Saturday, 25 August 2007


Saterdag - 25 Augustus, en ons word begroet vanoggend met skade. Manlief het 'n ford sierra wat ons nooit mee ry nie. Kar staan net in die erf. (wens hy wil ontslae raak van die ding). Het eers onder die avokado boom gestaan, tot die avos sy voorruit flenters geval het. Hom toe maar onder die afdak ingestoot. En vanoggend het iemand met iets die agter ruit stukkend gemoer.

Ons het 2.7m hoë mure agter en lings van die huis, en 2.3m hoë muur voor. Regs 'n 6 voet precast muur, wat ons nou besig is om te lig. So wie en vanwaar hulle dit gedoen het...is 'n misterie. Lyk amper of die ruit geskiet is met iets. Niks is gesteel nie. Hier is baie ander karre en bakkies wat hulle goed kon uitsteel as hulle wou, maar niks is weg nie. En natuurlik sal ons nooit weet wat het gebeur nie.


Meisiekind het toe half 12 gisteraand by die huis gekom. Lyk of sy en die "skoonma" goed oor die weg kom. Maar, sy is nog jonk, en die lewe gaan baie draaie met haar neem nog. Ons weet mos. Been there, done that. Is natuurlik mense met baie geld. Maybe mense met baie skuld dalk.... Ry die nuutste merc. En like om te praat van koop. Wildsplase ensovoorts. Maar die seun se ma dink hy en my kind het baie in gemeen. Sal maar nog sien. Mooi seun. Kan sien hoekom sy van hom hou. Ek sou ook as ek 14 was...hehehe.


Is baie kouerig hier vanoggend. Ek hoop rerig dis die laaste kouefront wat ons tref. Ek soek nou die somer. Is moeg vir langbroeke dra. Soek my shorts en t's.
Ek gaan nie vandag baie doen nie. Dink ek gaan games speel vandag. Manlief hulle het gaan werk, so dis net die 2 gils vandag by die huis. Gaan so bietjie oorlog maak op die net. Julle moet julle dag geniet. Hoop dis warmer daar as hier.

Liefde groete


Sonneblom

5 comments:

Anonymous said...

Hi Sonneblom,
Jy het nou tyd om te werk aan jou blog, sien ek. Dit lyk mooi, man. Elke dag het sy opwinding, he! Soos die kar se ruit wat uitgeskiet is. Soms kan ek net my kop skud. Die vreemdste dinge kan gebeur!
Moet se, jy klink na 'n heel ander mens sedert jy bedank het. Voel jy beter? Ek bedoel, voel jy gesonder, meer energiek, ens? Ek dink nogal 'n mens se emosionele gesondheid kan jou fisiese gesondheid beinvloed. Hoe dink jy?
Maar vertel nog van jou huis en familie! Ek geniet dit vreeslik om af te luister hoe ander mense lewe!
Lekker naweek verder.

Anonymous said...

Hi boendoe,

Ek moet se, die irretasie om 5 uur op te staan en die geneul van klomp volwasse kinders te moet face, is weg. Ek is glad nie spyt ek is weg daar nie. Alhoewel ek baie besiger is nou. Maar dis vir 'n doel in my lewe. Dis bou aan ons eie sukses. Bou aan ons eie toekoms.

Noe kry ek ook tyd om dinge te doen wat ek andersins nie sou kon doen nie, of voor moes smeek om te doen. Soos bank toe gaan om 'n tjek in te betaal. Moes altyd soos die een of ander krimineel voel as ek moes vra.

Mis glad nie die werk nie. Die mense wat agter gebly het moes my werk opdeel onder hulle. Ek praat in die week met my een vriendin daar. 3 Weke later het hulle nog niks gedoen nie. En dis corr werk. Maar dis nou nie meer my probleem nie.

Ek sal bietjie van die gebouery vertel as ek weer post. Was soos 'n skattejag.

Sal weer kom loer. Geniet jou dag.

Liefde groete

Sonneblom

Anonymous said...

Hello Sonneblom,

Hoop jy het 'n lekker Sondag? Dis mos (vir my) luilekker dag. Nie veel doen nie. Ons gaan nou lekker wildsvleis eet, kerrie, en dan moet ek my kroos weer bus toe vat. Gaan nog goed met die nie-rokery. Dag 6, as ek dit nie mis het nie. En my man begin more! Ek hoop hy kom reg, want as hy aanhou rook, gaan dit dalk my ondergang beteken!

Mooi dag.

Anonymous said...

Hi Boendoe,

Daar is die gesegde: doen dit in 3's, 3dae, 3 weke en 3 maande, dan is jou kop deur. En ja, jou manlief sal jou moet ondersteun. Ek het 3 weke lank opgehou...lank lank gelede, tot ek my eerste bier inhet, toe is dit neusie verby. So as ek wil ophou, moet ek niks maar niks drink nie...Sterkte en weereens geluk. Hou vol

Sonneblom

Gypsyjo said...

Ja die f*kkers wat nie hulle pote van 'n mens se goed kan afhou nie. My bakkie is nog nie gevind nie, sal seker nooit te voorskyn kom nie, ek raak sommer van vooraf die moer in daaroor. Shit hulle worry mos nie oor jou skade nie.

Ons telefoon kabels is gesteel nou doen ek besiheid oor die selfoon en internet, kan nie faks of enige iets nie. Weet ook nie wannir dit gaan reggemaak word nie. Dit laat jou besigheid sleg lyk man, weereens worry hulle nie oor jou skade nie.

Nou ja, ek gaan waai voor ek weer 'n opstel skryf.

Jy is defnislis 'n ander mens Sonneblom ek's bly dinge het reggekom.

Ok lekker dag verder.
xxxxx

Terug flitse

This day in History