Wednesday, 25 July 2007

Hiers ek weer!!!!!


Hi almal,

Ja en toe verdwyn ek vir so rukkie van die horizon af. Internet capping is ‘n gagga. Sorry vir al die bekommernisse.

Manlief het toe uiteindelik sy eie PC gekoop, so nou het ek my PC vir myself. ‘n Nuwe addiction het my ook beetgepak. Internet gaming. Speel nou saam almal in die huis oorlog teen ander mense op die net. En nes die tieners en ander gamers, geniet ek dit toe nou vreeslik. Dis net so klein bietjie van ‘n duur stokperdjie, maar dis fun.

Na amper 2 weke se geweldige stress by die werk, gaan ek dalk bedank. Ek raak net al hoe meer ‘n mislike mens. En ek hou nie eers meer van myself nie, so ek weet nie hoe hou die ander om my dit uit met my saam nie. Ek het besef ek werk nerens heen nie. En dan wil die goed hier mens net misbruik.

Ek het gister vir my bestuurder vertel ek is nie ‘n prostituut nie – “I don’t work here to get screwed over” Ag maakies, ek is moeg gebaklei om my plekkie onder die son te hou. Ek het seker 40 nuwe plooie en 400 grys hare bygekry. Ek sal nerens in die maatskappy kom nie, want solank hulle mense op kontrak basis kan aanhou, hoef hulle nie te worry oor jou nie. So ek is moeg vir dit.

As dit die Here se wil is kan ek dalk werk kry by ‘n ander maatskappy. So nie, sal ek by die huis wees en aandag aan ons besigheid gee. Maar myself afsloof vir ‘n plek wie se mense niks voel vir die ander nie…..I don’t think so…..

Hier is iets waaroor ek wonder…..ons kinders.

Kinders mag nie werk as hulle onder 16 is nie – dis “child labour”

Kinders mag skool verlaat op 15 – so wat maak hulle vir die volgende jaar?

Kinders mag voorbehoed middels kry op 12 – wat is dan die ouderdom vir statutere verkragting?

Kinders mag trou op 18 sonder ouers se toestemming – volwasse – mag skuld maak ens, maar mag nie vuurwapens besit nie.

Kinders mag glo (weet nie of dit korrek is nie) stem op 16??

Ek wonder maar net – wat weet enige van die bogenoemde ouderdomsgroepe enigiets van volwasse lewe af om die tipe besluite te neem. Al hoe ek dit sien is dat ons kinders baie meer en makliker misbruik gaan word. En dis sad.

Haai, julle moet jul week verder geniet. Ek sal weer kom loer. Jammer julle moes so worry oor my…..

Gyps, hoe gaan dit met die toetse. Ek hou al my duime en tone vas.

Liefde Groete

Sonneblom

17 comments:

Anonymous said...

Hallo,

Nou kan jy darem weer chat, sonder dat iemand jou gaan pla.

As jy nie hoef te werk nie, hoekom werk jy dan nog?... veral as dit so kak is daar, vir jou!!

Ja, die land se wette gaan nog baie verander, met die ANC aan bewind! Die slegste is dat ons net die marionette van die regime is.

Mooi aand vir jou.

Liefde

blommie

Anonymous said...

Hi Blommie,

Jong ek het die gewete probleem. Voel te sleg om sommer te loop nadat ek gese het ek sal uithelp. Maar mens kan net soveel vat en my moermetertjie is lankal in die rooi. Die bliksems verwag ek moet werk doen vir ander firma, sonder enige ekstra geld. Nou kyk...ek is nie 18 en impulsief nie. My kennis gee ek nie verniet weg nie. So """screw them""" skies vir die afrikaans.....

Lekker aand jy ook dankie

Sonneblom

Anonymous said...

O ja....wou nog vir julle se wie is my oulike vriend op die prentjie. Dis my fav wizard Rincewind. Ek is mos mal oor fantasie. Is een van die karakters in Terry Pratchett se boeke. Lees gerus een van sy boeke. Julle sal wil aanhou en aanhou lees.

Lekker doedoes :)

Sonneblom

Dellie said...

Hi,

Bly jy is terug! Ja, daai internet gaming kan erg raak. My seun en sy pels neem so af en toe my sentrum oor en dan speel hulle heelnag. Ek speel soms saam, maar hulle is so goed dat my game nie lank hou nie!

Ek dink ook jy moet waai voor jy jouself siek maak daar. As jy op julle eie besigheid konsentreer, weet darem waarvoor al die harde werk is! Ek glo mens moet geniet wat jy doen, as jy enigsins 'n sê het daaroor.

Lekker dag, ek's veronderstel om te werk en hier is ek alweer op 'n blog!

Anonymous said...

Hi Dellie,

Ek my baas gebel vanoggend en 2 dae verlof ge eis. Moet eers die boeke en klomp snags hier uitsorteer. Hy is natuurlik nie baie happy nie, maar ek voel vir hom.

Ek moet myself net keer of ek is online met die games....lol Maar ek sal eers moet bietjie werk.

Ek kom nou terug van die bank af. Wat 'n nagmerrie. Staan uur en 'n half daar binne net om iets te teken en nuwe kaart te kry en 'n cheque klein te maak....en ek is 'n besigheids klient!!...

Nou gaan ek lekker koppie koffie drink en verder werk.

Lekker daggie

Sonneblom

Anonymous said...

Hi almal,

Sonneblom, ag vriendin, maak 'n plan en waai daar. Dis al lankal wat jy so spook met daai lot. En ja, as jy vir jou eie besigheid jou afsloof tiep jy die skaal mos in jou guns, nou doen jy dit vir 'n klomp d@se!!! Nee no ways, jy's nie 'n donnerse vloerlap nie. Dink jy dinge gaan ooit daar verbeter? Nee, maar dinge kan vir jou eie besigheid verbeter, en as jy kyk na ander werk en jy's happy daarmee doen so! Tyd staan vir niemand en wag nie vriendin.

Dankie vir al jou duime en tone. Dis rof maar als sover baie goed. My een Gantt chart het gesmudge moet dit als oor doen. My planne is okei en budgets en goed reg.

My analiese en strategiee vir ;n projek vir die publieke sektor wat ek moes ontwerp, die beplanning, die tekeninge self doen, my uitvoer metodes/idees en budgets ens. is nou die een wat ons almal maar voor duime moet vashou. Dis 'n moerse ding. Kyk na die program Mega Structures op dstv - dis in daai lyn. Dink dis op National Geographics.

Ek is so agter met my werk ek weet nie waar my kop of my gat is nie, wens ek kon foto van my kantoor hier wys, dit lyk of ek trek of getrek het. Kan nie se of dit lyk of ek in of uit pak nie. Hierdie naweek gaan daar ook nie tyd wees nie. Moet maar in die aande in die bed sit en werk opvang...?

Okei, ek het soos hulle se in Ingels "tested the waters", gaan kyk by gypsy-jo.blogspot.com. Het ge-try maar ai nie so maklik nie. Sal soos ek aangaan die blad meer opwindend maak met 'links' en goed het nie nou baie tyd nie. Sal die swart agtergrond ook dalkies moet verander.

Ek het daar gevra of ek julle 'blog links' daar kan heg, laat weet maar of dit okei is met julle. Jy weet nooit wie kom klop by jou aan nie.

Oukei ek moet gaan, sal weer inloer julle.

lekker daggie vir almal
Baie liefdetjies
Gypsyjo
xxxxx

Anonymous said...

Hi Sonneblom

Sorri man ek bedoel nie om jou so uit te kak nie. Jy verdien beter as dit is al wat ek wou se.

Los daai klomp om in hulle eie bubble te wees. Hulle versuur jou en krap jou gat en hulle mors jou waardevolle tyd!

Lekker daggie
Liefdetjies
Gypsyjo
xxxxx

Anonymous said...

Hi Gyps,

Nou is jy ook hooked...hehehe Geluk met jou blog. Sit my link met liefde op as jy wil.

Ek kry nie gepost op jou blog nie. Moet passwords en goete he, en ek het soveel kan die helfde nie onthou nie.

Ons sal lekker kuier daar. Dankie vir al die moed inpraat. Ek waardeer dit.

Liefde Groete

Sonneblom

Anonymous said...

Hi almal

Sonneblom hoe lykit daar by jou en die werkery ens? Okei ek het die comments ding op my blog verander jy kan nou click op "other" en so aan soos hier.

Antjie ek het jou blog gelees oor BEHEER, amen! My neuroloog beskryf my persoonlikheid as "Extreme Eccentric personality, who is controlling and too independant for your own good". Nou ja toe.Beheer se moses!

Sorry nou hi-jack ek jou blad hier Sonneblom. Ek "chill" vandag en blaai so deur al die plekke hier. Groot bek ek wil mos almal se blogs link by my - oopsie, weet nie hoe nie, kan jy my se?

Ek voel ek het 'n sterke nodig, blerrie wil verdien ook!!! Ek sal weer hier inloer.

Sterkte vir die koue hierdie naweek julletjies.

Lekker daggie verder!
Liefdetjies
Gypsyjo
xxxxx

Anonymous said...

Hi almal,

Gyps, eks 2 dae met verlof om my dinge met die besigheid uit te sorteer. Jy weet, boeke en invorderings ens. Was hel besig gister, en so bietjie gewerk vandag, maar ek moet se ek is lekker lui vandag.

Moet 3uur die boekhouer gaan sien. As sy my nie help om die gemors uit te sort nie, kan ek ma los...hehehe. Eks mos ma dom met boeke. Moet seker sometime leer ne.....

Hoop nie sy hou my te lank besig nie. Wil dalk 'n uiltjie kom knip voor die games weer begin vanaand.

Lekker dag verder vir almal.

Liefde groete

Sonneblom

Gypsyjo said...

Hi julletjies

Almal is so stil? Sonneblom hoe gaanit by die werk ens...het jy nou al besluit wat jy gaan doen?

Vandag af van my boeke maar moet try opvang met my werk. Het flippin tonne daarvan, het so uhm... bietjie agtergeraak. (Enige volunteers?) Gelukkig het ek nie 'n baas nie, ongelukkig maak ek dit vir myself moeilik en nie vir 'n baas nie. Maar nou ja, dis vir 'n goeie doel. Een van die dae betaal ek iemand om hierdie gagga werk te doen.

Sonneblom boeke is oukei ek is mal oor syfers, maar om my eie boeke te sit en doen is partykeer boring.

Dankie vir julle comments op my blog, ja, ja, ek sal meer tyd spandeer daar een van die dae belowe. Om te comment en om te content is twee verskillende dinge ne.

Anyway dit moet goed gaan julle, ek is poegaai, het heel nag gesit en design het 5 uur vanoggend eers gaan doeks en weer 6 uur opgestaan vir kids en half 7 weer gaan le vir 'n uur. Myself net meer deurmekaar gemaak, maar 'n halwe bottel whatever, 'n HELE uitveer en 'n pak papier later, lyk al my designs fabulous. (Dink ek anyway).

Oukei, ek gaan nou iewers vuurhoutjies soek om in my oe te sit sodat ek kan (probeer)aangaan met my werk.

Lekker daggie verder almal
Baie liefdetjies
Gypsyjo
xxxxx

Feetjieland said...

Dis nie die moeite werd nie
ek was al in soortgelyke omstandighede, mens spandeer helfte van jou lewe by die werk, so as jy ongelukkig is daar, kom jy mislik huis toe, maak almal rondom jou ongelukkig en siedaar, jou hele lewe is misrabel! Nee wat, kom so gou as moontlik weg daar. Oor die wette, pfff, dis wat gebeur as mens dit in mense se hande sit wat incapable is om logies te redeneer!

Sterkte met die werkstorie

Anonymous said...

Hi almal

Wys net gou ogies om hallo te se.
Dis hectic hectic hectic vandag.

Sonneblom hoe gaan dit daar?

Lekker dag vir almal

Groetetjies
Gypsyjo
xxxxx

Anonymous said...

Hi almal,

Net gou kom nag se. Baie interresante week dir gewees. Ek sal julle kom vertel deur die loop van die naweek. Kan dit se - my lewe neem nuwe rigting in van more af.... :)

Lekker doeks

Liefde groete

Sonneblom

Anonymous said...

Hi Almal

Hey vrou!!! Is "geluk" in orde? Ek hoop so.

Is in die bed, vrot van snotsiekte, lyf seer, bene wat pyn hoofpyn ens. Elke keer wat ek hoes wil of my kop of my ribbkas ontplof.

Sal deur die naweek kom inloer om te hoor wat gaan aan. Kan sommer aan my dinges voel dis iets goeds en ek's sommer al klaar baie bly.

Geniet julle daggie verder almal en die res van julle naweek.

Baie Liefdetjies
Gypsyjo
xxxxx

Anonymous said...

Hi Sonnie,
Klink interessant? Wanneer gaan jy met ons deel?!

Anonymous said...

Hi Sonnie

Wannir gaan jy ons se jong? Ai, die spanning.

Lekker naweek almal.

Liefdetjies
Gypsyjo
xxxxx

Terug flitse

This day in History