Friday, 24 August 2007


Hi julle almal Week einde, amper maand einde, en amper die einde van my draadjie. As mens nou praat van in die diep kant in moer dan praat hulle nou van my. Dis papiere en stelsels, en kliente en fone. Dan is dit nog al die skreeu matches tussen ek en my man. Maar gister het ek darem uitgefigure hoe werk een van die spreadsheets op my boeke...was skoon in my noppies.

Nou moet ek net uitfigure hoe kan ek kliente se bene breek om my te betaal.
Is snaaks hoe vriendelik hulle is as hulle nie veilig voel nie, maar o donner, durf net waag om te bel vir geld, dan klim die drake uit hulle uit. Ek dink ek het nou genoeg gehad vir die week. Was al slag in trane vanoggend oor stres. So ek het nou besluit...dit was genoeg vir een week.

Ek het so bietjie gaan rondloop op julle blogs vanoggend. Ek voel al so skuldig dat ek nerens meer uitkom nie. Was nogals 'n lekker kuiertjie gewees. Van sterre en planete tot bou en breek.
Laat my dink aan al die bouwerk wat nog hier gedoen moet word. So ek sal julle vertel van my huisie.

2 Jaar gelede het ons saam skoonpa gebly op 'n plot. Hy in sy huis en ons in ons huis. Maar die man is soos Hitler se mentor. Hy sal hom paar dinge goed kon leer. M.A.W. ons lewe daar was hel. Die ouman het baie baie geld, so hy dink hy kan almal manipuleer. Maar sien, ek is van ander draadwerk aanmekaar gesit. Laat my nie omkoop of vertel wat ek moet doen nie. So dit was 2 jaar van kopstamp. My lappe gepak en besluit nou loop ek. Manlief het mooi gepraat, en ek het gese ek soek ander huis en klaar.


Een aand sit ek voor die rekenaar en manlief lees Bybel. "My Liefie" gil hy amper van verbaasheid, en met trane in sy oë. Hy het die Bybel oopgemaak en 1Ch17:7 tot 1Ch17:14 gelees. Nou ek hoef dit nie hier te tik nie, maar gaan lees gerus. Dit was die begin van ons vryheid, en die begin van 'n nuwe lewe kan mens maar se.


Nou - ek het al genoem dat ons al alles in die lewe verloor het. Nou moes ons weer probeer huis koop en nuwe begin maak. Soektog na huis begin. Salaris op daai stadium was maar skaars. Ons kwalifiseer maar vir min. Maar ek soek. Agente lag my uit, maar ek steur my min, want ons het mos ons boodskap en belofte gekry.


Een aand ry ons rond en gaan kyk prentjies by die agente. My man roep my en se " Liefie, kom kyk die vieslike plek" Ek het daai foto een kyk gegee en vir hom gese, met liefde kan dit 'n lekker plek wees. So gese, so gedaan, en die prys was toe reg.
So koop ons toe ons semi-huisies. Jip altwee. Die plekkie is 106 jaar oud. Beslis nie die mooiste plek in die land nie, maar uiteindelik was ek vry.

Sinkplaat mure en al. Toe begin die groot werk. Dis sinkplaat afruk, mure laat val en oorbou. Aanbou, en verbou. Deurbreek. Een groot 5 slaapkamer huis, met tv kamer, sitkamer, (altwee kompleet met antieke kagels) moewiese groot kombuis, (met my koolstoof in) 3 badkamers, eetkamer en kantoor.

Ons is nog ver van klaar af, maar die vreugde in my hart kan nie beskryf word nie.
En dan as jy iets klaar gedoen het, en jy staan terug en kyk, voel mens sommer lekker. Mense my al gevra hoekom ons die plek gekoop het. Antwoord is simpel - die huis is aan ons gegee deur God. En mens hoef nie in Sandton te bly om gelukkig te wees nie.

Manlief wou al paar keer die plek in die mark sit en in 'n "beter" woonbuurt gaan koop. Ek stel nie belang nie. Ek bly lekker.
Die beste deel van die hele afêre - dis my huis, en niemand kan hier kom skoor soek, of hulle lywe hier rondswaai nie. My hek is groot - hulle kan vinnig daar uitgesit word.

Nou ja, dit was nou eers genoeg. Hoop nie ek het julle te veel verveel nie...hehehe


Lekker dag en naweek vir almal wat hier kom lees.


Liefde groete


Sonneblom

3 comments:

Anonymous said...

Sonneblom,
Dit was nou 'n lekker storie. Jy kon maar aangehou het. Ek het dit baie geniet. Hoop jou naweek is prettig. (En jy het rerig 'n mooi boodskap met jou possie gehad - dankie)

XXX

Anonymous said...

Hi Boendoe,

Dankie man, Was vandag nie in lekker mood nie, sit sommer en tjank vir geen rede nie. Laat mens gewoonlik so bietjie dink.

Sit nou en wag my meisiekind huis toe kom. Is saam met die boyfriend(eerste keer in haar lewe) uit fliek toe. Saam die se ma. Klink my na een van daai mense wat like om te spog oor geld.....sal maar sien hoe dinge loop.

Die soort wat wildsplase ens koop jy weet?.... Maar dis hulle saak. Gaan my nie laat manipuleer deur hulle nie. Ek bly in my karige nederige huisie......

Genoeg van dit.

Hoop jou aand is net so lekker.

Groete

Sonneblom

Gypsyjo said...

HI Sonnie

Like jou look. Jou karige nederige huisie is joune vriendin, en jy's vry, dis wat tel. Skuld niemand niks, het niks om te verduidelik! Hierdie f&kkers wat dink hulle is beter as ander skuil tog maar net agter al hulle minderwaardigheids komplekse en issues.

Jy is wat jy is doen so voort.

Sterkte met die besigheid. Ek huil ook maar nog baie. Stres het maar daai effek op ons girls. Intense beplanning vir elke dag weke voor die tyd is al hoe ek cope.

Lekker naweek

Terug flitse

This day in History