Thursday, 13 September 2007

Oos Londen...hier kom ons


Hi julle,

My man word 40 Saterdag. Het baie gewroeg oor wat om vir hom te doen met sy 'big 40' Wou aanvanklik vir hom 'n bash hou by Greensleeves. Sou my iets soos R12000 gekos het vir al die mense. Nou dink ek by myself, wat kan ons nie net doen met daai tipe geld nie. Is seker selfsugtig, maar nou ja. En my reëling bly toe ook sommer nie eers meer my eie nie, want 'dierbare skoonsus', wat haar neus nie uit ander se sake kan uithou nie, en wat nie gelukkig is totdat sy iemand anders kan omkrap nie, besluit toe sommer sy neem die reëlings oor.

En sy laat val 4 keer iets hier oor die gedoente. Wat my gathare toe mos sommer lelik omkrap. Veral die dag toe sy my bel en sê sy is nou by die plek om die besprekings te boek. Wip ek toe mos my gat en vertel haar sy moet asb nie my reëlings oorvat nie. Intussen verjaar my seun, en ons hou vir hom partytjie. Sommer braai, met eetgoed ens. En ek beloer die familie uit 'n hoek. Ek begin toe wonder of is ek lus vir hulle gespys 2 keer in een maand.

Die idee van Greensleeves begin al hoe meer vervaag. Veral toe mense begin kerm oor kinders onder 10 nie daar mag ingaan nie. Toe besluit ek basta met die klomp. Ek wil hê my man moet sy verjaarsdag geniet. Ek beluit toe ek gaan iets anders doen. Ek wil hom op 'n vliegtuig laai en hom Oos Londen toe vlieg vir die naweek. Ons het daar verloof geraak, en die plek lê baie na aan ons harte.

Maar hoe nader die tyd kom, hoe meer afsprake maak my man vir werk. Onstandighede stel van die werk uit tot volgende week, en vanoggend dink ek dis great! Ek kan hom wegsmokkel vir die naweek. Alles is toe nog verrassing sien. Maar vanoggend bel klient en kla oor een of ander iets, en manlief sê dis reg, hy sal more soontoe kom. En ek besef net daar ek sal moet iets doen. Ek wil nie die surprise spoil nie, maar ek moes toe nou maar. Want sien, ek moet nog vliegkaartjies bespreek, en 'n kar om mee te ry en die lotte.

'Liefie' sê ek, 'ons 2 moet eers koukus'. 'En jy het nie 'n sê in die saak nie' vertel ek hom. 'ons 2 klim vanaand of more op die vliegtuig OL toe' en ek wag vir die teenkanting. Want ek was reg vir oorlog. Nou ja, ek het darem nie veel teenkanting gekry nie, en ons is toe netnou hier weg om die nodige besprekings te gaan doen. Terwyl ons by die agent is, sê ek vir hom, ons meisiekind het nog nooit gevlieg nie, wonder of sy nie bietjie hartseer gaan wees nie. Dis toe nou nie 'n probleem nie, want hy bespreek toe vir haar ook plek. Sy weet dit nog nie, maar ek dink sy gaan uit haar vel spring.

So nou is ons more middag op 1 Time (weet nie hoe is hulle diens nie, en die agent kan ons ook nie regtig inlig nie) OL toe. Ons kom eers weer maandag terug. Ek dink dit sal ons goed doen, en ek weet manlief sal dit meer geniet om op die seilskip te gaan seil, en 'n stuk vis by Vincent fisheries te gaan eet as die gefuif van klomp familielede, wat in elk geval dink hulle is beter as ander.

So julle mense moet 'n lekker naweek hê. Ek sal weer dinsdag seker nuwe posting kom doen, dan vertel ek julle van die naweek.

Liefde groete

Sonneblom

11 comments:

Lucy said...

Sjoe! Jy was besig gewees! Sien nou eers gister se inskrywing - baie interessant. Maar ek dink ek sal die knoffel 'n miss gee! Hiehiehie... wil nie he my asem moet stink nie!
Dankie vir al jou navorsing - die bly maar 'n pyn in die alie, eh, nee, twat!
En GENIET julle naweek weg!! Baaaaie beter as om die familie te face as hulle jou in elk geval suur maak.
En bring foto's saam?

Enjoy!

Anonymous said...

Jy en die gesin moet dit geniet die naweek.

Ons het al 'n troue gehou/gevier die hele toetie, by Greensleeves.
Ja, dit was groot pret gewees, sonderlinge ervaring. Nie vir mense wat gevoelig is vir lawaai nie, want dit is nogal erg.
Kinders was toegelaat saam met ons.

Probiotika vir candida!!

Anonymous said...

Hi julle,

Ja Boendoe, ek stem oor die knoffel gedoente..hehehe...imagine jy staan in die lift en iemand vra wie het gisteraand knoffel ge eet...bwaaahahaha... funny.

Anonymous, dis rerig 'n plek waar ons nog wil heengaan. Maar daar is baie agter die hele storie, soos skoonpa wat dink hy is 'n profeet en nie van lawwe goed hou nie, en bla bla bla. En ons kan kinders bo 10 jaar inneem daar...maar dis okay, ons sal ons self geniet.

Ai julle, ek nou my kind gaan haal by die skool, en haar ogies is bloedrooi gehuil. Die outjie met wie sy uitgaan se sogenaamde vriende wil hê hy moet uitmaak met haar. Dis vir my die ergste ding in die lewe om my kinders te sien huil. Ek kan dit mos glad nie hanteer nie. Ek huil net so hard saam haar vanmiddag. Maar ek vir haar gesê, sy is 'n baie pragtige en mooi meisiekind, en as hy na sy pelle gaan luister, is hy haar eenvoudig nie werd nie. Dan moet hy maar moer toe vlieg. Ek voel ek kan die knaap aan sy nek gaan rondruk, oor hy my kind so laat huil. Ek het geweet dit gaan kom. Sy is nog baie jonk en het nog baie lesse om te leer in die lewe. Wens so ek kan haar in 'n kas toemaak en haar beskerm van die lewe se seer.

Gesels weer later julle,

Liefde groete

Sonneblom

Gypsyjo said...

Ai Sonneblom dit klink nou romanties julle moet dit geniet. Die saamgaan sal sussa sommer beter laat voel vir 'n wyle.

Nou ja, ek gaan eers moooooi lees by vorige posting en vir jou se wat ek dink, het vlugtig deurgegaan maar sal weer mooi lees.

Geniet jou naweek, soos onse Dellie se, ry hom bloots hehehe..

xxxx

Anonymous said...

Hi Sonnie,
Wowwwwwwwwwwwwww kyk dit klink lekker. Marilee word ook hier by 4 November 40jr en ek wou ook op my blog plaas helpppppp met idees. (Dit kan ek later doen) Want sy ken myne al uit haar kop.

Lekker naweek en soos Gyps noem ... Dellie sê "... ry hom bloots"

Boendoe dis waar knoffel is okay ... maar jy saam eet anders is dit die volgende dag agggerrr!!!

Eben

Dellie said...

Hi Sonnie!

Ek is groen van jaloesie! Maar julle moet dit vreeslik geniet. En ja, g'n niks ge-diet hierdie naweek vir jou nie, wees maar weer Maandag soet.

Ek vang nog op by almal, gaan nou eers jou vorige post lees. Wou net gou kom groet voordat julle vlieg.

Die ander het nou al gesê, maar laat ek ook maar: gryp hom aan die horing en ry hom bloots!

Dellie said...

hehe, sorry, dit moes HORINGS gewees het, lol!

Anonymous said...

Kan nie wag vir die 'terug voering' oor die naweek!!

Eben

Anonymous said...

Hi julle!!

Ons is terug...sal more alles kom post...belowe

Liefde groete

Sonneblom

Feetjieland said...

Klink wonderlik, hoop julle het dit geniet...hoe dan anders...

Anonymous said...

great post thanks

Terug flitse

This day in History