Tuesday, 18 September 2007


Hi almal,

Terug uit Oos Londen. Lekker verjaarsdag gehou. Lekker gekuier. 'n Vliegtuig is darem maar 'n lekker ding. Ons naweek was heel lekker. Kon glad nie swem nie, die water was piskoud. Weer was bietjie winderig, maar dis mos maar hoe dit is daar.

Meisiekind het toe vir die eerste keer gevlieg. Sy het dit baie geniet. Natuurlik die venster sitplek vir haarself geneem. En haar oë toegeknyp toe ons opstyg hier by JHB. Ons het met 1 Time gevlieg. Ek was maar benoud, wat dis maar klein, en die sitplekke is maar nou. Eerder dit as die mergelende 10 ure se ry soontoe. Vlug was maar 1uur en 15 minute. Ek wou natuurlik seker 6 keer oppad soontoe omkap in die vliegtuig. Seker maar die lugdruk of iets...ek weet nie. Manlief was net bekommerd die vliegtuig gaan val. For some reason het hy nie die ding vertrou nie. Seker omdat dit so klein vliegtuig is. Kry ook nie 'n drankie of kos op daai vliegtuig nie, alles moet gekoop word. Natuurlik ten duurste. Betaal vir 1 klein pakkie wine gums en 3 blikkies appletizer R48.00.

In Oos Londen aangekom moet ons eers die huur motor gaan kry. Kry toe 'n Nissan Tiida. Wat 'n lekker kar om mee te ry. Manlief is groot. En daar is nie baie van die klein karre wat hy gemaklik in kan sit nie. Nadat hy sy sitplek gestel het kyk ek of meisiekind gemaklik is agter. Sy sit agter manlief, en hoe verbaas was ek toe ek sien dit lyk of die kind verdwaal agter op daai sitplek. Al wat sy kon sê is dat ons ook so kar moet koop. (I wish) Die kattebak is klein, maar kruideniersware is so duur vandag dat mens nie meer 'n groot kattebak nodig het om te koop nie....hehehe.

Daar was 3 dinge wat ek graag wou gaan doen. 1 Om by Vincent Fisheries die lekkerste cafe vis te gaan koop - maar helaas, die eienaar is sometime in die laaste 8 jaar oorlede, en sy vis winkel ook. 2 Om by die enigste steers steakhouse in die land te gaan steak eet - ook het iets met die plek gebeur, want hy bestaan nie meer nie. En 3 om te gaan seil. Dis nou 'n ander storie. Op die dokke aangekom, besluit ons ons gaan sommer daar ontbyt eet. Manlief (Doom profeet) sê toe hy gaan not 'n hel op die skip uit nie. "The sea will claim his victims" - sy woorde. En hoe kan ek dit toe nou alleen gaan geniet. Hartjie nou nog seer oor dit. Maar die ontbyt was darem lekker en glad nie so duur nie.

Ons maar heel naweek rondgery, en al wat take aways is gekoop en verslind. Voel nou nog die nagevolge van al die ge eet. Paar keer op verskillende plekkies op die strand en tussen die klippe gaan rondloop. Skulpies opgetel, en 2 klippe. Die mooiste klip, perfek plat aan die onderkant en rond bo op, met die mooiste strepe. Manlief was net bekommerd dat iemand by die lughawe ons gaan keer met my klippe, maar saambring die wou ek, en ek wou na geen rede luister nie. Nou ja, klippe en skulpies het veilig gevlieg.

Ons het rondgery en na huise gaan kyk. As ons gedink het eiendom is duur hier in JHB dan is dit eintlik goedkoop hier. Iemand sê ons moet gaan kyk na die bargain. Mense soek R350 000 vir die huis. Dis in Wes Bank. Ons ry toe om te gaan kyk. Ek dink nie Hillbrow het sulke erge krotte nie. Mens sal die plek heeltemal tot op die vondasies moet afbreek en die huis oorbou. En om so klein stukkie grond in een van die swakker areas vir daai geld te koop, maak nie vir my sin nie. Maar reken hulle ons, dit bly 'n winskoop. I don't think so. Op Kidds Beach is daar nou nuwe ontwikkeling aan die gang. Mooi grond, waar mens die see kan sien vir dieselle prys. Maar dis nog alles sterk onder bespreking. Sal maar sien of ons daarby sal uitkom.

Ons stop by 'n huis met verkoopsbordjie op gister. Gaan klop, en hier maak ou tannie oop. Die vriendelikheid vanself. (Meeste mense daar is altyd vriendelik). Ons wil graag die huisie sien vra ons toe die tannie. Maar alte seker, en daar trek sy los en begin gesels. Wys ons die huis. Mooi stewige huis en pynlik netjies. En die tannie gesels. Van toeka tot nou. En daar moes ons nou eers koffie drink. Nou hou ek die tannie dop, met 'n glimlag so breed soos die Nyl rivier. Bewerig en al, kook sy wragies nog die melk. Dink by myself waar sien mens dit in die lewe. Dis die eerste koppie frisco koffie wat ek al ooit gedrink het wat na iets gesmaak het. So met die gesels kom ek agter maar die tannie hou daarvan om goetertjies te herhaal. So al asof sy vergeet sy het al daaroor gepraat. Toe die tannie ons vertel sy is 82 kon ek dit nie glo nie. Dis die mooiste 82 jarige tannie wat ek al ooit gesien het. Sy lyk nie 'n dag ouer as 70 nie. Toe verklaar dit die vergeetagtigheid. Lieflike ou mensie, met 'n glimlag van goud. Lekker gekuier by haar.

Oos Londen eis elke keer sy ietsie op as ons daar is. 9 Jaar gelede het my man 'n goue ketting om sy nek gehad. 'n Duur ketting. Ons het lekker baljaar in die see, en die golwe het mooitjies daai ketting van sy nek afgehaal. Nooit weer gesien nie. Ek was 1 jaar oud, toe kry ek 'n seëlring by my ouma. Die het te klein geword vir my vingertjie, en my ma het hom gebêre tot ek 16 was. Ek het 'n ander pand laat aansit en die ring op my pinkie gedra. Toe my kind 10 word gee ek toe vir haar die ringetjie. En daar verloor sy die ring sonder dat sy dit agtergekom het. Die ring is 37 jaar oud. Wonder of hy ooit sal uitkom.

Ander baie interresante ding wat ons opgemerk het daar, dit lyk nie asof daar 'crime' in daai plek is nie, want omtrent 75% van die huise het of glad nie of baie klein heinings om hulle erwe. En jy sien omtrent nie diefwering nie. Mens kan duidelik sien as die huis aan 'n Gautenger behoort. En dis baie swart daar.

Was half hartseer toe ons moes terugkom. En was benoud vir daai suigende gevoel in my brein op die vliegtuig. Maar alles het goed verloop. Vlug was lekker - nogsteeds beknop. En ons was toegerus met ons eie koeldrank en wine gums...hehehe. Ons het 15 minute vroër geland, so die 'pilot' het voet in die hoek gesit.

Vandag is alles terug na normaal. Skool, werk, en werk. Effe hoofpyn vanoggend, en natuurlik nie lus vir werk nie. Sal maar so op 'n trand aangaan hier. Ek mis al klaar die gebruis van die water. Eendag sal ons weer kom kuier OL.

Liefde groete

Sonneblom

22 comments:

Lucy said...

Sonneblom,
Ek spring sommer in die lug en skree! Jy skryf so lekker oor die naweek, dit voel of ek saam was! Sterkte met die week en werk, darem nie lekker na 'n blaaskans om weer terug te kom na die gewone goed nie, ne.
Voel jou doggie al beter na die pestelike boyfriend haar gelos het?

Anonymous said...

Hi Boendoe

Ja jong, sy is so 90% oor die knaap. Maar snaakse ding, moet sien hoeveel ander seuns spring nou uit die houtwerk om haar guns te probeer kry. Maar sy hou almal op 'n afstand. Sê vir hulle sy wil net vriende wees, sy is nou genoeg seer gemaak deur seuns. Hoop net sy hou daarby. Ek wil natuurlik nogsteeds die mannetjie gaan vastrap, maar nou ja.

Lekker dag vir jou

Groetetjies

Sonneblom

Anonymous said...

Ag shame. Mens moet maar net onthou dat al die liefdesverhoudings en teleurstellings berei hulle voor op die "groot" lewe. Die hartjies word seer, maar nou ja, dis deel van die lewe. Of hoe?

Anonymous said...

Hi Sonnie. Ek was natuurlik nog nooit in die Kaap nie. Okayyyy 2 keer in 1987 en 1996 in Mosselbaai, maar nooit verder nie. OL klink koud ... winderig.

Ek is geneig om saam Boendoe te stem, ek het lekker gelees aan jou posting en ons mis net jou foto's!! Maar soos jy belowe het is dit oppad.

Dis ook baie belangrik as daar 'n volgende oudjie kom kuier om seker te maak vir watter span hy skree. Die kwaliteit mannetjies sal jy tussen die Bulle en Cheethas kry. Vind ook uit of sy oupa 'n NP of SAP was, dis ook belangrik, en hy moet gedoop wees in die moederkerke!!

Gie gie .... is daar smiles op julle gesigte!!

Eben

Anonymous said...

Eben, jy's simpel! 'n Outjie wat vir die Bulls skree word summier die deur gewys. Ne, Sonneblom??!

Anonymous said...

hi julle,

Lekker lag ek nou...sommer hardop ook. Die mannetjie wat my kind se hand gaan kry eendag, moet weet hy beter haar gelukkig maak en oordentelik vir haar kan sorg...sy is glad nie cheap nie...sy het duur smaak...hehehe.

Ek sukkel om die fotos op die rekenaar te laai, maar sodra ek dit op het sal ek dit post...belowe.

Lekker slaap almal.

Groetetjies

Sonneblom

Anonymous said...

Sonnie,
As jy wil, gaan kyk op my blog, daar is 'n opsie bo hoe om foto's te laai en kleiner te maak. (Indien jy dit nie reeds weet!)

Boendoe(!!) gie gie Bulle-outjies se broeke hang nie agter !!! Gie gie nou smile ek eers lekker vir my self.

Eben

Anonymous said...

Hi Eben,

Ek sukkel om die fotos van die kammera op die pc te laai....maar sal dit regkry...se net nie wanneer nie...hehehe

Lekker dag

Sonneblom

Feetjieland said...

Hallo, bly jy het dit geniet.
Ons gaan die naweek soontoe, maar nie vir vakansie nie, my pa het kanker, hy bly in Oos-Londen by my oom, ons gaan groet..

Dellie said...

Hi jy,

Ai, dit klink of dit heerlik was! Ek kan doen met so 'n wegbreek nawekie.

Haai Boendoe, hoe ruineer jy nou ons vriendskap! Bulle is manne jong!

Sonnie, my pa het altyd gesê die man wat my wil hê, moet 'n gat in 'n ploegskaar kan pp. Miskien moet jy ene aanskaf...hehe!

Lekker dag vir jou!

Anonymous said...

Hi weer julle,

Feetjie, jammer om te hoor van jou pappa. Sterkte vir jou en jou gesin jong.

Dellie, Ek haar gese die volgende boyfriend moet eers so bietjie kom tuinmaak en pik slaan hier voor hy met haar mag uitgaan..hehehe, dan sal ons sien of hy haar regtig wil hê ;)

Sels weer later...

Sonneblom

Anonymous said...

gie gei so Dellie Liefie is dan NIE jou gemiddelde man op straat nie. Ek bedoel ..... 'n ploegskaar is dik!!

Sonnie .. julle moet lekker wees met die laaities. Laat hulle bene kou!!

Eben

Anonymous said...

Ja, Eben, tot JOU laaitie eendag begin rondvry...!!

Anonymous said...

Jaaa Boendoe solank sy broek(ie) nie onder sy g@t hang nie.

Dis eintlik okay .. waaraan ek so dink nou ... hy kan by Seun tips leer .... en vir Pietertjie oor vertel. So Dellie het mos die grondslag reeds vir ons geplaas!!

Ek reken Seun is 18 ... Steyn einde Okt word hy 13 en Pieter 4/5?? Mmmmmmm

Eben

Anonymous said...

Hi julle,

Nuutste nuus oor die 'boyfriendjie'...is nou baie jammer vir homself, en vertel net vir haar hoe spyt hy is en bla bla bla. Sy klaar ander outjie (glo meer oordentlik, wat reken mens vry eers as mens paar jaar lank uitgaan)...hahaha, sal nog sien...sal maar weer tissues reghou...arme kind van my...wil ook maar nie luister nie nê.....

Lekker slaap julle

Groete

Sonneblom

Lucy said...

Ja'k!! So leer die kinners! Sy het 'n waardevolle lesse geleer, nl dat daar sommer baaaie visse in die see is, en HY het geleer hy is maar net EEN van die baaaie visse!

Sjoe, die kinders se dinge hou jou op jou tone! Ja, Eben, Pietertjie is vier in November. Steyn moet hom bietjie onder hande neem!

WANNEER KUIER ONS EEEEEEENDAG, MENSE???

Anonymous said...

Ai Sonneblom, jy het my nou so laat verlang na ons vakansie in die Kaap, Feb 06. Ons het voorheen daar gebly en dit was heerlik om weer al die vriende en kuierplekke weer te besoek.

Ek lees nou die comments van die kerels, ens. My dogtertjie is nou 5 en julle maak my bekommerd!!!

Anonymous said...

Jy sien! Almal gaan blerrieville op vakansie! :-(
Haha, maar bly jy het joune geniet.

Lucy said...

Ek kom net groet! Snik. Snik. Ek gaan die beskawing mis!

Dellie said...

Hi jongie,

Jy is stil so tussen die nuwe boyfriends deur? Hoop dit gaan darem al beter!

Anonymous said...

Hi julle,

Skies ek is so stil.. het ons nuwe games gekry, so ons is maar meeste van die tyd besig om te speel....:)

Dis bitter koud hier vandag. Het baie lekker gereen, en gaan seker nog baie reen deur die loop van die res van die week. Vingers is stokstyf...willie saamwerk nie.

Hoop julle het 'n lekker dag

Liefde groete

Sonneblom

Anonymous said...

Sonneblom, jou lui vrou! Tyd vir 'n nuwe posting! Vertel ons meer van jou games!

Terug flitse

This day in History