Monday, 27 August 2007

Skattejag


Soos julle kan sien is die 'n stukkie uit 'n baie ou koerant. "sunday times october 22 1950"

More julle mense,

Gaan deur die wind vanmore. Sukkel nogsteeds om geld uit mense se gate te lek. Dis maand einde en ek moet salarisse en my suppliers betaal, en niemand voel ‘n duit. Ek nounet ‘n nice letter of final notice gekry. Begin more oggend, gaan daar paar mense wees wat lekker moerig vir my gaan wees, maar ek kan nie meer worry nie.

Ietsie oor my huisie:

Hoe lyk ‘n plekkie van 106 jaar oud? Net soos dit klink – OUD. En donker, en vuil. Jip, baie vuil. Die was soos ons nou al uitgevind het, die oorspronklik huis van die kole werf hier in die dorp.

Ons het ‘n keuse gehad in watter een van die 2 semi’s ons wil intrek. Het toe maar die een met die meer skoon kombuis gekies. ‘n Piepklein wasbak met ‘n 2 deur staal kas onderaan, ‘n stoof, en dis al. Klein kombuisie.

Nou, dis ‘n semi huis, so dit lyk presies dieselfde back 2 back altwee kante. Als is net omgedraai. Ons het die lang kas in die ander kombuis uitgehaal en buite geskrop, hom toe bygelas in die kombuis van keuse.

Nou stel julle voor, as jy by die kombuis inkom, en lings draai, loop jy in ‘n hok in. Uit daai hok loop die badkamer. As ek by my stoof staan, kon ek die toilet sien. Not so fresh… As jy regs draai, loop die kombuis uit in ‘n klein toegeboude stoep. Toegebou met hout. Vreeeeeslik veilig. Nogals veiligheidshekke en al.

Ons besluit toe ons sal die renovasies aan die anderkant begin. As jy die badkamer, kombuis en stoep gedeelte saam vat, is dit ‘n 9m by 4 m groot area. Besluit toe ons gaan die badkamer en stoep se myre uitruk, en een groot kombuis maak.

Die kombuis (dis nou langsaan) het nog houtvloere in gehad. Nou kyk, houtvloere is mooi, maar in ‘n kombuis??? Nee wat. Ons begin toe die novilon wat bo op die hout gesit is aftrek. Wat kry ons?? Nog 9 lae novilon. Van toeka se dae af tot nou. Van die onderste lae was nog van daai papier soort.

Met al die geruk kry ons toe onder dit – ou koerante. Sommige is gedateer 1948. Skielik word die novilon nie meer uitgeruk nie, maar versigtig afgetrek. Dis was soveel prêt. Die advertensies in daai koerante. Tot van ackermans. En colgate tande room. Was nie eers tandepasta genoem nie. Die koerante is natuurlik dadelik in ‘n plastiek sak mooi gebêre.

En so begin die bou aan die nuwe kombuis. Laat val al die mure binne. Maak die dak veilig en laat val die mure buite om (wat tot ons verbasing – enkel mure was, want sien, dis nog ‘n ou sink huis) en bou nuwe dubbel mure soos dit hoort. . Gooi die nuwe vloer. Koop nuwe ruite – hout rame, small pane. Stable door met small pane venstertjies. Laat maak kombuis kaste met net laaie onder en kaste bo. Net soos ek dit wil he. Cherriewood finish, met charcoal kleur tops.

Die muur wat die een kamer skei van die kombuis kom toe ook sommer uit, en die ou donker kamer word my eetkamer. Kompleet met nuwe houtvloer en al. Die res van daai kant se semi huis se buitemure word ook afgebreek en oorgebou. Met nuwe ruite. Ook die small pane, en baie groter as die oues. Die nuwe badkamer word aangebou waar die eens voordeur was.

Van die plank vloere het ons vervang. Dis was ‘n skattejag van ‘n ander aard. Daar het pennies en ou haarknippies van toet, ‘n ou buskaartjie, kraletjies, ‘n baie ou wynbottel, en nog meer goodies onder die vloere uitgekom. Elke keer as ons onder ‘n vloer moet werk, moes die bouers eers wag sodat ons kon krap. Dit was groter prêt as die ontdekking van die koetante.

Die datums op die pennies: 1867, 1910, 1920, 1924, 1927en 1940

2 Ou half sente: 1962, en 1964

‘n Kwart pennie van 1942 en nog meer.

Agter die kaggel in die sitkamer het ons ‘n brief gekry.van die ou Vaderland koerant aan die ou oom wat hier gebly het waarin hulle hom gevra het om asb sy subskripsie te betaal. Oud presedent JG Strydom was nog een van die derikteure onder aan die brief.

So het ons ‘n terugblik gekry van die mense wat al hier gewoon het. Hoeveel lag en hartseer het die ou huisie al gesien. As mure kon praat. Die ou tannie by wie ons die plekkie gekoop het was teen tye van die koop 91 jaar oud. Sy het vir 15 jaar in die huis gebly. Die ou oom met wie sy getroud was, was ‘n wewenaar en het glo baie baie jare hier gewoon. Maar die brief wat ons gekry het was nie aan hom gerig nie.

Die huisie het ‘n ryk geskiedenis dink ek. Dis nie die mooiste huis in die dorp nie, maar dis ons eie. En as dit die Here se wil is, sal ons nog baie meer geskiedenis aanlas hier. Dit gaan nie vir my oor waar jy bly nie, maar hoe gelukkig jy is met dit wat jy het. En sover, na 2 jaar, is ek nog nie een dag spyt of ongelukkig hier nie.

Ek sal weer kom klets oor die “oupa groetjie” huis. En van die vordering van die renovasies aan die 2de helfde van die huis. Wanneer ons klaar is met hom, sal niemand ooit kan se dit was oom en tannie “D” se sink semi’s nie. Nie eers hul spoke sal die plek herken nie ☺☺☺☺

Lekker dag vir julle almal.

Liefde Groete

Sonneblom

17 comments:

Anonymous said...

Hi Sonneblom,
Jy het vandag so baie rondgeloop, dat ek nie gedink het jy sal 'n nuwe possie plaas nie! Was nou so bly toe ek dit ontdek! Dit klink soos 'n droom, om so ou huis te renovate! En al die skatte! Hoop julle het dit mooi gebere? Ek is mal oor sulke ou plekke en die geskiedenis daaraan verbonde. En dit hoef nie 'n Toskaanse villa te wees nie. Die geskiedenis en karakter en die feit dat dit JOUNE is, maak op. In elk geval like ek nie die moderne huise vreeslik baie nie. Hoop jy gaan nog vertel?

Anonymous said...

Ek woon ook in so 'n ou huis ongelukkig wil die eienaar nie aan my verkoop nie. Hierdie huis is in omtrent 1900 - 1906 se tyd gebou en is oor die jare ook gerenovate, maar nou nog wanir ons tuin maak ontdek ons goeders van die mense wat eers hier was. 'n dr van die dorp het in die huis grootgeword en later in die huis ook gepraktiseer, sy ou spreekkamers is nou ons kantore. Is 'n paar jaar oorlede en toe trek ek hier in.

Jy kan sien dat hier baie memories was in hierdie huis. Oe! Ja, die lae novilon wat hier van die kombuis vloere afgekom het was net so skrikwekkend. En die kleure is om van nagmerries te kry. Ons het van die oom se hoerskool skoolboeke gekry, wiskunde, afrikaans spelling, tydskrifte en hier moes 'n dogterkie gewees het want ons het 'n ou pop en popklere in die tuin gekry. Die pop kon ons nie hou nie want sy was verrot van in die sand begrawe wees, vir hoeveel jaar weet ek nie.

Die huis se binne deure is ook al met honderde verskillende skrikwekkende kleure geverf. Pers en groen, bruin en blou ...

Die mooiste van hierdie huis is die kombuis. Massief, met baie kaste van eg imbuia en geelhout en 'n grooooot aparte opwaskamer +- 9 x 9 wat dien as laundry ens.

Nou ja, helfte van 'n boek alweer geskryf, maar huise is maar my passie in die lewe.

Lekker werk en f*k almal op, ek sukkel hierdie maand net so met mense en geld. En so raak ek al verder agter met dinge wat ek moet betaal. Ek wonder partykeer hoekom jy jou so moet afsloof terwyl ander net 'n f*k voel oor 'n saak.

xxx
Gyps

Lucy said...

Julle maak my jaloers! Ek het nie geweet daar is nog sulke huise in SA nie! Onontdek, vol treasures. Lekker dag, julle

Anonymous said...

Hi julle,

Snaaks hoe julle comments my nou sommer sumier van bemoerd na kalm gebring het. Het tot even 'n grin op die gesig.

Gyps, toe ons klein was het ek en my broer sy karretjies so begrawe. Ons kon dit self nooit weer kry nie. Is een van die min memories wat ek as 3 of 4 jarige kan onthou. Ek weet dis iewers onder een van die bome in die erf geplant, maar ons moes rigting verloor het.

Ek kan onthou hoe my broer gehuil het oor sy karre.

Boendoe, dis wonderlik om geskiedenis op te grou. Of sal ek dit menslike erfinisse noem. Ek wonder hoeveel was daai 1867 pennie werd in 1867. Die munt is baie afgeweer. 'n Goed behoude pennie van daai tyd is maar vandag $65.00 werd. Het nog Queen Victoria se gesig op.

Gyps, het julle toe die klere kon hou? Ek sal weer sometimes vertel oor die huis. Aanvanklik wou ons die sink oplos en die huis oorspronklik hou. Maar ongelukkig lyk dit asof die plekkie met jare minder liefde gekry het, want die buite mure het begin wegtrek van die fondasies af. So ons het geen keuse gehad as om dit oor te bou nie. Die fondasies is massief. Heel onder is die geboude fondasies. Bo op dit is daar nog fondasie gebou met klip. Masiewe rotsagtige klippe. Het my nogals verbaas oor hoekom hulle nie oordentlike mure gebou het nie.

Maar genoeg vir nou. Julle moet lekker dag he mense. En ek hoop almal wat moet gatlek vir geld het sukses vandag.

Liefde Groete

Sonneblom

Dellie said...

Die gebou wat ons gekoop het was Welkom se eerste polisie-stasie. Ons is ook nog druk besig om dit renovate. Die selle en aanklag kantore se fondasies is nog in die agterste erf. Jy maak my nou nuuskierig om daar te gaan rondkrap! In een van die garages (daar is vier) is 'n datum iewers in die muur ingekrap, 1959. Wonner of dit voorheen 'n sel was en wat die ou gesondig het wat daar aangehou was?

Lekker dag vir jou, ek het jou inskrywing regtig baie geniet.

Anonymous said...

Hi Dellie,

Gaan kry die oorspronklike planne by die council. Daarop sal jy kan sien wat was eers in die plek van die garage. Wonder of julle die rekords kan trek van die vroere polistasie. Sal interresant wees om te weet.

Groete

Sonneblom

Anonymous said...

Ek het ook uitiendelik kom lees wat jy skribbel. Ek is skoon jaloers oor al die wonderlike 'skatte' wat julle ontdek. Ek is net so mal oor enige ding wat oud is. Nice blog!

Anonymous said...

Hi kokkewiet,

Welkom hier. Skrabbel en babbel maar so oor als en nog wat. Soos die mood my beetpak. Annerdag huil ek weer on iets onbenullig of giggel oor een of ander storie.

Ja, so skattejag is altyd interresant. Ek is natuurlik mal daaroor om in ou bouvalle of ou lee huise rond te loop. Mens wonder altyd hoe die mense geleef het.

Hoop ek sien meer van jou hier. Het jy ook 'n blog waar ek kan kom skribbel?

Groete

Sonneblom

Anonymous said...

Hallo Sonneblom,
Ek lees nou net jy is bietjie verveeld vandag! Gaan nie vandag bel vir geld nie!
Kliek op Kokkewiet se naampie - jy sal by haar blog uitkom!

Anonymous said...

Dankie Boendoe, ek het gou daar gaan kuier en my 2cents worth gaan gooi daar. Ek sommer haar gelink hier ook.

Sien later weer...eish, maar ek loop lekker rond vandag....hehehe

Sonneblom

Anonymous said...

Ag nee Sonnie, kon ongelukkig nie die pop kleertjies hou nie. Te vrot gewees. Baie naby aan die swembad se pomp begrawe, die grond is mos altyd nat daar. Omdat dit 'n dr se huis was, het ons bv. allerhande botteltjies in sulke staal bokse gekry met vloeistof in gekry, nie baie beskrywend nie maar dit het vir my soos samples van iets gelyk, ek het al daai goed weggesmyt, dit was nie net in 'n slegte toestand nie maar ek was bang iets was dalk besmet of giftig gewees. Het die outydse bloeddruk pompies gehou en het verskeie stetoskope ontdek, die het ek gebere. Hier was meer boeke as enige iets anders onder die vloere en stukke koerant papier, kon nie veel daarvan aan mekaar sit nie, want die rotte het natuurlik ook die koerante verslind wat hier onder die kombuis vloer was.

Ons het ook ons karretjies en goed begrawe toe ons klein was en ek wonder wat daarvan geword het?

Nou wat my hartseer maak is dat dit nie my eie huis is nie, die eienaar wil nie verkoop nie, so ek soek nou nog so 'n ou huis wat ek wil restoreer en in gaan bly. Ek moes net intussentyd 'n paar klein veranderinge aanbring want dit was redelik onleefbaar (vir my altans) toe ek ingetrek het. Niks ernstig of baie duur nie, maar die kombuis lyk nou en is sommer moerse lekker.

Okei, so gepraat van kombuis, ek moet nou weer soontoe. Die tyd vlieg teen 'n k*k spoed.

Praat weer more.
xxx

Anonymous said...

Gyps,

So renovasie streak kan soms sy tol ook eis. Dinge lyk altyd makliker as wat dit is. So as jy jou 'ou' huisie eendag kry, maak goed voorsiening vir BAAAAAAAAIE geduld. Ons het die projek nou vir amper 'n jaar eers gestop. Net lank genoeg om te vergeet van al die klip kou. So wanneer ons nou weer begin, moet ons klaarmaak. Dan hoop ek dis klaar. Om eerlik met jou te wees. Ek het in die begin gese ek sal dit weer doen, maar ek het rerig 2nd thoughts. Dis rerig baie harde werk. Maar op die ou einde is dit tog die moeite werd. Veral as mens kan terug staan en kyk wat het jy bereik.

Ons wil van die kant wat ons nog nie gedoen het nie, eers 'n video neem. Om te kan wys hoe dit gelyk het en hoe dit nou lyk. Die werkery sal seker voor die einde van die jaar weer begin. Probleem is...dis reen seisoen nou, en as ons mure laat val, moet dit weer met die spoed van witlig opkom.

So wish us luck. Hoop net my sanity kan dit weerstaan...lol

Sonneblom

Anonymous said...

Hi Sonneblom,
n wonderlike voorreg om so te kan ontdek,renoveer en soos jy se jou eie deel tot daardie geskiedenis by te dra.Jy praat van oom en tannie "D" se sink semi, laat my dink...Ek het self onlangs in n ander huis ingetrek en al wat almal kan se is" O,so jy bly in E se huis," Lyk my al hoe hierdie bleddie huis ooit myne gaan word, is deur dit te verkoop,dan sal hulle vir die volgende eienaar se " O, so julle bly in Adoons se huis." Anyway,alle voorspoed en hou aan om elke oomblik daarvan te geniet....Ps(dankie vir jou begrip,ja hulle is nog tieners,en ek is baie lief vir hulle)

Lucy said...

Hi Sonnebblom,
Vandag slaat jy weer die foon, he?! Nou maar good luck,hoor! Hoop jy het gister lekker geloaf!

Anonymous said...

Hi Boendoe,

Hoop dit gaan goed met jou. As ek ooit wou ophou rook is dit beslis nie vandag 'n goeie tyd nie. En om eerlik te wees, ek het waaragtig nie vandag lus vir kliente se stories nie. Om eerlik te wees, ek het nie eers vandag lus vir myself nie.

Ek wens so ek kan myself 'uitbeam' hier vandag. Wie van julle dames is al by of oor die groot oorgang? Ek wil weet wat is die simptome? Want frankly is daar niks wat my in so kak bui gegooi het nie, maar ek voel uiters mislik en ALWEER tjankerig vir GEEN rede nie. Ek haat absoluut die mood swings. Dis asof ek swanger is, maar ek weet ek is nie.

Maar nou ja, ek gaan nie op jul skouers huil vandag nie. Sal myself maar by myself hou.

Lekker dag vir julle almal.

Liefde groete

Sonneblom

Anonymous said...

Sonnie,

O ek vrek ook daaroor om so te krap, en dan die vonds te ontdek!
Het by Boendoe se vorige posting daaroor geskryf.

Ek weet van 'n argitek (vroulik) wat nog sulke huise met sink buiteaan, design. Die drankbottel was seker van die ou wat skelm fles gevat het. Vir ons klink dit nostalgies wat ons lees, maar jy moet letterlik balls he om so taak klaar te maak.
Ohhh, daai ou koerante, ek sal dit sowaar laat raam, soos in daardie tyd se rame. Ek glo almal moet dit sien, so die mees opsigtelikste plek is 'n muur.

Tussen my en jou, spook dit dalk daar?

Liefde

blommie

Anonymous said...

Ou Sonnie,
Shame, is jy by die Groot Oorgang! Ek wens ek is al daar! Ek pes die maandelikse doodbloei, en alewig worry of ek preggies is of nie!! So, dit kan nie gou genoeg vir my kom nie, simptome of te not!
Maar sterkte vir jou. Hier is 'n Twinsaver solank!

Blommie, jy moet nou 'n blog begin! Rerig!

Terug flitse

This day in History