Wednesday, 05 September 2007

Weeskind


Hi almal

Tyd vir nuwe posting, maar dis nie 'n lekker een die keer nie.

Ek het 'n weeskind vanaand in my huis. Sy is wees want haar pa is oorlede toe sy 2 jaar oud was. Sy is nou 14. Haar ma is weer getroud soos ek verstaan. Verlede jaar is haar ma vermoor. So nou het sy 'n stiefpa. Die is toe weer getroud. Stiefma en stiefpa is toe ook weer geskei.

Die kind loop baie ver huis toe in die middae deur baie gevaarlike area. Ek kon dit nie oor my hart kry nie, en bied toe aan om haar in die middae huis toe te neem. En so word sy deel van my middag elke dag. Vanmiddag toe ek my kind en die kind gaan haal by die skool, vra my meisiekind en moet asb baie stadig ry, want die vriendin se steifpa is by die huis.

Die stiefpa suip glo vreeslik, en dan gaan slaan hy alles stukkend by die stiefma se huis. Ek kon sien die kind is baie senuweagtig. My kind kry toe 'n plan en nooi die maatjie om vir die middag hier te kom kuier. Saam saam is hulle toe die huis in, om die stiefma te vra.

Alles in daai huis is glo flenters geslaan sê my kind toe. Die stiefma stem toe in. Later vanmiddag kom vra hulle my of kan sy maar hier slaap vanaand. Nou kyk, maats in die week is nie in my boekies nie, maar hoe kan ek die kind huis toe stuur??? Ek sê toe sy moet haar stiefma bel en hoor. Alles in die hak.

Intussen kom my man by die huis, en die kind is heeltemal benoud. Lyk my sy is vrek bang vir mans. Ons haar gesê sy hoef nie bekommerd te wees nie. Gaan haal netnou haar klere vir vanaand en more. My kind se my dis erg daar. Ek is nie seker hoeveel ander kinders die vrou het nie, maar daar is net 1 dubbelbed in daai huis. My meisiekind sê vir haar om net haar kussing te bring, ...die antwoord: 'ek slaap nie op 'n kussing nie'

Ek luister vanmiddag toe hulle gesels. Sy sê sy was baie populer op laerskool, en het baie maats gehad. Altyd kom kuier. Tot die stiefpa eendag alles terwyl al die maats daar was uitmekaar kom slaan het. Van toe af kom niemand meer daar nie. Dis so hartseer.

Sy kry ook soos ek kan aflei geen persoonlike behoeftes nie, want sy vra gereeld my kind of sy haar kan help met doekies ens. Wens ek kan iets doen. Ek kan sien die kind het klaar te veel verkeerde klappe weg in die lewe. Dis jammer want sy is 'n mooi kind. Ek haar vanmiddag gevra of kan haar ma nie die polisie se hulp inroep nie. Die stiefpa se broer is glo 'n polisieman hier in die dorp, so alles word onder die mat ingevee, en dan is die hel los.

Die kind se ouer broer en susters wil nie die verantwoordelikheid vat om haar by een van hulle te laat bly nie. Dit maak mens dink. Lewe is een siek siek plek.

Julle moet 'n lekker aand hê.

Liefde groete

Sonneblom

10 comments:

Lucy said...

Ag nee, Sonneblom, dis erg. Ek haal my hoed af vir jou wat die kind ondersteun. Maar sjoe, wat verder gedoen? As mens die welsyn op hulle sit, gaan die kind regtig soveel beter af wees? Ek weet regtig nie. Nee, flip, dis depressing. Daar is groot nood oral, mens sien dit net nie altyd raak nie. Dankie dat jy vir die meisiekindjie uitkyk, hoor!

Anonymous said...

Hi Boendoe,

Ek is seker maar in daai opsig my ma se kind jong. Sy het ook altyd al wat wees en weg gooi kind is in haar sorg geneem. Teen die tyd dat ek getrou het die eerste keer het sy meer 'kinders' gehad wat vir haar ma gesê het as die weeshuis self.

Wat ek verder kan doen...ek weet nie. Ek het weer vanaand so bietjie met haar gesels. Klink haar regte family is ook klomp washouts. En sy wil nie by hulle gaan bly nie, want dis te ver. I don't know. My man sê net vir my een van die dae is dit ons probleem. En dan wonder ek...sien ek kans?? dis seker nie mooi van my nie, maar ek weet nie of ek kans sien nie. Ek sal haar ondersteun sover ek kan. En verder hoop ek my kind se opvoeding smeer af op haar, .....en nie andersom nie. Sy is onder die verkeerde invloed dalk al te lank. Praat van uitgaan saam ouens en doughnuts kap met die kar, ens......Ek hoop sy kan kophou met die mense saam wie sy bly en meng. Sy is rerig 'n mooi meisiekind.

Ek gaan nou weer probeer slaap....wish me luck

Lekker doeks

Sonneblom

Anonymous said...

Hi Sonneblom
Dis vreeslik en raak al te algemeen.My oudste dogter het so 'n "maatjie" gehad, pa en ma geskei en sy ander siblings. Maar die meisiekind was die 'swartskaap' kan jy maar se, die ma bly agter saam 'n ander ou in iemand se erf en suip en wat nog. Die kind toe 13 het dit aangeleer en eventueel saam ma en boyfriend klubs toe gegaan. Deur baie boyfriends daai kind. Altyd ouens met karre ens. Ook baie 'ouer' as haar jare. Ek het ook altyd die kind probeer help met persoonlike goedjies soos doekies en sjampoe ens. Het my kind altyd laat verstaan dat is wat jy noem going nowhere slowly. Hoe meer tong en belly en neus en oog ringe en tattoes die kind gekry het hoe minder populer het sy geword. Die ma is toe preggies by die boyfriend en sy het saam met hulle baie ver weg getrek. Ek wonder hoe dit twee jaar later met haar gaan. Ek kan net dink.

Ons moet help waar en soos ons kan, maar so veel skade is al aangerig 'n mens hoop net jy't dinge bietjie beter gemaak al was dit net vir 'n kort rukkie. Ek is ook so, kan nie vir 'n kind nee se nie. By die welsyn staan die kindertjies nie 'n katse kans nie.

Eish sorry man alweer so laaaank maar dis iets wat my kwaad en hartseer maak.

Lekker dag.
xxxx

Anonymous said...

Ek gaan die comment maar liewer anoniem doen. Hoop maar net dat die
kind se toekoms nie in die gutters sal eindig nie.
Ek is nou nie 'n kak soekerige mens nie, maar sal ek darem nou laaik om daai stiefpa
goed op te fok.
Is die donnerse ma dan blind, of net goed deur die kak?

Anonymous said...

Hi julle,

My koppie raas erg. Ek wroeg en wroeg met die saak. My seun sê nou vir my ek moet my gewete volg. Die stemmetjie in my sal die regte ding wees om te doen. Die probleem is dit, ek hoor 2 goed, vat haar in, en rooi vlaggies orals. Wat moet ek doen??

Anonymous, ek dink nie die 'ma' gee om nie. Dis per slot van sake die stiefma. Dink as haar ma nog geleef het sou dit beter gewees het.

Ek het haar gisteraand gevra hoekom sy nie by een van haar ooms en tannies gaan bly nie. Sy bly verskonings maak. Dis te ver of die of dat. Toe kom dit uit...en dis haar woordjies "tannie, ek wil nie snaaks wees nie, maar my familie is 'n klomp washouts'

Is die klomp goed by wie sy bly dan beter?? Ek weet nie. Ek weet net hulle bly in 'n nes.

Soos ek sê, my kop raas. Dink ek moet die kind promptuit vra of wil sy dalk eerder hier bly, en hoor wat sê sy........

Lekker dag julle almal.

Sonneblom

Anonymous said...

Sonneblom,
Ek sal bang wees om die kind permanent in te neem. In die eerste plek sal julle dit seker moet wettig maak? In die tweede plek, dis 'n moerse verantwoordelikheid. As jy en jou gesig absoluut geroepe voel om dit te doen, goed. Maar almal moet saamstem daaroor, en veral JY moet lus wees daarvoor.
Net ek, nie 'n kenner nie!

Anonymous said...

Skuus...jy en jou GESIN! Jy wonder seker wat het jou gesig daarmee te doen!

Anonymous said...

Hi almal,

Ek het gesien vandag wat ek moet doen, en om die kind hier te laat bly is 'n GROOT no no. Ek het my meisiekind se gesiggie dopgehou vanmiddag toe ons hulle gaan haal by die skool. Ek het gevra of moet ons die meisie by haar huis gaan aflaai, en onmiddelik het my kind gesê 'ek moet leer'. Die kind het gesê nee sy wil graag nog bietjie kuier.

Ons is huis toe, waar my kind elke middag haar broodjie eet voor sy begin met haar huiswerk. Ek die kind gesê sy moet asseblief ook gou eet, en sy wou nie. Dis nadat sy vanoggend ook nie wou ontbyt eet nie. Ek het toe sommer met haar geraas en gesê sy MOET eet.

Kort daarna het sy begin kla oor haar 'belly ring' haar seermaak. Nou dit is die een ding wat ek ongelukkig NIE toelaat met my kids nie. Hulle sal nie solank hulle nog nie 18 is nie gate in hulle lywe laat skiet nie.

Toe hulle moes gaan begin leer vir more se toets, vertel sy sommer sy gaan nie more skool toe nie. EK het nie lus om te sukkel met 'n rebelse tiener dogtertjie nie. My kind probeer ook haar luck, en ek kan net vir haar kyk, dan weet sy dis genoeg. DIE kind gaan beslis nie vir my luister nie.

So ek is jammer vir haar, maar ek kan net eenvoudig nie. Ek sien nie kans nie. Ek sal haar help waar ek kan, maar dit moet vir eers genoeg wees. Ek kon ook sien my kind was nie haar gelukkige self vanmiddag nie. Half geirreteerd voorgekom vir my. En toe my seun haar huis toe vat en hulle kom terug, toe is my liefie weer haarself. Ek gaan nie my kind haar privaatheid en my aandag ontneem nie. Jammer

Lekker slaap vanaand almal. Ek het weer sleg geslaap. Dit was aand no:4. Sal weer probeer vanaand.

Liefde groete en dankie vir die ondersteuning.

Sonneblom

Gypsyjo said...

Sonneblom, ja, ek is bly jy't daai besluit geneem. Toe ek begin lees het het ek sommer klaar gesien daar kom probleme. Nee vrou, soos ek gese het,ek het daai maatjie van my kind bitter jammer gekry maar gelukkig het ek die lig gesien. Jy kan nie sulke probleme in jou huis innooi nie. En voor jy jou ogies uitvee wil almal by jou kom bly. Sy't waarskynlik ook baie dinge gesien en ervaar wat jy nie van weet nie.

Watse 'coping meganismes' het sy dalk nie.
Die ander maatjie s'n was die ouer mans. Wat gaan jy maak as jy daai kind invat en sy kom met 'n boepie huistoe. Nee wat sy gaan net probeer om jou kind tricks te leer, ek weet.

Lekker dag en naweek vir jou.
xxx

Dellie said...

Hi Sonneblom,

Ek dink jy het die regte besluit geneem. My hart breek ook vir haar, maar soos die ander sê, sy het alreeds soveel emosionele skade wat nie JOU verantwoordelikheid is nie. Sy sal soveel van jou aandag verg, want jy wil haar op die regte paadjie help. Maar jou eie mense sal daar onder lei. Dis nie die moeite werd nie, jy kan die twee nie eens opweeg teen mekaar nie.

Miskien moet jy maar tog die welsyn daarvan laat weet, ek dink selfs dit sal beter wees as waar sy nou is.

Sterkte vir jou, en lekker naweek!

Terug flitse

This day in History