Sunday, 05 August 2007


Opgestaan vanoggend, en skielik is dit weer winter. Al wat verwarmer is in die huis is aan. En ons moet buite gaan werkies vandag. Wonder so in my binneste of gaan dit gebeur. Raak te snoesig hier voor die rekenaars.

Soos ek al ge"hint" het, het my lewe weer van rigting verander Vrydag. Ek het toe mos nou Woensdag bedank, en is nou weer eens my eie baas. Kan nie se watse verligting is dit nie. Nou moet ons net hoop alles werk mooi uit.

Ek het nou maar eenmaal genoeg gehad van 'n gemisbruik deur klomp assholes. En die moods by daai kantoor is iets om oor te lag. Ewe skielik het die kat my daar ingedra. Die mensdom is darem maar snaaks. As iemand skielik hul eie vuil werk moet doen, dan is dit suurgatgeite van 'n ander aard.

En ek kan regtig se, ek gaan glad nie die 5 uur in die oggend opstaan mis nie. Nou kan ek betyds opstaan vir my dogter, op my tyd klaarmaak en dan my werkies hier in my eie kantoor doen. Ek kan nou weer myself word.

My dogter is natuurlik baie bly, want sy hoef nie meer huis toe te loop van die skool af nie. Ek dink van ons almal het sy die feit dat ek gewerk het die moeilikste aangetrek. Ma was nog haar hele skool loopbaan by die huis.

Ek het sommer gister my eerste brood as huisvrou weer gebak. En dit was baie geniet.

Nou ja, ek babbel te veel vandag. Hoop die inspanning was die moeite werd. Ek sal seker nou ook meer tyd kry vir blog. Sal draai maak by almal se blogs so deur die loop van die week.

Lekker Sondaggie vir almal.

Liefde Groete

Sonneblom

5 comments:

Anonymous said...

Hallo Sonneblom,
Jy klink sommer stukke beter. Happy. Ek is bly, want dit lyk of dit die regte besluit vir jou was. Geniet dit, hoor.
Liefde

Anonymous said...

Sonneblom jou blombom!

Dit was moeilik tye en die belangrike besluite, maar dis nou verby, en die wie nie waag nie,sal nie slaag nie.

Sien jy nou! The last chapter is complete, the end of the tunnel is as bright as the stars.

Baie trots op jou!!!

Al wat ek andersins kan se is dat dit als van nou af vir jou FAB! FAB! FAB! gaan wees.

Jy klink sommer stukke beter, en weer 'on top of the world'.

You go girl!

Weet net dat jy vanaand EERS lekker gaan slaap, jy 'drag' jouself nie more dou voor dag en nog voor dat jy daar aankom is jy alreeds in jou moer, na 'n hell hole waar jy NIE wou of dalk eers moes gewees het nie.

Jou familie is ook seker net so happy.

(Vat so!!! julle f@kken assholes, julle het daai een nie sien kom nie, van Gypsyjo!!!)

Geniet dit maatjie. Praat more weer.

Baie liefdetjies
Gyps
^..^
xxxxx

antjiesomers said...

Sonneblom,

ek hou al my duime en tone en als wat ek kan vir jou vas. Mag dit een reuse sukses wees. Onthou: 'The only limitations are the ones we put on ourselves'

Deurdruk, vasbyt en as jy voel dit raak te veel, dink aan dit waarvan jy ontsnap het - dit sal jou sommer vinnig die ekstra vasberadenheid gee om berge te versit :)

Dellie said...

Baie sterkte Sonneblom, ek dink jy het die regte ding gedoen. Nou gaan jy beslis weer mens word!

Anonymous said...

Hi daar Sonnie,

Hoe gan dit sover daar by julle? Het vanoggend baie aan jou gedink.

Ek is VERONDERSTEL om op verlof te wees, al wat ek van die verlof het is dat ek nie moet op-dress nie. Verder gaan die bestellings en goed nog aan en die MBA hou ons maatskappy se maandelikse vergardering vandag. Ek het drie weke terug vir die ou gese om te kom draai. Hy't vergeet. Oh well, ek moet dit doen het nie 'n keuse nie.

Anyway verder laat weet ons hoe dit met jou gaan.

Julle moet almal 'n lekker daggie he.

Liefdetjies
Gypsyjo
xxxxx

Terug flitse

This day in History