Thursday, 30 August 2007

Vreemde tale


Wat is die vinnigste wat julle al ‘n vreemde taal moes aanleer. Wel, ek het dit in 6 ure moes leer.

Die saak staan so – Manlief het vir himself ‘n inkomste geskep deur mozambiekers vanaf die myne huis toe te karwei. ‘n Goeie inkomste as ek self so mag sê. By die myne gestop met ‘n moewiese groot trailer, en gelaai. 10 Mense agter in sy bakkie, wat mooitjies toegerus was vir mense, en hulle voorraad agterop die trailer. So ry hy toe tot 3 maal per week in Mozambique toe. Ek begin toe naderhand so elke 2de naweek saam ploeter. Na die eerste keer het ek verlief geraak op die plek, en dit was net onregverdig dat manlief dit 3 keer ‘n week kon sien.

Toe kom Desember maand. Almal kry verlof en almal wil huis toe. Transport raak ook skaarser, want meeste bakkies en taxi’s is al op die pad. En daar gebeur dit toe dat die bakkie vol mense is, en die trailor vol goed, en daar nog 4 mense is wat wil saam. Maak nie saak hoe hulle probeer redeneer en probeer inpas nie, dit wil net nie gebeur nie. Manlief kry toe ‘n bright idea. Ek moes huis toe en my kar gaan haal, ‘n trailer met die spoed van witlig gaan huur en terug myn toe.

So kies ek toe vir my 4 van die manne wat meeste opgevoed lyk, laai hulle goed op die trailer, en daar gaat ons. Aanvanklik was dit heel kalm in die kar. Ou Ben (sal die ou siel nooit vergeet nie) is die enigste een van die lotte wat kon ingels praat. Hy sit voor by my. Die ander 3 gedra hulle heel skaflik.

Oppad by die eerste pitstop, spring hulle almal uit vir al die nodige redes, en hulle vind toe mos nou die garage winkeltjie verkoop penlights. En daar beginne my nagmerrie van 6 ure lank. Die jukebox word uitgeruk en ‘n tape van Celine Dion word ingesit. Ek kan tot vandag toe nog sweer dat nie eers sy weet sy het sulke musiek nie. Aaaaaklig om die minste te se. En klip flippen hard.

Nou moet ek konsentreer op my vrag, met ‘n lawaai in my ore. Se ek vir ou Ben om hulle asb stil te maak. Mompel hy iets in fanakalo, dan sit hulle die gedoente bietjie sagter. Vir so halwe kilometer ver. Dan vra ek weer mooi, en dan doen ou Ben maar sy ding en so gaan dit voort. Nou luister ek as een van hulle vir hom iets sê om vir my te sê, en hy vertaal dit in ingels. So tolk ou Ben die heel pad.

Naderhands raak die batteies so bietjie pap. Celine op ‘n trek noot!!! So lank ek leef, het ek myself belowe sal ek nooit ooit een van haar cd’s aanskaf nie. Nelspruit kom nader en met ‘n nuutgevonde excitement. Hulle kan nuwe batterye koop. I DON’T THINK SO!!! Dink ek hier in my innigste. Hoop en bid hard dat manlief verby sal hou. Maar nee, stop hy toe. Net daar en dan besluit ek ek quit. Ek weier om verder te ry met die lawaai. En ek staan. Gesoebat en gesmeek help nie. Ek meen, halwe bottel panados later en my senuweë willie meer nie.

Manlief besluit in samewerking met ou Ben (wat teen die tyd ook al moed opgegee het) dat die een wie se jukeboks dit is, saam sy tape en batteries agter in die bakkie moet inklim, en een van die ander moet saam ‘miesies’ ry. Om ‘n baie lang storie kort te knip, by die tyd dat ons by die grenspos kom, gesels ek toe net so hard aan die fanakalo (moet sê gebroke en al) soos die 4 in die kar. Dit was bars of breek, maar dit was die vinnigste wat ek geleer kommunikeer het in ‘n ander taal.

Ek sal weer vertel oor dieselle trippie, toe ek amper my kar in Mozambique aan die brand gesteek het van woede. Maar dis ‘n ander storie vir ‘n ander dag

Ek hoop julle het ‘n lekker lekker naweek.

Liefde Groete

Sonneblom

4 comments:

Anonymous said...

Sonneblom,
Jy ontpop nou in 'n ware skryfster. Regtig. Ek geniet jou staaltjies baie. Moenie ophou nie.

Dellie said...

Dit was oulik! Ek sien 'n spotprentjie in the making...

Lucy said...

Hey Sonneblom,
Jy bly so nugter tussen al die akkies deur! Thanks! Jy is 'n ou sonstraaltjie!

Anonymous said...

Dit was baie goed geskryf. Ek kan my die prentjie voorstel van die lawaai wat net nie einde kry nie!
Heerlike lentedag vir jou more!!

Terug flitse

This day in History