Wednesday, 03 October 2007

Spiritsmeid, befoeterd, pot misgesit, of net Ma?????


Hi julle,

Vanmiddag is ek buite myself befoeterd. Ek het waarlik nou geskreeu soos 'n spiritsmeid op klomp kleurling skoolkinders.

My meisiekind het erg astigmatisme in altwee haar ogies. Sy kan sonder haar bril nie dwars lyne sien nie. So sy is ongelukkig getroud met haar bril. Sy het die pragtigste ogies, maar moet hulle wegsteek onder haar bril. Lank al wat sy my soebat om kontaklense te kry. Die probleem met kontaklense, ons kan nog nie verseker sê dat kontaklense in haar ogies gaan pas nie. So om haar trane en hartseer te spaar, skram ek maar weg van die idee.

Toe nou vanmiddag, sal klomp kleurling kinders buite die skoolhek 'n tak swaai, en in haar gesig slaan dat haar bril in die teerpad beland. Die arme kind soek nog haar bril tussen die klomp kinders toe ry 'n bakkie bo oor haar bril. Eers toe sal een van die verwaande gemors vir haar wys waar lê haar bril. Natuurlik ten volle vermaak van die ander!!!!!

Ek my kind oplaai vanmiddag, is haar gesiggie bloedrooi gehuil. En daar staan sy met haar brilletjie in haar hande. Ek het ONTPLOF toe ek hoor wat gebeur het. Ek het reguit na die klomp kinders gery en net voor die voet begin skreeu. Dit was of 39 jaar se woede uit my gebars het.

Natuurlik weet nie een van hulle waarvan ek praat nie. Hulle is mos so flippen onskuldig soos die nag self. En om alles te kroon, sal klomp van hulle my nog kak byt!! "ry asb, die verkeer wil verby kom" is wat een snotkop vir my sê. Ek het hom reguit gegil hy praat nie met een van sy onnies nie, maar met my.

Dis 'n R2000 se bril!! Ek het nie mediese fonds nie, so ek sal maar moet opdok vir klomp vandaliste se speletjie!!! Ek het nou met een van die personeel van die skool gepraat, en more oggend is dit ek, my kind, hulle voog onderwyser, en die klomp kleurlinge!! Vader moet my help, want ek sal hulle te lyf gaan ek sweer!!

Ek het sommer so ander onderonsie ook met een van die ander onnies in die skool. Na Boendoe se gesukkel met haar kind se onnies, is my bloed nou behoorlik aan die kook wat skole en onnies en leerlinge aan betref. So more laat ek los. Wish me luck.

Liefde groete

Sonneblom

8 comments:

Sonneblom said...

Hi Dellie, as jy kom loer, sien uit na julle saamspeel.....ons is gewoonlik in die server waar hulle nie mer voertuie speel nie....m.a.w. ons is voetsoldate....

Salut!!

Sonneblom

Lucy said...

Sersant Sonneblom!
Eerstens, probeer maar tog die kontaklense! Ek het ook dieselfde probleem in albei oge, en ek dra kontaklense. Dit KAN gedoen word! En dit maak 'n moewiese verskil aan jou selfbeeld.

Tweedens, sterkte met daai klomp coloureds! Maar ek twyfel of jy joy gaan he. Kinders het 'n manier om in die massa weg te raak en dan is NIEMAND mos skuldig nie.

Rapporteer gou terug!

Dellie said...

Eish Sonneblom, die arme kind! Toemaar, ek sou ook so tekere gegaan het. Ons het ook nie medies nie, en ek weet dis nag as iemand siek word of 'n bril nodig het. Teen die tyd wat ek hier comment, is jy seker by die skool. Ek hoop julle kry iets uitgerig, sy kan mos nie sonder haar oë nie!

Gisteraand het ons nie tyd gehad vir Battlefield nie, ons sal bietjie kyk vanaand of oor die naweek. Sal jou kom soek!

Anonymous said...

Hi julle,

Terug van die skool, en wat soos een groot berg gelyk het om die skuldige op te spoor, was toe nou 'n piepklein miershopie. Die selfde kind wat gister met my ewe arrogant was en gesê het ek moet ry, want die verkeer wil verby kom, het uit sy eie uit vanoggend vir my en die adjunkhoof kom sê wie dit was.

Adjunkhoof die kind laat roep, en kom sê van die kinders sy is nie by die skool vandag nie. Toe bel sy die kind se ma, en die sê die kind is nie by die huis nie, maar by die skool. Die ma weet toe van die bril, en dat dit kwansuis 'n ongeluk was. Nadat die onderwyser haar ingelig het oor wat gebeur het, was die ma ook net so boos vir die kind. Die pa gaan nou ingelig word, en dan sal ons maar sien wat gaan gebeur.

Ek sal seker nie die bril vervang kry nie, maar die kind is nou dubbel in die moeilikheid. Die onderwyser het die ma "ingelig' dat ons nou polisie toe wil gaan....hehehehe. Ek sal julle op hoogte hou van wat gebeur.

Boendoe, sodra sy nou weer gaan vir 'n oogtoets, sal ek dat die oogarts kyk of dit al (dalk) moontlik is dat sy al kan kontaks kry. Dis dalk veiliger. Dis net 'n groot risiko, want haar ogies is nie ewe sleg met die astigmatisme nie. Die feit dat een lens kan skeer of dalk verloor is groot, en die lense is ook maar duur. Maar ek sal alles in aanmerking neem. Ek kan in elk geval nie dat die kind sonder ogies skool gaan nie.

Dellie, ek jou gesoek gisteraand. Jy sal vir my julle nics moet gee, sodat ek kan sien as julle opkom. Dan kan ons in 'n squad speel. Wag vir julle troepe...hehehehe

Nou gaan ek koffie soek.

Liefde groete

Sonneblom

Lucy said...

Nou ja, een geveg is gewen! Mooi!

Anonymous said...

Hi julle,

Nuus op die bril situasie. Kom nou eers terug met haar van die oogarts af. Die rekening op haar bril en raam is R2300. Dis dieselfde raam as wat sy gehad het. Eintlik is dit 'n frameless bril. Ek is nou maar jammer, maar ek gaan nie dat my kind soos sannie van die plaas 'n dik swartraam bril dra nie. Ek het toe nou maar 'n gedeelte van die rekening betaal, en die kind se pa het toe die res betaal. Ek voel nogals jammer vir die man, maar miskien kan sy kind sien dat haar aksies nagevolge het.

My meisiekind se linker oog het met een lens verbeter en die regter oog met 3 lense. Dis waarlik nogals wonderlike nuus. Maar die slegte nuus is dat haar oê nog steeds te swak is vir kontaklense. Hulle maak nie eers lense vir haar oog tellings nie. So Boendoe, ja, ek het 'n baie hartseer kind moes troos in die spreekkamer. My bloes was kol kol sopnat gehuil, maar ek glo sy verstaan. En ek glo die oogarts sou ook graag haar meer gelukkig wou sien. Hy het vir haar paar sommer sulke simpel oefeninge gegee om te doen met haar ogies.

Nou ja, hopelik is al die drama nou oor. Sy sal darem binne 10 dae haar ogies terug hê. Lekker dag vir almal. En dankie vir die ondersteuning.

Liefde groete

Sonneblom

Lucy said...

Hi Sonneblom,
Is nou weer van voor af briesend. Die skoolhoof het my seun se meisie ingeroep vandag. Sy het vir die eerste keer in haar lewe onder 80% gehad (77%), en volgens die skoolhoof, is dit vandat sy met my seun deurmekaar is. Wou by haar weet of sy weet hy rook. Ook gisteraand by die prysuitdeling gese dat 'n ma vir hom 'n vieslike brief gestuur het, en dat hy vir haar (dis nou ek!) gese het sy moet self haar kind opvoed. Ek is regtig nou kwaad. Ek het nog nie weer 'n reply van die professor gekry nie, maar shame, hy is op verlof. Ek gaan more die onderwysdepartement bel, en dalk weer gou terug SA toe gaan.

Anonymous said...

Hi Boendoe,

Wat is dit met mense wat dink hulle is verhewe bo ander. Ek kan dit summier nie verdra as 'n groot mens op 'n kind begin pik nie. Die ou is mos nou besig om jou kind te victomise? Is dit nie half teen die wet nie?

Ek het ook nog niks weer van Prof gehoor nie, maar soos ek gesê het hy sal die saak nie met my bespreek nie. Het jy hom terug gemail op sy vorige mail? Ken jy 'n goeie prokureer? Miskien moet jy probeer uitvind of het jy 'n saak teen die bliksem. Ek wil amper vir jou sê as jy moet terugkom hierheen a.g.v. die hoof, jy my eintlik moet saamvat om hom te gaan opfoeter. Hy hoort nie aan die hoof van 'n skool nie.

Eintlik vir hom laat weet hy kan jou naam probeer swartsmeer by klomp skool ouers, maar jy sal sy naam swartsmeer in al wat koerant en tydskrif is. Want dit klink my hy het sy mes uit vir jou en jou kind. Hoe behandel hy jou meisiekind?

Laat weet my wat gebeur.

Liefde groete

Sonneblom

Terug flitse

This day in History