste kind 19. 'n Groot man al. My hart se punt. Hy is 'n Leo van volle formaat.

Negentien jaar gelede het ek in sy gesiggie vasgekyk, en gewonder hoe is dit moontlik om so iets moois en perfek die wereld in te bring. Hy het vir my die mooiste mondjie gehad. En die pragtigste blou oë. Sterk 3.9kg seun. Skielik het my lewe verander. Skielik was ek nie meer dieselfde jong meisie nie. Skielik het ek groot geword. Ek was onmiddelik verlief. Niks en niemand anders het meer saak gemaak nie.

Verlede jaar met sy verjaarsdag, het hy bemoerd terug gekom van die werk af, en sommer bedank. Ons wou hom vir die eerste keer Monti Casino toe vat, hy was mos nou oud genoeg. Maar hy het in sy bed gaan klim en wou met niemand praat nie. Ek het soveel trane gehuil daar aand. Hom gesmeek, gesoebat, gedreig, maar niks het gehelp nie. Die kind was in sy eie wêreld en wou nie uitkom nie. 2 Weke later het hy vir die eerste keer eers daaroor gepraat.

My kind - my hart se punt, jy het die lig in my lewe begin. Jy het my laat sien wat is liefde. Ek onthou nog "stadig stadig oor die klippetjies" wat ouma jou geleer sing het. En die arme gans kuikens wat jy op 2 jarige ouderdom in die oond gesit het, want hulle het koud gekry. Ek onthou hoe jy met alle geweld op 4 met jou baba sussie wou trou, want niemand anders mag nie. Ek onthou toe die weerlig jou raak geklits het toe jy in st 4 was. Ek onthou toe jy in die hospitaal beland het met breinvlies ontsteking. Ek onthou hoe stunning het jy gelyk jou eerste dag op hoërskool. Ek onthou jou eerste dag toe jy so bietjie te veel gedrink het. Hoe ek jou gedreig het met swart koffie en woestersous...hehehe.

Vandag is jy 19. Ek wens vir jou alles wat mooi en lieflik is in die lewe. Ek hoop as jy jou lewensmaat ontmoet eendag, sal sy vir jou net so lief wees soos ek. En jy vir haar. Ek hoop jou kinders eendag sal vir jou net soveel genot wees soos jy vir my is. Gaan die lewe in met moed, trots, en oop oë. Goed het ek jou grootgemaak. Alle goeie waardes het ek jou geleer. Gebruik dit en maak van die lewe een groot sukses. Vat elke terugslag as 'n les, en leer daaruit. Moet nooit dat iets jou onderkry nie.

Ek hoop jy geniet jou parytjie vanaand, alhoewel jy klaar teen die idee begin skop het. Ons doen dit omdat ons baie lief is vir jou. Jy moet lekker verjaar vandag seun. En onthou - jy IS my hart se punt. My liefling kind.

Ma

15 comments:

Anonymous said...

Hi,

Sonnie, so mooi wat jy van jou seun se! Geluk met sy verjaardag.

Ek voel soos jy oor my kids -
37 en 34jr - my kinders, kleinkinders en skoonseun, vir almal baie lief.

Jy gaan die liefde in oormaat van jou seun terugkry, glo my!!
My seun is sover van my af, maar ons behou kontak, elke dag. Fotos van my kleinseun, elke naweek, so lekker!

Ek glo dat 'n mens nooit teveel liefde kan gee nie. Geniet die aand.

blommie

Anonymous said...

Hi Sonneblom,
Dit was 'n mooi possie! Baie geluk met 19 jare wat seker in 'n oogwink verby gevlieg het!

antjiesomers said...

Hi Son,

Baie geluk...jy het hom grootgekry met baie lag en trane. Dit was 'n pragtige post en ek dink jy het gese hoe ons almal voel oor ons seuns....hulle is darem maar 'n ma se hartpunt!

Dis nou bietjie mosterd na die maal, maar hoop hy het die partytjie geniet en dat hy alles waardeer wat jy vir hom doen :)

Gypsyjo said...

Hi Sonneblom

Jy beskryf presies wat in my hart is alhoewel ek net die 2 dogters het, is hulle my enigste ware liefdes in my lewe. Sal alles opoffer vir hulle.

Ja, ons maak hulle met baie lag en nog meer trane groot en hoop maar vir die beste ne.

Baie geluk!

Hoe gaan dit verder nog met jou? Dit lyk of jy baie besig is, jy's baie skaars deesdae.

Sterkte
Liefdegroete

Anonymous said...

Sonnie,

Waar is jy nou weer?
Hou nog party?

blommie

Dellie said...

Dit is pragtig, ek hoop die partytjie was lekker!

antjiesomers said...

Sjoe,
maar jy is stil! Soos die skim...dan sien ons jou, dan nie. Haal jy nog asem?

Anonymous said...

Hello julle,

Baie dankie vir al die gelukwense. Ek is jammer ek is so skaars. Is vrek besig, en dan kalf ons pc's so op 'n streep. Ek hardloop omtrent rond.

Ek is so agter met my werk. Vandag moet ek inspring en bietjie dinge hier regruk. Mense maak ook soos volstruise - bly doodstil en hoop ek vergeet van hulle sodat hulle nie hoef te betaal nie. Dis 'n aanhoudende ge"battle"

Die weer is darem beter die afgelope paar dae. Ek hoor die voël kom terug, en dis altyd vir my die lekkerste gevoel in die oggend.

Die partytjie was toe nou heel aangenaam. Ek het natuurlik alles oordoen, hier is nou nog koek in die yskas. Is al deurge eet.

Nou ja, ek moet weer aan die gang kom. Ek sal nuwe posting doen binne kort. Julle moet 'n heerlike dag he.

Liefde groete

Sonneblom

Anonymous said...

Hehehe ek lees nou eers hoe klink my posting. Ek wou se dat die voëls begin terugkom. En die gefluit van hulle is vir my mooi.....dit klink nie so goed wat ek eers ingetik het nie...lag te lekker....

Sonneblom

Anonymous said...

O flip!!! my tik vermoë is up to....tsk...

Gypsyjo said...

Hi Sonneblom

Aaa, die wag vir betaling. Welkom! Dis iets wat 'n mens altyd mee gaan sukkel glo my.

Bly om te hoor die party was lekker.

Lekker dag!
x

Anonymous said...

Hi Sonneblom,
Ek rol nou soos ek lag! Ja, ek kan imagine dat die "voel wat terugkom, die lekkerste gevoel in die oggend is"! Hieehaaa!!
Ek sien jy't vanoggend die rondte van vader Cloete gedoen! Goed om te sien jy lewe darem nog!
Lekker naweek.

Anonymous said...

Sonnie,

Waar's jy?

Mooi dag vir jou.

Liefde

blommie

Gypsyjo said...

Hi Sonnie,
Bly om te sien jy loop weer bietjie rond. Hoe gaan dit nou met al jou boeke en goete?

Lekker naweek!
Gyps
xxx

antjiesomers said...

Gesonde ding daai voel so vroeg inni more, of is dit nou fool? Kan skielik nie meer onthou nie, hier was lanklaas 'n v/f/oel/ool vroegmore...meer as 'n maand laas...nou is ek sommer depressed!

Terug flitse

This day in History