Friday, 13 July 2007

Week van Vrydag die 13de


Hi almal, Nou ja, vandag is weer Vrydag die 13de. Terugblik op die week. Dinsdag kon ons nie naby die werk kom nie, weens onluste in die plakkerskamp reg waar ons werk. Ons is deur die polisie verbied om in die gebied in te gaan, en dus moes ons maar huis toe kom. Hulle dring aan op dienste wat hulle nie het nie soos krag, water en huise. Sjoe, wens ons kon dit eis. Ons moet maar ons eie pot krap.

Woensdag wil een van die ouens in die kantoor ons so mooitjies vertel ons moet almal 'n dag se verlof insit. SE GAT!! Ek was daar. Die regeringsmagte het my verbied om te gaan werk. Wil hy so ewe se die wet se:... Ek het nie vir die regering gestem nie, so ek gee regtig nie om wat hulle wet se nie. Hulle sal my verlof en my pay uitlos. Ek sal mos vreeslik aan die baklei gaan hieroor.


Woensdag oggend in Lenasia aangekom, word ons weer gekeer. Die ou saam wie ek ry bliksem toe regdeur die plakkerskamp werk toe. By die werk aangekom was ek 'n wrak. Ek se nou vir julle, die goed wat ons op TV sien is nie naastenby waar nie. Mens kan nie glo hoe vernielsugtig kan hulle wees nie. Hengse groot rotse - weet nie waarmee het hulle dit geskuif nie - le in die paaie rondgegooi. En enige iets wat 'n voertuig tot stilstand kan bring is in die pad gestrooi. Van pilare tot rommel. Orals is bande en wat nog aan die brand gesteek.
Karre is met klippe bestook. Dit was totaal 'n gemors. Ons moet duck en dive om verby al die goed te ry.

En dit lyk hulle oproer was verniet. Die burgermeester het hulle glo ingelig dat niks gedoen kan word daar nie, want die hele plakkerskamp is besig om in te sink. Hoe ver dit waar is sal ek nou nie weet nie, maar nou ja. Hulle is weer kalm. Al wat oorgebly het is die swart brandkolle oral op die paaie. Die polisie was sterk sigbaar woensdag deur die dag.


Bonop alles het ek 'n baie siek kind by die huis. Ek is toe half elf Woensdag huis toe . Vir haar meds gaan kry en sy lyk sommer baie beter vandag. My pa moes hof toe Donderdag, oordat sy kar se lisensie verval het en hy R500 boete gekry het. Ek het gedink hulle gaan hom toesluit, maar die staatsaanklaer was seker (gelukkig) in 'n goeie bui, en verminder toe net die boete na R200.


Vandag het ons so bietjie kantoorbraai gehou, en na die tyd is meeste van ons vroeg huis toe. Dis omtrent die beste ding wat die week gebeur het. Sal nog sien wat vang ons die res van die dag aan. Maar dis darem naweek. Was regtig 'n rowwe week.


Ek hoop julle week was meer opwindend as myne.

Julle moet jul naweek geniet.


Liefde groete


Sonneblom

25 comments:

Anonymous said...

Van Leo

Hi Blommie, skies ek so skaars, gaan maar om en dom met my.

Hoop die siek kind is reg vir skool, en dat julle naweek great is.

lovies leo

Anonymous said...

Hi Leo maakie!!

Lekker om te sien jy leef nog jong. Wat is fout daaikant? Kom kla maar hier, ons troos in bondels hier...

Sy is darem weer beter ja, sal reg wees vir skool.

Lekker daggie. Blaas soenkie na die berg vir my ;)

Liefde groete

Sonneblom

Anonymous said...

ek net kom oe wys
groete ali

antjiesomers said...

More!!

Het net gou kom inloer om te se jy moet 'n heerlike week he verder. Sterkte met die werk, bly sieke is gesond en pas jouself mooi op!

XXX

Anonymous said...

More Sonneblom!

Sien ek volg Antjie vanoggend oral heen! En sy vat die woorde uit my mond ook nog boonop. Hoop dit gaan goed?

X

Anonymous said...

Hi julle,

Ek vat net hier en daar grond. Ek kry min kans by die pc deesdae. Hier is nou nuwe stokperdjie onder die manne in my huis......online games, so die pc's is heeltyd besig.

Ek is moerig verby vandag, maar ek sal julle later in die week vertel.

Ons het darem so bietjie somerweer hier, maar ook net in die middae.

Hoop julle week is vrugbaar.

Liefde groete

Sonneblom

antjiesomers said...

Wou net gou kom inloer om te se lekker doeks

XXX

Lucy said...

More Sonnie,
Klap bietjie daai manne van die pc af! Jy is helemal te stil.
Lekker dag, hoor.

Anonymous said...

More julle,

Net gou kom se ek leef nog. Darem Vrydag vandag.

Lekker daggie vir almal.

Liefdekies

Sonneblom

Anonymous said...

More julletjies,

Jinne weer naweek. Kry vanogged lang email oor 26 weke wat oor is vir hierdie jaar. Dis blerrie scary julle.

Verder hoop ek almal het 'n fab week gehad en gaan 'n nog meer fab naweek he.

Ek gaan probeer om hierdie naweek klaar te leer ek skryf volgende week....moet deur die week net hier en daar bietjie op touch met ou goed - is bietjie bang maar ek glo als gaan ok wees ek het flippin hard gewerk. Oor 18mde is ek klaar.

Nou ja moet loop werk, Vrydae = mos nag hier vir my.

Wou net kom kyk of almal nog oukei is.

Die somer moet nou kom ek is al moeg vir al die komberse en baadjies en sweetpakke, dis net wasgoed en nog meer wasgoed.

Julle moet almal 'n fabulicious naweek he.

Sal dalk die naweek weer kom inloer.

Baie liefdetjies
Gypsyjo
^..^
><
xxx

Anonymous said...

Sonnie,

Ja, raas met my! Ek het net eers die week vir daai man van daaglikse boks die waarheid vertel.

Kry op enige skelm manier geld uit mense, (ja, en toe gee ek ook geld) darem nou iets van die verlede. Dan het hy nog die vermetelheid om gister na my en andere, te verwys as agterbakse bliksems! So, uitgesproke, en dis dit.

JY kan mos nie dat die manne jou van die pc beroof nie. Jou beurt, is mos jou beurt!

Gyps sterkte, jy klink getrou aan die boeke, jy sal dit maak!!

Mooi dag vir almal.

Liefde

blommie

Anonymous said...

HI almal

Nou ja, eerste keer hier op die ou Sondag vir my. Ek gaan nou die bietjie wat oor is vir die naweek iets skink om te drink. Ek het al voorbereiding klaar vir die week wat voorle. Dankie tog!

Blommie, ek lees hier en daar van die ou met die geld ens. maar het nie 'n clue waaroor dit als gaan nie. Anyway, ja nee, 'n mens moenie iets koop as jy nie die produk en die verkoper sien nie. Mense is flippin skelm op die net. Ek koop niks op die net nie. Dankie ook vir jou vertroue dat ek ok gaan wees volgende week, dit beteken vir my baie.

Vriendin van my teken sommer 'n kontrak ding op die net met kredit kaart nadat ons hulle gewaarsku het, maar alas! Dis mos 'n ou wat allerhande beloftes maak en al die gewone rubbish wat jy hoor... Hulle het hulle gatte behoorlik sonder 'n spieel gesien om die minste te se. Hulle kan NIKS daaraan doen nie en moet nou maar k@k en betaal tot dit klaar is. Hulle ook so by the way nie die goed gekry wat hulle gekoop het nie. Ek kan nie verstaan hoe mense die hart het om ander so te besteel nie. Ai tog. Die ou wat almal se geld gevat het, is soos dit natuurlik maar is, weg, sal hom ook nooit kry nie.

Dankie vir almal se ondersteuning, ek waardeer dit baie xxx!

Nou ja julletjies.
Geniet die naweek (wat oor is) verder.
Baie liefdetjies
Gypsyjo
xxxxxx

P.s: Soos die Griekwa Psalm se:
Die Jirre is my Skarrewagter ...

Anonymous said...

Hallo julle,

Gyps, bly om te sien jy lewe nog!!

Die d@@s waarna ek verwys het, vra mos altyd donasies vir ander - toe vra ek die bewyse dat mense wel die geld ontvang het. Wel lang storie kort, hy het nou nog niks bewys nie. Volgens heelwat bloggers, is hy bekend daarvoor om so te bedel!

Gyps, sterkte vir jou met eksamens, ek sal aan jou dink.

Sonnie, doen nou tog weer `n nuwe posting!!

Mooi dag vir almal.

Liefde

blommie

Anonymous said...

Ai, ja, Sonneblom! Post weer ietsie. Ons wil darem weet of jy nog lewe, jong! Gyps, sterkte vir jou van my kant ook. Blommie, loop jy alweer rond??!

antjiesomers said...

Sonneblom,

WAAR IS JY???

Ons bespiegel nou al so oor die blogs heen of jy nie dalk al die tydige met die ewige verwissel het nie?

SERIOUS!!!Boendoe vra nogals netnou, hoe sal ons weet??

Give us a sign, girl!! As jy nie meer hier is nie, kom spook by my...dis beter as die onsekerheid!!!!!!!!

Dellie said...

Hi Sonneblom,

Eish, ons gaan 'n soekgeselskap uitstuur! Waar is jy jong, ons mis jou!

Lovies
Dellie

Anonymous said...

Sonnieeeeeeee!!!

Game is over!!

Waar kruip jy weg???

blommie

Anonymous said...

Hi almal

Hoop julle week is oukei sover.

Sonneblom? Wat gaan aan vriendin? Is jy oukei?

Weet enige iemand waar Sonnie is? Laat weet asb.Ek worrie nou erg julle!

Liefdetjies
Gypsyjo
xxx

antjiesomers said...

Nee Gypso,

dis wat ons ook wil weet - try die case oplos van die missing sonneblom, maar lyk my ons kom ook nie verder nie....

Wie is Leo? Leo, weet jy nie?

Anonymous said...

hi julle,

Sorry sorry sorry. My internet was bietjie gecap. Het nou eers weer cap gekoop. Ek lewe nog ja. En ek het nou my eie pc. So ek sal vanaand nuwe posting kom doen. Pelowe.

Gyps, sterkte jong. Dink aan jou.

Lekker daggie

Sonneblom

Dellie said...

Hoera! Jy lewe nog! Ons was baie bekommerd, jong. Sien uit na jou nuwe post.

Lekker dag!

Anonymous said...

Sonnie,

Nou het jy jou eie pc, wonderlik!!
Wag vir jou posting.

Gyps, hoe lyk dit verder daar by jou?

Mooi dag vir almal hier.

Liefde

blommie

Anonymous said...

Hie haa!
Sonneblom, jy lewe nog! Welkom terug, sus, ons sal gou die begrafnisbriefies by AVBOB kanselleer! Was erg geworry!

antjiesomers said...

Ja, Sonneblom

Boendoe het al die kispak uitgele neffens die proewe wat butter gedesign het vir die begrafnisbriefies met die sonneblom op, ek het die reenboogtoebroodjies begin maak en koortjies gekies, Dellie het koolblare vir ons koppe gekry (en drankbottels) en almal se senuwees is OP! GEDAAN! Eks sommer in 'n toestand...kykkk hoee bewwwe ekkk...

BLY JY'S WEER AAN DIE GANG!

Anonymous said...

Hi sonnie,

Jippeee, jy's terug. Sjoe ek het sommer van hierdie wat noem hulle dit? Cluster kopsere? Eish man! Jy't ons lekker groot laat skrik.

Nou ja, moerse baie bly jy's terug en met jou eie se pc! Ek is skoon in 'n goeie bui!

Ek het getry om my eie blog te create, het dit reggekry maar my eerste posting is nowhere to be found! Nou weet ek nie. Sal julle se as die ding reg is.

Antjie, die panty ding, ek ook. Jislaaikit, ek haat dit net so het 'n paar soos jy se: net vir mooigeid, het nogal eenetjie kleintjies opgevou in 'n kant sakkie van my handsak in case...in case wat weet ek nog nie. Sal blog daaroor sodra ek uitgevind het hoe om die posting te kry om te bly waar ek gese het hy moet wees.

Anyway groot soentjie en drukkie vir jou.

Sal julle op hoogte hou met my punte sodra hulle dit stuur. Dankie vir die inspiration julle.

Baie liefde en groetetjies
Gypsyjo
xxxxxxx

Terug flitse

This day in History