Friday, 28 September 2007

Eerste Sersant Sonneblom


Hallo almal,

Nou ja Boendoe, jy het gevra vir dit. Die posting gaan hand aan hand met die "MANLIKE EGO!!!!" Skies manne, maar ek moet uitlating gee vandag.

Daar is 'n gesegde wat lui 'if you can't beat them, join them'. Dis toe nou wat ek doen. Sien, in die huis van my is dit my man, my seun, en my seun se neef wat hier loseer. Dan is daar ek en meisiekind. Seun , meisiekind, en neef het elk hul eie rekenaars. Die hoofrekenaar is maar ek en manlief sin. En die kids is game verslaafdes. En hulle steek toe vir manlief ook aan. So wat gebeur nou, almal in die huis, behalwe ekke, sit voor die rekenaars en speel online games. Battlefield 2. En ek begin myself vreeslik jammer kry, gaan sit in my kamer en vang allerande simpel goed aan. Soos om met die skêr in my hare in te klim. Het nogals mooi uitgekom...hehehe.

Ek kan natuurlik by manlief sit en kyk hoe hy speel, maar ek kan nie verstaan hoekom hy so vies raak in die game nie. Tot hy besluit het dis tyd hy koop vir homself 'n nuwe rekenaar, en dan is die hoof een myne. En ek moet ook nou die game kry, want dan kan al 5 van ons saam online speel. En so gebeur dit toe dat ek ook in die game verslawing beland. Battlefield.

Nou moet ek vir myself 'n online naam kies. Is nie moeilik nie, want ek is mos Sonneblom, en so regestreer ek myself toe. En ek begin die game speel. VET PRET. Amper soos regte oorlog, maar as jy doodgaan kan jy weer 'respawn'...What a bargain. En jy 'rank'. Van troepie tot generaal. En jy het 'n seleksie van wapens waarmee jy kan skiet. Nogals 'n goeie uitlaatpyp na harde dag se drama.

Jy kan alleen speel of kan saam iemand in 'n bateljon speel. Kom ek toe mos nou agter (na so maand se speeltyd), dat van die manne verdwyn uit die bateljon uit as ek aansluit. Vertel my seun vir my, dis omrede ek 'n vrou is!!!!! Wat 'n krenk in my brose wese. Het niemand dan GI Jane gekyk nie??? Vroue kan ook mos 'n sneller trek, en buitendien, speel ek meestal 'n "medic". So ek maak siek troepe gesond en 'revive' die wat amper dood is. Enige 'army' moet mos nurses hê of hoe?

Besluit okay, ek gaan my naam verander, en kies toe GI JANE, maar ek is nie gelukkig nie, want ek moet van voor af begin speel om my rankings te kry. Ek besluit toe basta met dit, die manne se moere. Ek het my game gekoop, en ek speel beter as baie van hulle. So lank lewe Sonneblom!!..hehehe

Daar is darem van die mans wat gewillig is om saam te speel. Ek het nogals baie by van hulle geleer, en van hulle het weer goed by my geleer. Neef kom nou in die week een aand hier en sê hy is nou so verbaas, want ek het een ou doodgeskiet, en die vra toe wie is Sonneblom, en een van die ander ouens sê toe 'it's a girl'. Hy is verbaas dat ek al bekend geraak het onder hulle. Ek het net besluit ek gaan nie onder 'n skuilnaam (soos ander girls wat in die game speel) speel nie. They must just get over it, en klaar.

Ek is nog 3803 punte van my volgende rang 'first seargent' af. Dan is my punte telling 20 000. Daarna moet ek speel vir die volgende rang wat 50 000 punte beloop.....laaaaaang ure se speel. Maar ek geniet dit. Ons is nie mense wat uitgaan en fliek en dans en uiteet nie, so die games is ons vermaak. Probleem is, as ek niks het om te doen nie, dan is ek op die net, besig om te speel. Oefen solank indien hier dalk oorlog kom...bwaaahahaha.

Nou ja, ek het genoeg bollie kwytgeraak vandag. Julle moet 'n wonderlike naweek hê. Die son wil wil sy kop uitsteek hier. Gaan seker maar nog reën deur die naweek. Maar ek kla nie, ons het die water nodig.

Liefde groete

Eerste Sersant Sonneblom :)

4 comments:

Anonymous said...

Jy's vergewe! Dit klink lekker en verslawend! Sterkte met jou volgende rang!

Anonymous said...

En hoe is die puntestand na die naweek? Al bevorder?

Anonymous said...

Hi Boendoe,

Kort nog so 1900...het gespeel dat dit bars...hehehe

Hoop julle het lekker naweek gehad.

Sien glad nie uit na more nie...is ek weer alleen by die huis:(...tot meisiekind uit die skool kom. Ek is te veel bederf met die vakansies.

O ja, sy het nuwe boyfriend ook trekpas gegee. Gesê sy soek nie nou verhoudings nie....ek dink dis goed so.

Sien later

Sonneblom

Dellie said...

Hoe op aarde het dit gebeur dat ek hierdie post gemis het??? O, OK, dit was Vrydag. Ek het hom seker misgedrink! Hehe!

Seun is net so lief vir die online games, maar ek is bietjie useless. Maar miskien kan hy my bietjie leer, dan kom join ek jou online! Kyk uit vir my!

Terug flitse

This day in History