Monday, 15 October 2007

20 jaar later........




Hi julle,

Een van my ma se sêgoed is 'al vat 'n ding 20 jaar, maar dit sal uitkom'. En dan is daar die spreekwoordelike 'wiel wat draai, en soms slip hy 'n rat'. So het ek agtergekom in 'n dood onskuldige kuiertjie so paar jaar gelede, toe ons kindersondes sommer so in 'n gesprek terugkeer en ons lekker terugkry.

Ons was 3 kinders. Ek die oudste, my broer 2 jaar jonger as ek, en my sussie 5 jaar jonger as ek. My broer was nie 'n bakleierige seun nie, en die gevolg is dat die ander seuns dit raakgesien het en maklik op hom kon pik. Ek was daardie stadium in st3 en hy was is st1. Met lang kopkrappery en amper moedeloosheid bied een van my ouers se vriende aan dat my broer moet kom vir paar karate lesse by hom. Net om sy selfbeeld bietjie te 'boost'. Ek wou natuurlik nie hê boetie moet alleen gaan nie, ek wou ook karate leer. En so sluit ons toe aan.

Alles verloop voor die wind, en sommer baie vinnig kruip die sport in ons are. Full Contact. So ons mag maar raakslaan ens. En ons vorder goed. Leer baie vinnig om terug te baklei en al daai dinge. Boetie se persoonlikheid skerp sommer 1000% op, en die ander seuntjies sukkel toe nie meer so met hom nie. Van hulle raak pelle van hom. En die lewe is mooi.

Op die hoek van die straat waarin ons gebly het, besluit mense hulle gaan 'n huis bou. 'n Groot huis. En ons bekyk die storie met 'n fyn oog. Fondasies gegooi, en die mure begin opgaan. Nou in die verlede was 'n huis nie soos vandag in 2 weke klaar gebou nie. In die stadium van ons nuutgevonde sterkheid, het ons een klas gehad waarin ons geleer het om dakteëls stukkend te skop en te slaan. By die huis was daar niks waarop ons kon oefen nie, en ek en boetie besluit ons gaan kyk of ons die nuwe huis se mure kan omskop.

Met groot lekkerte skop ons toe ewe maklik die halwe mure om binne die huis. Volgende dag van die skool af, en klaar huiswerk gedoen, wag ons dat die bouers huis toe gaan, en gaan skop so ewe weer die mure wat hulle deur die dag oorgebou het weer om. En ons is te trots op ons self, want ons is mos nou sterk. So hou die gedoente aan vir amper 'n week lank. En met groot hartseer was iemand so gemeen om tydelike huisie daar te plaas waarin die bouers toe nou maar bly, sodoende die huis op te pas. En weg is ons oefenplek.

Vriende van ons kuier een aand by ons so paar jaar gelede. Ons sit en gesels sommer so oor kinder stoutighede wat ons as kids aangevang het, en ek vertel toe die straaltjie. Die vrou kyk my snaaks aan met diep gedagtes en vra toe is dit nie die huis op die hoek in daardie straat nie? JA!! dis die een, en ek lag nog so lekker, toe die my vertel dit was haar pa se huis...hehehe. Die arme man was kort van moedeloosheid ineenstorting. Dit hom glo baie geld gekos om sy huis klaar gebou te kry, want vandaliste het dit bly afbreek. Noodeloos om te sê hoe skaam ek gekry het. Ek is maar net vandag bly ons was nooit uitgevang nie, want ek WEET ons sou nie 'n vel op ons agterente gehad het nie.

So the moral of the story? Pasop as jy jou stout streke vir iemand vertel.....it may come back and bite you in the arse.......vertel bietjie van julle stoutgeite.


Lekker week vir almal.

Sonneblom

6 comments:

Anonymous said...

Hi Sonneblom,
Nee jong, ek was 'n soet kind gewees! Dis die akkies wat ek as grootmens aangejaag het, wat my soms haunt!

En julle WAS stout, maar het tog nice mense uitgedraai! Se maar net vir my dat daar tog hoop is vir 'n kind wat aanjaag!

Sal jou nou-nou 'n mail stuur.

Lekker dag! (A la Dellie - ry hom bloots!)

Anonymous said...

Hi boendoe,

Dink dit was die stoutste wat ek nog was, behalwe vir die rokery toe ek 7 of 8 was...sal nog daarvan vertel. Was ook maar 'n soet kind. My pynvlak is baie laag so ek het nie van pakslae gehou nie...hehehe

Meisiekind gaan nou uit met mannetjie wat lyk my ook so stout streek het. Spuitverf die onnies se buite mure. En word gehok ens ens... Sal maar nog sien. Hoop sy vryf af op hom en nie sy streke op haar nie. Hou duime vas.

Liefde groete

Sonneblom

Dellie said...

Hi Sonnie,

Toe ek en Liefie nog uitgegaan het, het ons 'n "vryplek" gesoek...toevallig was daar 'n huis in aanbou langs ons.

Ons het vir jare daarna as ons die plek gesien het, vir mekaar gegiggel want ons het hulle badkamer ingewei.. hehe!

Anonymous said...

Jaaa ek sou dit nooit van Sonnie verwag het nie ... STOUTER!!

Ja, dis lekker as mens so kan terug dink aan alles wat jy as kind aangevang het, vandag word jy sommer toegesluit.

Dellie (!!!!) skaam jou en sies ook vir jou!! Aggg nee man, hoekom laat jy my so bloos .... en ek ry hom nie eers bloots nie !!! (sic)

Eben

Anonymous said...

hi julle,
LTL, ek sit so en dink aan al die plekke wat mense nie weet van wat al daar gebeur het nie...hehehe soos met die bure se badkamer met Dellie hulle saam. Laat mens wonder wat is die weirdste plekke al vir vinnige sportjies???????

Liefde groete
Sonneblom

Anonymous said...

HALLO SONNEBLOM EK HET DIE GESELSIE OOR DIE BLAAS INFEKSIE HANDIG GEVIND .EK IS RAAD OP EK LOOP AL VIR N JAAR MET BLOED IN DIE URIENE BRAND N BIETJIE MAAR NIE ERG NIE EK JEUK BAIE EN VOEL SOMS KOORSIG ,EK GAAN MAAK SOOS JY SE EN MY LIGGAAM PROBEER SKOON KRY DANKIE HOOR GROETE EDITH

Terug flitse

This day in History